Van dagdroom tot nagmerrie

Ek móét julle vertel wat met my gebeur het.

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n blad begin, ‘n Faceboekblad. Vir Christene, meer duidelik gespel, vir mense wie soos ek glo. Sommer ‘n blad waar ons mekaar bemoedig en ons geloof deel, dinge wat ons nie verstaan nie, bespreek. Sommer alledaagse goed.

Die blad het gegroei en gegroei. Met tyd het ek begeesterde vriende en vriendinne gevra om ook administrateurs te word, sommer net omdat ek mos nie alles weet nie, en ook om ‘n verskeidenheid in te bring. Elkeen van ons weet mos van sekere onderwerpe meer en van ander minder, en nie noodwendig van dieselfde goed meer nie.

Dit het WONDERLIK gegaan. Mense is bemoedig, ons het mekaar in geloofsdinge ondersteun. Meer en meer mense het begin deel word van die blad.

Toe, op ‘n stadium, het ek so ‘n kriewelrigheidjie gevoel. Vreemde “posts” het gekom. Dit klink reg, maar ook nie.  Maar nou ja, dis mos nie my blad alleen nie, ons wil mos verskeidenheid hê, so ek het dit eers gelos. Maar met tyd het die vreemde inskrywings vreemder geword en vreemder… Goed wat ons as ononderhandelbaar beskou in ons geloof, word skielik bevraagteken. Christene se goeie bedoelings word verdag gemaak. Predikante word “afgewater”, “afgemaak”, beswadder, … soveel so dat mense nie meer hul predikante wil glo nie…

Dit het al erger geword, die boodskap wat die blad uitstuur, was nie die boodskap wat ‘n blad met so ‘n naam soos die blad gehad het moes uitstuur nie. Dit het ‘n bitter smaak in die mond gelaat…

Ek het ondersoek ingestel. Hierdie droom het ‘n nagmerrie geword. Want sien, die administrateurs het nog admins aangestel… en iewers het iemand ‘n oordeelsfout gemaak en iemand aangestel wat nie glo wat ons glo nie. Om die waarheid te sê, dié persoon glo nie dat Jesus Christus gesterf en weer opgestaan het nie. Hóé die aansteller so ‘n oordeelsfout kon maak, weet ek nie…

Maar wat gebeur het, hierdie persoon het as administrator ons ander gaan afhaal as admins. Aanvanklik het sy ons net tot Editors verlaag, so ons kon nie meer die blad beheer nie, maar later het sy ons heeltemal afgehaal… en ons kon NIKS doen om die blad te red nie! Niks. Hierdie MAGTELOOSHEID kan jy vir niemand beskryf nie.

Intussen het die blad al só ontaard…

……………………………………………………………………………………………………………………………….

MAAR DAAR IS GOEIE NUUS! 🙂

Hierdie storie was net ‘n storie, ‘n nagmerrie. Dit het nie regtig gebeur nie! Dis ‘n opdragstuk van Write 101, dag 15.

Mag dit NOOIT gebeur met die blad wat ek wel hanteer nie! Maar laat ons WAKKER wees met wie ons toelaat in ons FB vriendekring…

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging. Bookmark the permalink.

11 Responses to Van dagdroom tot nagmerrie

  1. Manewales sê:

    Hierdie is nou so ‘n stukkie fiksie, maar ek weet van ‘n FB blad waar iets soortgelyks wel gebeur het. Die admin het die stigter verwyder en daar was chaos. Was ook ‘n vroue Christen blad. Gelukkig het die 2 partye dit uitsorteer en is dinge herstel, maar feit is so iets gebeur so maklik. Satan is listig.

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Nooit is n lang tyd! Mens moet maar altyd ore en oë oophou vir indringers. Sjoe ek het amper gedink dit is waar. Dankie tog dat dit nie regtig met julle gebeur het nie.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Welgedaan!!! Eers dog ek dit is waar.

    Like

  4. skryfgoed sê:

