Skoonfamilie

Die term, skoonfamilie, word soveel keer in ‘n minder mooi konteks gebruik. Die skoonma word altyd in lelike grappies gebruik. Ek het nooit van bytende skoonma grappies gehou nie omdat ek ‘n dierbare, liewe skoonma het, en nou is ekself ‘n skoonma en hoop regtig nie daardie grappies is op my van toepassing nie.

Ja, jou skoonfamilie doen beslis nie alles soos wat dit in jou ouerhuis gedoen is nie, maar dis nie noodwendig sleg nie. Ons kan mos by mekaar leer!

Wanneer ons kinders trou, sê ons so graag dat ons ‘n kind bygekry het, en dit is so waar. Ons hét ‘n kind bygekry en daardie nuwe kind word ons eie kind… Maar ons moet nooit vergeet dat die ander ouerpaar, die skoonouers van ons kind, óók ‘n kind bygekry het nie. Ons moet dit vir hulle gun om ook tyd met die paartjie deur te bring. Lekker tyd, sonder om jaloers te wees, sonder om besitlik te wees.

Die verhouding tussen die twee ouerpare is só belangrik. Jul moenie mekaar as ‘n bedreiging of vyand sien nie. Jul deel nou hierdie kinders en as jul vriende kan wees, maak dit dit vir die kinders soveel makliker. Jul hoef nie heel dag in mekaar se geselskap te wees nie, maar ‘n gemoedelike atmosfeer maak dinge soveel makliker. Onthou, net so verskriklik lief wat jy jou kind het, net so verskriklik lief het hulle ook hul kind.

Wanneer ons kind trou moet ons ook nie die nuwe huweliksmaat van ons kind as ‘n bedreiging sien nie. Ontvang hom/haar met ope arms. Hierdie nuwe persoon is vir jou kind baie belangrik, dis die persoon wat jou kind gelukkig maak, die een vir wie jou kind baie lief het. Deur hulle voluit lief te hê, geluk te gun, hulp te gee indien hul dit verlang, gaan jy hul nader aan jou trek, in plaas van afstoot en glo ek, kan julle wonderlike tye saam hê.

Die gesonde huwelik van ons kinders is ook vir ons belangrik, dis uiters belangrik om dit te laat werk en ons moet ons ore spits dat ons nie nog laste op hul skouers lê nie. Oppas dat ons nie óns wil, óns manier van doen op hulle afdwing nie. In hierdie nuwe huwelik sal hulleself hulle dinge uitwerk. Sommige goed gaan hul doen soos dit vir die man bekend is, ander dinge gaan weer gedoen word soos dit vir die vrou bekend is, maar daar gaan ook baie dinge gedoen word soos húlle dit vir hulself uitgewerk het, en al stem ons nie daarmee saam nie, is dit nie ons plek om ons neus by in te steek nie. Behalwe natuurlik as hul regtig op pad is om op ‘n afgrond af te stuur. Dán móét ons ingryp.

Vir die jong getroude paartjie wil ek sê: Verdra maar asseblief julle skoonuers, met al hul vreemde maniertjies en al. Luister maar as hul raad gee, en doen dit op dié manier wat vir julle die beste werk. Onthou, hul bedoel dit regtig goed al voel dit vir julle soms erg. Maak van die twee ouerpare jul vriende, dit sal julle beloon. Tog, as hul regtig inmeng, is dit nodig dat die kind met sy/haar ouers gaan praat daaroor. Onthou ook, liewe jong getroude, dat dit selfs soms nodig mag wees om jou huweliksmaat teen jou ouers te beskerm.

Onthou, dis maar vir almal iets nuuts as ons kinders trou, dis vir almal ‘n aanpassing waar ons almal nuwe rolle kry om te vervul.

So ‘n uitgebreide familie kan wonderlik wees. Koester dit. Tot almal se voordeel. En as jy dalk die skoonouer is, maak dit vir jou skoonkind ‘n vreugde om jou as skoonouer te hê.

Sterkte

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, ouers van volwasse kinders -ouerleiding, Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

10 Responses to Skoonfamilie

  1. seegogga sê:

    Ek hou ook nie van d negatiewe skoonma stiefma of man/vrou grappies nie: dit maak mense negatief en dit loop later oor in hulle sienswyse van hulle eie huweliksmaat/ skoonfamilie ens, glo ek.

    Liked by 1 person

  2. Sparkle sê:

    Ek dink, as jy as kind in jou agterkop kan hou dat opinies en sienswyse verskil sal alles okey wees. Sommige mense is mos maar fyngevoelig en sien dinge as kritiek, nie as opinie nie. Nismark se ouers is gelukkig baie “cool” en hulle weet nou al lankal ek is so bietjie……vreemd. 😉 Ek is mal oor hulle seun en ek dink daardie gedagte help hulle baie!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Die lekkerste skoonfamilie wat ek gehad het was Rika, my sus. Haar seun is mos met my dogter getroud. Ons het altyd gespot…. “As jy vriendelik is, is jy my sussie; maar as jy mislik is, is jy my skoonsus.”
    Ons nuwe skoonseun se ma, en kinders het Donderdag van die Kaap af ingevlieg vir die troue. Hulle Vrydagaand by ‘n ete vir die eerste keer ontmoet. Dankie tog dit het so goed afgeloop…. ons het die wonderlikste troue Saterdag gehad; nêrens enige gevoelens wat dit kon bederf nie.

    Like

  4. Ek hoor wat jy sê maar dis nie altyd maklik nie … ek sien dit duidelik rondom my

    Like

  5. Ware woorde. Tog moet mens onthou dat n saak twee kante het al weeg die eenkant soms swaarder as die anderkant

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s