Wanneer laas, vra Maree…

Wanneer laas het jy sommer net gesit en niks doen, sommer net die natuur geniet, sommer net die lewe in sy volheid ervaar? Dís wat Maree vra op haar blog, “Sommer net ‘n paar gedagtes.”  En my hart gee so ‘n sug. Wanneer laas?

Ek onthou een aand baie, baie lank gelede, my kinders was nog klein, kom ons by die huis. Dit was al donker. Ek het met ‘n kind in die arms gestaan en wag dat my man die deur oopsluit, toe ek opkyk, en… ja wraggies… die sterre is sowaar nog net daar! Skitterend! So mooi! Dis of ek dit ‘n tyd lank vergeet het, en hier is hulle sowaar nog! 🙂 WOW!

Noudat my kleinkinders gereeld alleen by my kom kuier, kry ek nogals kans om sommer net te sit en staar. Want sien, dis net vir hulle lekker as ouma sommer buite by hulle sit. Ouma hoef nie die hele tyd agter hulle aan te kerjakker nie, maar ouma moet beskikbaar wees. Soms lê ons almal sommer net op die gras en elkeen is besig met sy eie gedagtetjies. Dan kruip hulle onder my bene deur, spring op my maag, … Dis vir hulle lekker om sommer so tussen die plante en bome in paadjies wat nie eers bestaan nie, te loop, onder ‘n tak deur te kruip… terwyl ouma sommer net sit en die natuur geniet, reageer wanneer nodig, maar eintlik sommer net beskikbaar wees.

Wanneer laas het jy dit gedoen? Sommer net sit en staar na die see? Of na die natuur? Of in ‘n park te sit, of raak dit deesdae gevaarlik? Sit en kyk hoe kinders speel? Op jou rug lê en die sterre bekyk. Sommer net sit en niks doen, niks dink… ?

Willie Joubert sing: “Maak tyd… meer tyd vir mekaar… probeer ‘n oomblik spaar… om vir iemand te sê dat jy haar nog bemin… en dalk vind jy uit, die lewe maak tog sin… Maak tyd… om net mens te wees… laat staan jou haas nou vir eers… om drome te droom te sing en te lag… en dankie te sê vir ‘n splinternuwe dag… Maak tyd… om met ‘n kindjie te speel… vind vreugde deur sy blydskap te deel… vir hom ‘n storie te lees van ‘n dwerg of ‘n reus… en jy sal dalk vind jy kan leer by ‘n kind… Maak tyd… om met jou Skepper te verkeer… om Hom te prys en te eer… want deur Sy liefde alleen ontvang jy elke seën, en deur nederig te wees verryk jy net jou gees… Tyd is so kosbaar, ja tyd is so duur… benut elke oomblik, minuut, en elke uur… en maak tyd…”

Groete

Toorts

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

9 Responses to Wanneer laas, vra Maree…

  1. Kameel sê:

    Dit is al wat ek het…. tyd. Ek sou graag weer in ‘n bediening staan, en voel my lewe het nut. 😦

    Like

    • Toortsie sê:

      Sjoe Kameel. Hoe kan ons jou iewers betrokke kry? Jy het soveel om te gee. En wil so graag gee!

      Like

    • Toortsie sê:

      Ek wil jou aanmoedig om BAIE te skryf hier op ons blog. Jy het soveel om te vertel en kan vir soveel mense tot hulp wees. Deur te skryf, maak jy die pad ligter vir BAIE mense, ek dink nie jy besef vir hoeveel nie, en DAN kan jy ook waardevol wees. Want jy HET baie waarde.

      Like

  2. scrapydotwo sê:

    Dit is moeilik vir n bedrywige persoon om regtig net still te sit. Terwyl ek met Trompie loop geniet ek die omgewing in stilte. Ek gun myself nie sommer n stilsit tydjie nie wat verkeerd is. Dit doen liggaam en gees goed om net stil te wees elke dag vir n tydjie

    Like

  3. Olga sê:

    Baie mense soek graag “prente” in die wolke. Ek soek weer graag die “prente” in skaduwees. Veral die skaduwees wat die bome en plante maak. Maar nou ja, ek het ook nie altyd tyd om dit te soek nie.

    Liked by 1 person

  4. Vir my is dit nou lekkerder om sommer gou vir die buurvrou te sê sit aan die ketel!

    Liked by 1 person

  5. Net vanoggend was ek en my kleindogtertjie in Pretoria se Botaniese Tuin. Ons het die pragtige bome bewonder, met stokkies en blaartjies en sand gespeel. Dit was lieflik!

    Like

  6. seegogga sê:

    W3at jy se is baie waar. Die palmboom in my erf is huis vir honderde voeltjies, Elke aand klink hulle aandliedjie soos in die paradys, maar ek hoor dit nie – te besig. Hierdie naweek met my kleinkinders het ons staan en luister….

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s