    ek verstaan tog te goed…..mense gebruik vinnig n platvorm om hul eie kommunikasie aan te vul en meeste van die tyd is dit swak en sleg…of soos jy se, met slegte smaak wat jou mond bitter los….ek stel voor jy skep n blog, iets soos 777 of so, wat gemik is op Christelike vraaagstukke, glo my dit is nodig…..baie mense het baie vrae….kom ons vat sommer net een om mee te begin…..watter dag van die week is nou eintlik die 7de dag…..dis n BAIE valid vraagstuk….onthou net die bybel leer ons van vals profete, verleiding ens….dit veroorsaak tweestryd onder christene en uiteindelik weet niemand nou eintlik meer wat reg is nie…..ek glo, die bybel en die bybel alleen….dis dit….en weet jy wat…..ek behoort nie eens meer aan n spesifieke kerk nie…vir presies die rede….te veel dubbelsinnigheid wat bestaan….kerk moet in jou hart wees….gemeenskap van die gelowiges kan op enige platvorm bestaan….selfs n blog…..dit beteken NIE dat ons een keer n week saam moet sit en kyk wie het die mooiste aangetrek of wie se 10de is die grootste nie….dit beteken dood eenvoudig…..mense wat dieselfde glo, moet met mekaar kommunikasie gemeenskap beoefen….gesels, bepeins die dinge van die bybel….sodat ons saam die dieper betekenis van die woord kan begin begryp en verstaan….ja dis die dominees, pastore, priesters, die leiers van die verskillende gelowe se WERk en PLIG om ons, die mense, die skape, te lei in die waarheid en elke minuut te keer dat sy mense, sy kudde in die afgrond beland…..is dit nie…..ek dink NIE dis altyd noodwendig so sleg as mense die leiers se menings ens bevraagteken nie…..as dit die waarheid is dan moet die leier dit mos kan verduidelik uit die woord uit…..NIE net wat ander se nie….of wat die sinode besluit het nie…..maar net die waarheid, ge-back deur die woord van God……dis dit! dalk moet ek sommer die BLOG begin…..wat dink jy…..groete en soet wees!

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Dankie vir hierdie uiters goeie inset. Ag, ek sal nie sommer so ‘n blog doen nie omdat ons almal so verskil in wat ons glo. Ek probeer maar hier op my ou bloggie soms skryf wat ek glo, in die hoop dat ek nie ‘n stryery ontlok nie. Maar dis beslis dinge om te bespreek. Hier is darem heelwat geloofsblogs van verskillende denominasies. Ek stem saam met jou, ek glo in die Bybel, lees die Bybel en luister met ‘n fyn oor of dit wat gepreek word, Bybels is of nie. En ja, dominees maak ook foute, tog vertrou ek hul, hulle is immers goed opgelei, maar ook wanneer hulle praat, vra ek myself af: Was dit wat in die Bybel staan, of nie? Dan is daar nog die ding van verskillende interpretasies… 🙂
      Lekker dag. Soet wees is MOEILIK!

      Like

      • skryfgoed sê:

        Absoluut, ek stem met jou…..tog is ons almal geneig om draadsitterig te word as ons onself tussen n klomp geloofs chaos bevind…..tog is daar mense wat kan sin maak te midde van die chaos….die wereld is VOL leuns, skelms, beriers, diewe ens….die duiwel is n meester op hierdie gebied….die duiwel ken die bybel beter as ons almal saam…..die duiwel is magtig, God is ALMAGTIG! Onthou net altyd…..Politiek mors met mense se koppe, met hule gelowe, met hul harte….speel op mense se gevoelens en veroorsaak geordende chaos sonder dat die mense dit agterkom….stadig maar seker….die kookwater effek….en dan wil die mense baklei oor wat nou eintlik die waarheid is ens….maar hulle vergeet van hulle bybel….die owners manual wat hulle kan raadpleeg….selfs die nuwe vertalings van die Afr bybel is verander….sekere skrifte se betekenis het al verander, selfs die 10 gebooie is aan gepeuter….kyk maar, vat n 33 of 53 vertaling en vergelyk die 10 gebooie met die wat nou in die nuutste vertalings staan…..die veranderinge is subtiel weggesteek….kyk mooi….en jy sal dit raaksien…..en dan begin die vrae…..hoekom…..hoekom, wel dis om die mens te verlei….dis al….en onthou ook….die mikpunt van omtrent alle kerke en gelowe is om te kan saamsmelt en een universele geloof te kan skep…..dis gereeld in die nuus, kyk maar net na die pous se uitsprake….om mee te begin…..en dan laat dit mense begin wonder……wel ons moet nie wonder nie….ons moet vasklou aan ons geloof….al voel dit outyds om die 33 of 53 vertaling te gebruik….dis die vertalings wat die naaste is aan die oorspronklike skrifte….doen maar net die toets met die gebooie…..daar is n magdom ander skrifte wat ook subtiele verandering inbring….stadig maar seker…..dis alles om die mens te verlei….om die bos te lei…..so raak die dieper betekenis van die bybel stukkie vir stukkie weg……dit is actualy scary…..wel nou ja….dag maar net ek noem dit…..lekker lees en bly soet!

        Like

        • Toortsie sê:

          Tog is die nuutste weergawe van die Bybel veronderstel om ouer, dus meer korrekte teks te gebruik. Al wat ek weet, daar kan foute in die Bybel insluip, dis mos maar vertelings en mense se interpretasie, maar die ware storie van die Bybel sal nie verander nie. Dis klein goedjies wat soms verskil. Dis hoekom dit ook goed is om verskillende vertalings te lees, om seker te maak ons lees en verstaan dit reg.

          Like

  5. Eish … ek word sommer koud. Laat my van die vieslike gevegte op Litnet

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s