Ouersvra

Scrapydo se toeka-tokkel: Ouersvra

diamond-ringEk was veertien jaar oud toe my twintigjarige ousus se kêrel kom ouersvra het . Alhoewel ek nie daarby betrokke was nie kon ek die spanning in die lug aanvoel, en dit was duidelik dat die twee tortelduiwe op hulle senuwees is.  In fluisterstemme is daar met my ma in die kombuis gekonkel.  Sy het my pa geroep, en saam is hulle vier kamer toe, en die deur toegemaak.  Later die aand het ons gehoor my ousus gaan trou.

My eie lewe het so deurmekaar geloop dat ek geen ondervinding van ouersvra het nie.  Net om toestemming te kry dat jy en ‘n vriend kan gaan fliek was al klaar erg genoeg; om ouers te vra het seker gevoel jy stap die leeukuil self binne.

My eie kinders het ligtelik daarvan afgekom.  Ek het Marlè se vriend – wat kom vra het of hy haar kan uitneem – jammerder gekry as vir skoonseun, toe hy kom ouersvra het.  Die vriend het al gewerk, en Marlè was nog op skool.  Op Ken se “sit,” het die jongman gaan sit, en soos die preek vlam gevat het, het ek al vinniger gebrei om nie na die jongman se dan bloedrooi, dan asvaal gesig te kyk nie.  In die kar het hy vir Marlè gesê dat hy met haar gaan trou, want deur so ‘n “ordeal” wil hy nooit weer gaan nie.  Hulle is toe nie getroud nie.  Marlè is stad toe, waar sy en haar nefie op mekaar verlief geraak het.  Gelukkig het ons die skok al verwerk toe skoonseun om Marlè se hand kom vra het.  Sonder enige preek is toestemming gegee.  Dit was nogal ‘n aardige idee dat my sus Rika, nou ook my skoonsus sou word.  Deur die jare het sy gereeld gespot dat wanneer ons goed klaarkom is ek haar suster, maar wanneer ek haar kwaadmaak, is ek haar skoonsus.  Om jou suster as skoonsus te hê werk baie goed.  Ek beveel dit sterk aan!!!  Ons het tonne pret gehad wanneer sy vakansies stad toe gekom het om die twee seuns te help oppas.

Die dag toe Chantè se vriend kom ouersvra het, het Ken reguit vir hom gesê as hy kans sien vir Chantè, kan hy met haar trou.  Alhoewel dit as grap bedoel was, het daar tog waarheid in gesteek.  Hierdie stukkie Portugese dinamiet is nie elke man se koppie tee nie.  Chantè was op ‘n stadium heel verlief op ‘n baie aantreklike boerseun.  Maar soos syself gesê het sy sal nooit met hom kan trou nie, want sy sal bo-oor hom loop.  Sy moet ‘n man kry wie se “nee,” sy sal respekteer.

Ons het gedink ons beurt van kinders wat ouersvra is verby, maar toe vroeër vanjaar het Jay se vriend kom ouersvra.  Dit was nie werklik nodig nie; hulle is albei grootmense, en Jay het twee kinders uit haar vorige huwelik.  Soos hy egter gesê het, hy wil baie graag ons seën oor hulle verbintenis hê.  Ek respekteer hom daarvoor, en is bly vir die nuwe skoonseun in ons lewe.  Maar genoeg is genoeg. Nou los ek ouersvra vir ander mense se kinders.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

27 Responses to Ouersvra

  1. Olga sê:

    Wat ‘n beslommernis ne. 😆 Dankie tog dis verby.

    Like

    • Kameel sê:

      Sowaar een van die dinge in die lewe waaroor ek bly is dit is verby. Was nie so lekker om altyd eers verby jou pa te moes kom nie.

      Like

  2. Dit klink baie spesiaal

    Like

  3. Ai,die manne is maar die ene bewerasie,want hulle weet nie altyd hoe die pa gaan reageer nie!

    Like

  4. scrapydotwo sê:

    Ha ha, dis regtig n storie. Vandag is hul nie meer so gesteld op die ouers vra nie. Soos ek sê dit bly steeds iets besonders. Is maar n gewigtige ding om met die Pa te moet praat

    Like

    • Kameel sê:

      Soos ek verstaan wanneer ‘n jongman aan ons voorgestel word is ek die een waaroor hulle katvoet loop. Ons nuwe skoonseun was 36 toe hy ons ontmoet het en sê toe vir Jay daarna; “Jou pa lyk nice, maar jou ma is ek skrikkerig voor.” 🙂

      Like

  5. Toortsie sê:

    Ag, dit bly ‘n mooi gewoonte. Die ARME jongman wat net die meisie wou uitneem! 🙂

    Like

    • Kameel sê:

      Toorts daardie jongman het vir ‘n hele storie in ons familiegeskiedenis gesorg. Tot vandag toe het ek ‘n sagteplek vir hom in my hart. Het dinge anders uitgewerk het Marlé vandag in Australië gebly. Die Here het hier weereens bewys die mens wik, maar God beskik. Weet nooit wat is die regte spelling vir Australië nie.

      Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s sê:

    Ek was verkouerig die dag toe ouersvra gebeur het.. teen die tyd dat die vraery oor was, was my verkoue uitgesweet.. !

    Liked by 1 person

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 21: Musiek | scrapydotwo

  8. karen sê:

    Ons het ons ouers oor die telefoon laat weet ons gaan trou; ons was klaar oorsee en het teruggegaan huistoe om te trou. By die huis het hy tog my pa gevra, maar meer as formaliteit as iets anders. My pa kan vrek kwaai wees, en dit sou dalk ‘n probleem gewees het met die verkeerde ou, op die verkeerde stadium – maar die keer het dit goed uitgewerk 🙂

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Wonder hoe die storie sou verloop het was dit die verkeerde ou 🙂 Sou nogal nie omgee om dit te kon sien nie.

      Like

      • karen sê:

        Oe, ek is bly dit was nie die verkeerde ou nie! Met hom was ek sewe jaar in ‘n verhouding (mm, die vervloekte 7de jaar?), en sy ma was vas oortuig ons sou trou. Maar hy het gerook (wat my erg steur) en ek was eintlik nie sy tipe nie. Gelukkig!

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s