‘n “Bybelse” Jaar

AJ Jacobs het, vir navorsing vir hierdie boek, ‘n jaar “Bybels” geleef.

Twee derdes het hy volgens die Ou Testament geleef, een derde van die jaar volgens die Nuwe Testament.

In die proses wou hy sien of dit moontlik is om al die honderde voorskrifte wat die Jode van die Ou Testament moes nakom, te kan nakom. Hy gaan voluit. Soms is dit regtig lagwekkend wat hy alles deurmaak om sy jaar Bybels te kan leef. Hy gaan na al wat Rabbi is, soek raad. Hy slaan tent op in sy huis en het ‘n staf/stoel waarop hy sit, omdat hyself onrein sou word as hy op ‘n stoel sit waarop ‘n persoon wat onrein is, gesit het. Sy gesin speel saam… tot op ‘n punt.

Soms verloor die boek my, maar ek druk deur, want die Nuwe Testamentiese derde lê nog voor…

Wat ‘n teleurstelling! Want hy leef die Nuwe Testamentiese derde steeds Ou Testamenties. Hy ontdek nie die Ware Geheim van die Nuwe Testament nie. Dalk hét hy, maar ek kon dit nie raaklees nie…

Tog was dit ‘n interessante boek om te lees en het dit my gehelp om die Jode van die Ou Testament beter te verstaan… maar nié die Jode van die Nuwe Testament nie.

Dalk vind jy dit interessant? Wie weet?

Groete

Toorts

Onthou, ek sit al die boeke wat ek bespreek,  by Pinterest.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

5 Responses to ‘n “Bybelse” Jaar

  1. Kameel sê:

    My doel hierdie jaar is om deur die bybel te lees. Om elke dag drie hoofstukke uit OT te lees maak my skoon morbied. Die een hoofstuk uit NT gee weer moed. Nee maggies, as Jesus nie vir ons kom sterf het nie was ons voorwaar in groot moeilikheid. Daar is baie groot verskil in leefwyse tussen OT en NT… waar het A.J Jacobs die “stoel” misgesit?

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek dink hy het by verkeerde mense gaan raad vra…
      Ek is mos altyd besig om die Bybel deur te lees. Vir my neem dit so 3 jaar. Ek lees daagliks daar waar die merk is, maar doen ook ander bybelstudie. Dis of dit dan vir my makliker word as dit in moeilike dele is.
      Onthou hy het nie net die Bybel gelees nie, hy het gaan RAAD VRA by mense wie dit uitleef, om dit ook te DOEN.

      Like

    • Werner Olivier sê:

      Kameel,ek dink dit kan nogal morbied raak as mens die verhale van die Ou Testament lees.Die Bybel is min of meer 65% verhalend van aard en tog loop Ons Meester soos ‘n goue draad deur die Bybel.Een voorbeeld is waar God vir Moses meegedeel het om die volk uit Egipte uit te lei en Moses toe vra wat moet hy se as hulle hom vra wie het hom gestuur.God se toe vir hom,se vir hulle ”Ek Is” het jou gestuur.Ek Is Die Weg die Waarheid en die Lewe in die Nuwe Testament.Hierdie voorbeeld kom altyd eerste by my op om die Twee Testamente in perspektief te sien.

      Groetnis.

      Liked by 1 person

  2. Sparkle sê:

    Ek is weer baie lief vir die ou Testament. As mens so bietjie rondkrap en na die oorspronklike betekenis van sekere goeters kyk, kom mens die mooiste simboliek tee. As mens kyk na die tabernakel bv en kyk hoe mens van die waskom af reis na die ” allerhoogste gedeelte ” waar net die priester kon ingaan, kan die spesiale betekenis van dit mens verstom.

    Like

    • Toortsie sê:

      Mens lees soms so die swaar en die straf raak in die Ou Testament, maar as jy diep genoeg lees, en ver genoeg lees, sien jy die mooie en God se Liefde raak. Hy wou net die BESTE vir Sy mense gehad het, en wil dit steeds hê.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s