Leer jou kinders vroegtydig spaar

As daar nou iets is waarvoor ek my pa baie dankbaar is, is dit juis hierdie: Dat ons altyd ‘n geldjie moes spaar.

Dis vir my ontstellend hoeveel mense GEEN geld wegsit vir die wis en die onwis, en vir oudag nie. Ja, ek het dit al hoeveel keer geskryf, ja ek besef mense kry swaar en daar is nie geld om weg te sit nie, MAAR WAARVAN GAAN HULLE LEEF NÁ HULLE AFTREDE?

Behalwe dat ek soveel keer hoor dat mense nie geld het om te spaar nie, hoor ek ander, meer ontstellende goed. Goed wat waar is, goed wat ‘n mens in ag moet neem, maar dit beteken nie dat jy dit NIE moet doen nie.

Kyk, daar ís tye wat dit seker beter is om jou geld in die bank te hê, eerder as in aandele, daar ís tye wat dit dalk nie wys sal wees om ál jou geld te onttrek en in ‘n ander bateklas te belê omdat daardie bateklas dalk op daardie tydstip nie goed doen nie… maar… die sin wat ek al soveel keer, oor en oor, gehoor het, is… “It’s not about timing the market, but time in the market.”  

Ek kom net agter, as mense so verskriklik bewus is van wat NIE gedoen moet word nie, hulle soms vir jare en jare NIKS doen nie, want NOU is net NOOIT die beste tyd nie. Val die aandele, voel hulle dis onveilig om daarin te belê. Het die aandele goed geklim, is dit te duur. Nou voorspel die ekonome dat die SA aandele dalk in die volgende paar jaar nie so goed gaan doen soos die afgelpe paar jaar nie, so ons belê sommer glad nie daarin nie, ongeag of die aandele steeds beter as die bank doen nie…

Ek het hierdie wonderlike skakel raakgeloop, iemand anders het dit op faceboek gedeel. Dit gaan daaroor dat ‘n mens jou kinders vroegtydig moet leer om te spaar. Hulle maak die goeie vergelyking van twee jongmense, die een het vroeg in sy lewe maandeliks ‘n klompie geld belê, die ander een het eers later in sy lewe begin. Die een wie vroeg in sy lewe die beleggings gedoen het, het na baie jare soveel meer gehad as die een wie later begin het en ‘n baie groter bedrag moes belê.

Ja, ek weet ‘n spaarbussie beteken niks, en geld in die bank omtrent niks. Maarrr as jy nie die minimum R300 per maand het om by ‘n goeie fondsbestuurder te belê nie, maar jy het ‘n paar munte, GOOI DAARDIE MUNTE IN DIE SPAARBUSSIE! En as die munte genoeg is, sit dit in ‘n bankrekening tot jy R1000.00 het, wat jy as ‘n eenmalige bedrag by ‘n goeie fondsbestuurder op die aandelebeurs kan belê. Ja, daar is GROOT bankkoste op kontantdeposito’s, maar ten minste HET JY DAN DIE GELD BELê, wat BAIE BETER is as wanneer jy dit UITGEGEE het en NIKS het nie.

Kom ons leer ons kinders vroegtydig om te spaar, dit sal hulle beloon. Hulle sal julle ewig dankbaar bly.

Nes ek vir my pa is.

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geldsake. Bookmark the permalink.

3 Responses to Leer jou kinders vroegtydig spaar

  1. Sparkle sê:

    Ek het nou nie geld in die aandelemark nie maar ek het darm ‘n klein spaarrekening vir…. Motorfietsdienste! En ander dit’s en dat’s wat mag voorval. Hou mens so uit die skuld 🙂

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Daardie bietjie spaar elke maand het my al baie gehelp om kop bo water te hou. Terwyl mens n ietsie het moet mens net dit doen

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s