Pret in die huwelik

Eintlik dink ek hierdie bloginskrywing hoort by die een wat ek ‘n rukkie terug geskryf het, “Belê in jou huwelik.” 

Ek skryf so baie dinge oor die huwelik omdat dit my so na aan die hart lê. ‘n Mens is ook geneig om op probleemoplossing te hamer, dat die “lekker” maklik verlore gaan.

By die huweliksverrykingsdag wat ons ‘n rukkie terug was, moes elke paartjie ‘n ballon opblaas. Paartjies moes dan met hulle rûe teen mekaar staan, met die ballon vasgedruk tussen hulle. Die ballon mag nie met die hande hanteer of gekeer word nie. Paartjies mag ook nie hulle hande hou nie. Hul moes toe dans…

Die meeste paartjies, eintlik almal, kon eintlik maar net op een plek staan. Sodra hulle beweeg, val die ballon uit. Die musiek was baie sag, so die dansery het maar gesukkel. Toe sê die aanbieder ons moet nou wals. En net daar begin ek sing, vat pappa se hande en daar wals ons twee die hele vloer vol! Rûe steeds na mekaar, ballon steeds vasgedruk tussen ons.  Ons geniet onsself gate-uit, lag van oor tot oor…

Die aanbieder sê toe ons moenie hande hou nie, maar wat, ons het voortgedans, hande en al… want dit was mos nie ‘n kompetiesie nie! Dit het mos gegaan oor PRET, dat ons dit moet GENIET… en ons HET.!

Soms het ons net nodig om laf te wees, mal dinge te doen, kinderagtige dinge te doen as dit daarop aankom. Sommer net al die grense afgooi, al die druk van die gemeenskap, en sommer net iets doen wat julle geniet. Vir die genot daarvan. Sodat, as jy weer later daaraan dink, jy ‘n glimlag op jou gesig kry.

Wat van ‘n lekker “skinny-dip” iewers in ‘n rivier? Jare gelede het ek een keer saam met ‘n klomp jongmense van Bloemfontein af ‘n geleentheid Stellenbosch toe gekry. Iewers in die Karoo, tussen niks en nêrens, stop die bussie, almal spring uit en daar, in ‘n plaasdam swem almal te héérlik. Lank voor die boer nog weet daarvan, is ons al weer weg.

Raak waaghalsig! Wees laf. Doen so iets wat net julle van weet…

Raak ook waaghalsig met waar julle ‘n vinnige… uhm… vang. 🙂  Dalk iewers waar net julle van weet… iewers in die buitelug… dalk is die kans daar dat iemand op julle gaan afkom… wat dit nog meer waaghalsig maak, maar dalk is dit net julle twee alleen daar in die natuur… hoekom nié? … en hou dit vir julleself, julle geheimpie…  En dames, wys jou man dat jy dit geniet. Dis die GROOTSTE geskenk wat jy hom kan gee.  (Neem selfs ‘n “onskuldige” foto’tjie van die plek waar jy waaghalsig was, sodat as jy die foto sien… en as ander dit sien, sal hul wonder watter simpel foto jy geneem het! )

Hê pret. Pret hoef nie geld te kos nie. Bring ‘n wip in jou stap… en in jou huweliksmaat s’n…

Dis só die moeite werd.

Groetnis

Toorts

Ns… die huwelik kán ‘n lekker plek wees… Maak JY dit een!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

12 Responses to Pret in die huwelik

  1. seegogga sê:

    O mielieland, o soetste land….. (of is dit sonneblomland)…..

    Like

  2. Kameel sê:

    Hoe de swernoot gaan ek weer van die grond ag opgestaan kom Toorts? 😆

    Liked by 1 person

  3. Nah!!!

    Dink nog steeds dit is vir die voëls. Behalwe vir die uhm, kan mens alles anders ongetroud doen. Wel, jy kan uhm ook ongetroud as jy wil. Meeste mense doen.

    Like

  4. Sparkle sê:

    En sorg dat jy nie die foon antwoord as jou kinners bel nie! 😉 Toors hierdie is sommer weereens ‘n les dat die lewe te kort is om elke dag ‘n boring dag te he

    Like

  5. Aitsa!! NOU praat jy……!!

    Like

  6. Laat jy my smile 🙂

    Like

    • Toortsie sê:

      Intiem tydskrif het ‘n ongelooflike artikel geplaas. Dink dit was gister. Ek is nie by my rekenaar nie so ek kan hom nie hier plak nie. Loer bietjie by hul fb blad.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s