Ek is in GROOT moeilikheid! Laviga, die mooiste en slimste heksie in Blogland, het verjaar, ag askies, vervel, en ek… het eerstens nie vir haar op die regte dag geluk gewens nie, en en het nie vir haar ‘n geskenk gegee nie! Die vriendskap is in GROOT GEVAAR!
So, eerstens, liewe Laviga, ek is jammer ek is JAMMER EK IS JAMMER!!
Omdat ek nou klaar die koek en koeldrank gemis het, sal ek seker my eie moet gee…
Dan weet ek Viga is BAIE lief vir lekkers… Hierdie, Viga is net vir jou!
Maar die spesiale geskenk wat ek net vir Viga uitgesoek het…
… ‘n Splinternuwe besem!! Hoop hy vlieg lekker! 🙂
Liefdetjies…
O ja, ek wil nog altyd jou maatjie wees, hoor jy!
Tannie Tossel
Dankie Tannie Tossel!!!!
Ek wou nog altyd n tjoklit besem hê!!
En ek het nie eers geweet daar is reenboog koeldrank nie!
LikeLike
Oeeee is jy nou nie meer kwaad vir my nie? Jippieee
LikeLike
Oeps ek het dit ook gemis!
LikeLike
Jy moet versigtig wees. Die Groot Stories! 😉
LikeLiked by 1 person
Amper het jy n vriendskap opgemors! Lekker eetgoedjies!
LikeLike
Gelukkige Laviga. 😉
LikeLike
En jy het seker vir haar ‘n nuwe sjaal gehekel?
LikeLike