Parfuumbottels en trane

Scrapydo se toeka-tokkel: Versameling

Die enigste ding wat ek versamel is kleinkinders – daar is nou sestien van hulle.  Nie een lyk dieselfde nie, en almal verskil in temperament.  Ek sou hulle ontsettend graag agter slot en grendel, in ‘n glaskas wou bêre om hulle veilig te hou, en natuurlik om met hulle te spog ook… maar helaas!!!  Hulle het ‘n wil van hulle eie, en tot dusvêr wou nie een toelaat dat ek hulle in ‘n glaskas sit nie.

20150429_111432-1Versamelstukke; die soort wat jy kan bêre en toesluit, of uitstal, het ek nooit gehad nie.  Net die Stil Kind het dit gedoen.  Sy het parfuumbottels versamel.  Ken het vir haar glasrakkies in haar kamer opgesit, en hierop is die botteltjies uitgestal.  Aan die begin het ek gedink dit is net ‘n gier maar sy het dit baie ernstig opgeneem.  Botteltjies is van heide en vêr vir haar aangedra, en tot ek het met tye voor die rakkies gaan staan en my aan die mooie botteltjies verwonder.

Toe sy uit die huis uit is het die botteltjies saam met haar getrek.  Hoe dan anders?  My kinders het geglo die dag as jy die huis verlaat, vat jy alles wat in jou kamer is saam met jou.  Jy los vir ma nie net met leënes sindroom nie, maar met ‘n dolleë kamer sonder meubelstuk, of gordyn waaroor sy kan vryf terwyl sy aan jou dink.

Nou het ek myself amper in trane ingeskryf. Dawid sê in Psalm 56 sy trane word in God se bottel gesit, in ‘n boek opgeskryf.  Vreemde gedagte dat God moontlik my trane versamel.  Wonder hoe groot is daardie bottel?

11 thoughts on “Parfuumbottels en trane

    1. ‘n Mens kannie die omvang daarvan begryp nie. En daardie boek waarin alles opgeskryf word…. hoe dik moet hy nie wees nie. Te groot vir ons ou aardse mensies se verstand 😉

      Like

  1. Ai dit laat mens sommer n traan saam met jou stort. My trane-botteltjie is maar baie klein. Ek klassifiseer my as “gevoelloos en emosieloos”. Introvert se moses- moet tog net nie wys hoe jy voel nie, dis ekke! Weet party dae nie hoekom ek so is nie. Trane bring tog verligting? Baie dankie vir jou skrywe dit is regtig baie gevoelvol en mooi vertel. Ek voel vir jou hoor!

    Like

    1. Dan moet ons twee se botteltjies nie langs mekaar staan nie. Dit sal lyk asof ek myself wou verdrink.
      Was jy van kindtyd af so te sê “traanloos” of is dit die lewe se pad wat dit gedoen het?

      Like

      1. Was van kleintyd so. Ek dink dat ek nooit regtig geleentheid gegee is om myself uit te leef nie. Toe ek onderwyskollege toe is moes ek vir n 3 weke kommunikasie kursus gegaan het om te leer om my te kan uitdruk. Tog kan ek onthou dat ek in laerskool wel baie goed gevorder en gedoen het. Eintlik altyd top 10 gewees. So ek dink dit het in my hoërskooltyd regtig ontwikkel as n persoon wat nooit goed genoeg was met wat ook al. Almal het my altyd voorgesê wat ek en hoe ek moes maak(ouers en susters- hul gaan my stenig as ek dit so uitdruk!)

        Like

        1. Jy weet ek het ‘n baie stil vriendin. Sy lyk altyd vir my so broos dat dit lyk asof sy in ‘n glaskas hoort. Ek wil haar alyd beskerm. Almal skryf haar ook voor wat sy moet doen… maar tog is sy ‘n sterk, en baie intelligente mens. Ek is maar bly dit is nie ek nie…. sou te veel met almal baklei het… hou daarvan om my eie ding te doen sonder ander se insette.

          Like

          1. Gelukkig het ek darem n redelike rigtingvaste idee van die lewe opgedoen en ook gelewe. My man het my baie gehelp om myself te vind. Hy het my altyd op n mooi manier gehelp om my eie dinge te doen.

            Liked by 1 person

    1. Het vir scrapy gesê as ons twee se bottels langs mekaar moet staan, sal dit lyk asof ek myself wou verdrink. Dit is ‘n wonderlike gedagte dat ons trane gebottel word!!!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s