Dieselfde tema met baie variasies…

Ag, ek het al oor hierdie maklike resep vir ‘n souttert geskryf, die een wat so op Faceboek rondgeswerf het. Dit lui so: “Skep jou gunsteling vulsel onder in ‘n tertbak. Rasper kaas oor. Klits 7 eiers, meng dit met ‘n bietjie melk en gooi oor vulsel. Bak.”

My kop maak allerhande planne. Nou die aand het ek die volgende variasies voorgesit. Ek gooi ‘n blerts aangemaakte mosterd ook by die eiers.

1. Wat my VERBAAS het, was die GEBRAAIDE GROENTE QUICHE.

Sit Butternut blokkies, blokkies geskilde patat, 3 knoffelhuisies gesny en 1 gesnyde ui in ‘n oondplaat met botter. Genoeg botter. Bak in die oond tot by 180°C tot gaar.

Braai een pakkie bacon tot gaar. Skep bacon onderin tertbak. Dan groente bo-oor.

Dan sny jy 2 ringe fetakaas in blokkies, gooi oor.

1 tamatie, in klein blokkies gesny, skep oor.

Rasper kaas bo-oor. Strooi gemengde kruie oor.

Dan die 7 eiers en melk en mosterdpoeier wat jy saam klits bo-oor en bak. 🙂

2. Nog ‘n nuwe variasie was die Tuna en Sampioen tert

Vir die vulsel het ek ‘n smoor gemaak van 1 ui, 2 gekapte tamaties en ‘n pakkie sampioene, gebraai in botter. Goed, beter, botter! 🙂 Geur met Sweet Basil en Aromat (of enige geurmiddel van jou keuse). Skep in tertbord.

Dan het ek 3 pakkies John West Tuna (dis die heel lekkerste tuna) so tussen die smoor ingesit.

Kaas bo-oor gerasper, en weer eens die 7 eiers en melk en mosterd.

Ek sal dit beslis weer maak.

3. Die Maalvleissouttert het ‘n bietjie geur gekort.

Braai 1 ui en maalvleis tot gaar. Geur soos verkies. Ek het net sout en peper gebruik, maar ‘n bietjie Worcestersous of blatjang sal wondere verreig.

Braai sampioene in botter, sommer in dieselfde pan as wat die ui en maalvleis gebraai is.

Skep alles in tertpan, rasper kaas oor, en dan die 7 eiers, die melk en die mostert mengsel.

Bak tot gaar. Whala

4. Die Aspersie tert was lekker, maar nie my eerste keuse nie.  Hierdie keer lyk hy ‘n bietjie anders as die Aspersie en bloukaastert wat ek voorheen geplaas het.

1 pak Bacon, gebraai, saam met 1 ui. Skep in tertbak

1 klein botteltjie aspersies, in stukkies gesny. Skep so tussen die bacon in.

1 tamatie, in stukkies gesny, ook bo-oor geskep.

Gerasperde kaas bo-oor, saam met die 7 eiers, melk en mosterd. Soos altyd. 🙂

Dis hoekom die terte amper almal dieselfde lyk van bo af, dis die kaas wat bo-oor gerasper is. Onthou, RUIM kaas.

5. My ou staatmaker is die Spinasie tert. Hy verskil so ietwat van tyd tot tyd, maar sy basiese bly maar dieselfde.

1 pakkie bacon, en 1 ui, en spinasie gebraai in botter. Ook sampioene. Skep in tertpan.

2 rolletjies feta, in blokkies gesny, bo-oor.

En raai wat dan? mmmmm?

…. KAAS! en? …

7 eiers en melk en mosterd.

Lekker eet! Dis baie vullend. 🙂

Toorts

Almal ideaal vir Banting. Dis net die butternut en patat wat op die oranje lys is, so moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê. Jy mag nie die hele tert op een slag eet nie, en MOENIE al die orige patat en butternut staan en opproe nie!

Van die ander mag jy eet net soveel soos jou hart begeer.

Maar… MOENIE VAN JOUSELF ‘N VARK MAAK NIE!

Vir nog Banting resepte, loer hier. Vir bloginskrywings wat my oog trek, loer gerus by Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad. 

En doen jy nie Banting nie? Jy mag dit ook eet! Jaaaa!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge. Bookmark the permalink.

9 Responses to Dieselfde tema met baie variasies…

  1. scrapydotwo sê:

    Dis nou wraggies maklik. Van ek n kiwi loseerder het moet ek drie aandetes in n week voorsit. Dit lyk vir my n goeie gesonde resep

    Liked by 1 person

  2. KleinKitti sê:

    Sommer honger nou.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s