jou huis

Hierdie het ek gepubliseer op 30 Oktober 2013. Maar terwyl Scrapydo nou die opdrag gegee het, publiseer ek dit weer. Jammer vir dié wie dit nou twee keer moet lees!

‘n Gedagte wat net meer en meer in my kop opkom, is dat ons net tydelik is, die huis waarin ons bly, wat ons “ons s’n” noem, is eintlik net vir ons geleen. Dalk het jy ‘n nuwe huis, gebou volgens jou behoeftes, dalk nie. As jy met ‘n boer getroud is, woon jy in die plaashuis, of dit jou smaak is of nie, en oor jare vorm jy dit na jou behoeftes, of vorm die huis jou tot jy in hom inpas.

Die huis waarin ek nou bly is baie baie ouer as ek, en die kans is goed dat ek al lankal nie meer leef nie, en hy nog steeds staan tensy iets vreesliks met hom gebeur. Om die waarheid te sê, ek weet nie hoe oud hierdie huis is nie. Ons het die voorreg om sedert die einde van 1999 hier te kan woon. 14 jaar.

Baie gaste vra: “Hoe oud is hierdie huis?” Ek weet nie! Ek het gedink nader aan 200 jaar, maar oom Philip Myburgh het gesê dis nie so oud nie. Blykbaar was die geboutjie wat eers die stal was, die plaashuis. Wat ek wel weet, is dat die huis waarin ek grootgeword het ongeveer 1920 gebou is, en hierdie huis waar ek nou woon is beslis baie ouer. ???????????????????????????????

Elkeen wat in ‘n huis woon, sit ongemerk sy stempel neer. In een van die kamers is daar ‘n duidelike merk in die vloer. Vroeër jare het hier ‘n tannie alleen gebly, en sy was sieklik, dink ek. Sy het, volgens vertellinge, ‘n spoeltoilet in haar kamer gehad. Vandaar die merk. Die vloer is daar ook ongelyk en aan die een kant baie meer versterk as die ander.  In daardie tyd het die huis ook glo nie ‘n agterdeur gehad nie, sodat die oppasser nie met die plaaswerkers sou meng nie. (Wonder wat mnr Neusie hieroor te sê sou hê!!)

Die vorige eienaars het heelwat veranderinge aan die huis gebring. Tog bly dit maar ‘n ou huis, ‘n deurloophuis, ‘n aanbouhuis, met vreemde vertrekke op vreemde plekke. ‘n Huis wat oor generasies gegroei het.

Ook ek het alreeds my merk gelaat. Dis meestal maar instandhouding, soos nuwe vloere, ‘n badkamer wat vervang moes word, nuwe ligte, ventilasiegate in die vloere,  ens. Nie groot goed nie, maar nodig, sodat ook die volgende eienaars nog die voordeel van hom sal hê.

En ja! Dit spook ook glo in hierdie huis!! Maar ek en die spoke lol nie met mekaar nie. Ons gun mekaar die vreugde van die ou huis. Ons leef in elke geval elkeen “in sy eie tyd”. :mrgreen:

Ek sit ‘n paar foto’s van die oudheid van die huis wat vir my mooi is.  Sy mure is 55 cm dik! ??????????????????????????????? Dis met sulke klip wat ons huis se mure gebou is!! Die vreemdste ingeboude kaste in die gang…??????????????????????????????? ??????????????????????????????? Hout, hout net waar jy kyk. Hout plafonne, geelhout plafonne, houtvloere… ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? Het julle gesien, die een balk het sulke merke. Ons vermoed dit was op een of ander stadium dalk deel van ‘n trap. En in die sitkamer is daar ‘n duidelike plek waar ‘n gat in die dak was (seker die trap na die solder toe), orals is breë geelhoutbalke, en dan skielik smaller akkerhoutbalke vir ‘n stukkie.  die ou mense het gebruik wat hulle het! Kyk die mooi plafon-afwerking en die ventilasiegat. Waar sal ons nou se dae nog so iets kry?

Plaasgroete, Spooktoorts

(Dankie vir Karen wat my met “plafon” gehelp het toe ek totaal toegeslaan het. 🙂 )

 

??????????????????????????????????????????????????????????????

10 thoughts on “jou huis

  1. die woord wat jy soek is plafon, dink ek 😉
    mooi ou huis. het julle nog ‘n solder? ons nuwe bure het die ou houtplafon uitgehaal uit die huis wat hulle gekoop het, en daar het die mooiste balke te voorskyn gekom. ons een kat slaap in die solder in die somer al is dit te warm daar (kort eintlik insolasie).

    Like

    1. Natuurlik!!! PLAFON!! Asof ek dit nie weet nie! Dankie 🙂 Dit het my net totaal ontgaan! Maar gelukkig is daar iemand in Switserland wat onthou.
      Iemand wat ou huise ken, het vir my gewys: Tipies met 2 gewels. Die gang is blykbaar tussen die 2 mure wat die 2 gewels regop hou. Of so iets.
      Ja, daar is dan ook 2 solders. Op die een lê die waterpype en geizers (waterverwarmers) en so ‘n paar bokse met ou fakture. Ek weet nie wat op die ander een is nie. Meestal net elektriese bedrading. Ons gebruik nie die solders nie.
      In ons ou huis (waar ek grootgeword het) het my ma altyd die wasgoed opgehang as dit gereën het. Ons het ook graag daar gespeel.

      Like

  2. Wow, twee solders, cool. Kan dink was ‘n lekker speelplek as kind. Ek sou graag die solder geinsoleer wou hê dat mens dit as nog ‘n kamer kan gebruik. Op die oomblik is dit net ‘n verskoning om nie gemors weg te gooi nie … Ek hang my wasgoed in die kelder op. Die mure is darem vrolik geverf, so dis eintlik ‘n lekker plek.

    Like

  3. ‘n Huis met karakter Toorts 🙂 en lekker stories sou die mure hulle geheime met jou wil deel. Die oumense het mos hulle doodskiste in die solder gebêre… miskien moet jy gaan loer wat daar aangaan :;

    Like

    1. Ek sou graag wou hoor! My lewe lank was daar n doodskis op ons solder wat my oupa gekop het toe my oom verdrink het. Sy liggaam is nooit gevind nie. My neef is in 1980 daarin begrawe. Hy was presies so oud soos my oom was toe hy dood is. In n vliegongeluk.

      Like

  4. Ai, is ek nou glads agter met die lees. Dankie vir jou herplaas dit bly steeds baie interessant. Ek haal my hoed af vir die mense wat toentertyd die huise gebou het. Die plafonne is vir my altyd te pragtig. My plaasfamilie in die Vrystaat het so n ou huis. Hul het later n geheel nuwe een gebou vir die ouer mense en die jonger geslag het aangegaan in die ou huis. Dankie vir jou deelname

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!