Die huis met die pienk kamer

Scrapydo se toeka-tokkel: Huis

Huis, paleis, pandok, varkhok… my droomhuis was ‘n “cosey” wit huiSIE, met vriendelike vensters, en ‘n rankroos om sy voordeur.  Sou die tuinTJIE, ‘n wit “picket fence” omhê sou dit die reeds volmaakte prentjie, vervolmaak.  Is my droom ooit bewaarheid?  Nee!! in die eerste plek kon ek nog nooit ‘n rankroos kry wat hom gedra, en toelaat dat ek hom lei volgens my wil nie.  Van die vriendelike vensters het daar ook niks gekom nie; stowweriges wel.  Maar watwou, jou huis is jou huis, en sal altyd ‘n plekkie in jou hart hê; hy ken jou taal

gavinMy en Ken se eerste huis het ons gekoop toe hy fondasiehoogte was.  Dit was lekker om te sien hoe hy groei, en nog lekkerder die dag toe ons intrek.  Kenneth was omtrent 18 maande oud, en naweke het hy heerlik gespeel terwyl daar tuin gemaak is.  Die huis het drie slaapkamers gehad; die een het ek ‘n dogtertjiekamer gemaak; kompleet met wit meubels, en pienk bybehore.  Min het ek toe geweet wie die kamer oor twee jaar sou beset.

Maar voordat die nuwe inwoner haar intrek geneem het, het my, en Ken se lewens soos handomkeer verander.  In dieselfde sitkamer waar daar musiek gemaak, gedrink, en gedans is, het daar nou ‘n pastoorspaar gesit; hy met ‘n oop bybel op sy skoot, terwyl hy geduldig ons vrae beantwoord.  Stadig maar seker het ‘n pragtige vriendskap tussen ons ontwikkel.  Dit het my laat terugdink aan die dag toe ‘n man met ‘n mankbeen in ons woonstel gesit, en ons van Jesus vertel het.  Ek het gelag; my drankglas, en sigaret omhoog gehou, en vir hom gesê as hy dink ek gaan my vriende, en al die lekker dinge in die lewe opgee – en dit om Sondae in ‘n kerk te gaan sit – moet hy weer ‘n keer dink.  Hy het my rustig aangekyk en gesê dat dit nie nodig sal wees om enigiets op te gee nie; Jesus sal dit vervang.  En so was dit ook.

Kort na ons wedergeboorte het die oproep van Andrè gekom, ek moet die vyfjarige Marlè vat.  Vreemde draaie wat die lewe loop.  Sonder trane, of vrae het sy by ons kom bly; en dit was asof sy maar altyd deel was van die huis met sy een pienk kamer.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

15 Responses to Die huis met die pienk kamer

  1. Wonderlik die draaie wat mens se lewe loop

    Like

  2. Sparkle sê:

    Hey! Ek sit dan nou juis die ketel aan om verder te lees…en nou is jou storie woeps-waps klaar!

    Amazing hoe Marle kon intrek in haar eie pienk kamer, sy moet spesiaal of ten minste vertroos gevoel het

    Like

  3. Kameel sê:

    Glimlag ek nou vir jou. Hey, ek het verstaan ‘n blog moet nie te lank wees nie 🙂
    Alles het so woerts waarts gebeur na ons bekering. Nege maande daarna toe word ons sonder waarskuwing uitgetrek en in die platteland oorgeplant. Ander huis, ander storie 😉
    Marlé het maar net aangepas. Sy was baie bly oor haar mooi kamer. Miskien het dit gehelp om haar tuis te laat voel. Sy is haar lewe lank nog lief vir mooi goed.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ai tog, dis als Toortsie 400 woorde se skuld! En deesdae skryf dieselfde Toorts nader aan 500 woorde…
      Kameel, doen jou eie ding, moenie vir daai Toorts luister nie, sy weet in elk geval nie waarvan sy praat nie!
      Ek het die woord “vervang” baie geniet, in plaas van “opgee”. Dis iets wat ek sal onthou. En gebruik.

      Like

      • Kameel sê:

        Jesus vervang alles met beter dinge. Partykeer toets hy jou gehoorsaamheid (soos die boeke wat ek moes verbrand,) maar tot dit het Hy vervang met dit wat vir my groot seën gebring het.
        Volgende keer skryf ek miskien langer 😉

        Like

  4. Sparkle sê:

    Naaaah, as mens lekker skryf en dit lees lekker hoef die plesier mos nie so vinnig op te hou nie! 😉

    Liked by 1 person

  5. scrapydotwo sê:

    Mapstieks maar dit was nou n lekker lees en diep huis uitleg. Dit wys jou tog maar dat alles volgens n plan gebeur. Diepienk kamer moes reg wees vir die regte persoon. Geloof laat n mens ook tevrede voel en dit is die belangrikste .

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel 20 : Ouers vra … | scrapydotwo

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s