Scrapydo se toeka-tokkel: Huis
Huis, paleis, pandok, varkhok… my droomhuis was ‘n “cosey” wit huiSIE, met vriendelike vensters, en ‘n rankroos om sy voordeur. Sou die tuinTJIE, ‘n wit “picket fence” omhê sou dit die reeds volmaakte prentjie, vervolmaak. Is my droom ooit bewaarheid? Nee!! in die eerste plek kon ek nog nooit ‘n rankroos kry wat hom gedra, en toelaat dat ek hom lei volgens my wil nie. Van die vriendelike vensters het daar ook niks gekom nie; stowweriges wel. Maar watwou, jou huis is jou huis, en sal altyd ‘n plekkie in jou hart hê; hy ken jou taal
My en Ken se eerste huis het ons gekoop toe hy fondasiehoogte was. Dit was lekker om te sien hoe hy groei, en nog lekkerder die dag toe ons intrek. Kenneth was omtrent 18 maande oud, en naweke het hy heerlik gespeel terwyl daar tuin gemaak is. Die huis het drie slaapkamers gehad; die een het ek ‘n dogtertjiekamer gemaak; kompleet met wit meubels, en pienk bybehore. Min het ek toe geweet wie die kamer oor twee jaar sou beset.
Maar voordat die nuwe inwoner haar intrek geneem het, het my, en Ken se lewens soos handomkeer verander. In dieselfde sitkamer waar daar musiek gemaak, gedrink, en gedans is, het daar nou ‘n pastoorspaar gesit; hy met ‘n oop bybel op sy skoot, terwyl hy geduldig ons vrae beantwoord. Stadig maar seker het ‘n pragtige vriendskap tussen ons ontwikkel. Dit het my laat terugdink aan die dag toe ‘n man met ‘n mankbeen in ons woonstel gesit, en ons van Jesus vertel het. Ek het gelag; my drankglas, en sigaret omhoog gehou, en vir hom gesê as hy dink ek gaan my vriende, en al die lekker dinge in die lewe opgee – en dit om Sondae in ‘n kerk te gaan sit – moet hy weer ‘n keer dink. Hy het my rustig aangekyk en gesê dat dit nie nodig sal wees om enigiets op te gee nie; Jesus sal dit vervang. En so was dit ook.
Kort na ons wedergeboorte het die oproep van Andrè gekom, ek moet die vyfjarige Marlè vat. Vreemde draaie wat die lewe loop. Sonder trane, of vrae het sy by ons kom bly; en dit was asof sy maar altyd deel was van die huis met sy een pienk kamer.
Wonderlik die draaie wat mens se lewe loop
LikeLike
‘n Mens weet net nooit wat volgende gaan gebeur nie. Ook maar goed so nê.
LikeLiked by 1 person
Net so!
LikeLike
Hey! Ek sit dan nou juis die ketel aan om verder te lees…en nou is jou storie woeps-waps klaar!
Amazing hoe Marle kon intrek in haar eie pienk kamer, sy moet spesiaal of ten minste vertroos gevoel het
LikeLike
Glimlag ek nou vir jou. Hey, ek het verstaan ‘n blog moet nie te lank wees nie 🙂
Alles het so woerts waarts gebeur na ons bekering. Nege maande daarna toe word ons sonder waarskuwing uitgetrek en in die platteland oorgeplant. Ander huis, ander storie 😉
Marlé het maar net aangepas. Sy was baie bly oor haar mooi kamer. Miskien het dit gehelp om haar tuis te laat voel. Sy is haar lewe lank nog lief vir mooi goed.
LikeLiked by 1 person
Ai tog, dis als Toortsie 400 woorde se skuld! En deesdae skryf dieselfde Toorts nader aan 500 woorde…
Kameel, doen jou eie ding, moenie vir daai Toorts luister nie, sy weet in elk geval nie waarvan sy praat nie!
Ek het die woord “vervang” baie geniet, in plaas van “opgee”. Dis iets wat ek sal onthou. En gebruik.
LikeLike
Jesus vervang alles met beter dinge. Partykeer toets hy jou gehoorsaamheid (soos die boeke wat ek moes verbrand,) maar tot dit het Hy vervang met dit wat vir my groot seën gebring het.
Volgende keer skryf ek miskien langer 😉
LikeLike
Naaaah, as mens lekker skryf en dit lees lekker hoef die plesier mos nie so vinnig op te hou nie! 😉
LikeLiked by 1 person
Jy moet nou nie vir my kom sê “Hey, jy skryf te lank,” as ek myself volgende keer vergeet, en ‘n boek skryf nie. 😆 By nou kan jy seker sien ek het hierdie kommentaar van jou gate uit geniet.
LikeLiked by 1 person
Gedink miskien kan jy hierdie blog lees wat ek lank terug geskryf het. Miskien verstaan jy bietjie beter van Marlè. https://toortsie.wordpress.com/2012/08/05/rachel-weeping-for-her-children-4-3/
LikeLike
Ai ai
LikeLike
Mapstieks maar dit was nou n lekker lees en diep huis uitleg. Dit wys jou tog maar dat alles volgens n plan gebeur. Diepienk kamer moes reg wees vir die regte persoon. Geloof laat n mens ook tevrede voel en dit is die belangrikste .
LikeLike
Ek sê mos altyd as die mure van ‘n huis kon praat sal jy die lief en leed van die lewe in sy naakte waarheid, hoor.
LikeLike
Ja, dis waar. Ai dit sal boekdele vol wees.
LikeLiked by 1 person