Vet

Nina Teicholtz, ‘n neutrale persoon in die koswêreld, iemand wie nie haar pos of posisie sou verloor het as sy dalk iets skryf wat nie is soos die wêreldleiders in die koswêreld dit wil hê nie, het omvattende navorsing gedoen oor ál die navorsing wat daar in die afgelope eeu of selfs meer, gedoen is oor VET. Sy het niks te wen, of niks te verloor gehad nie, ongeag die uitkoms van haar navorsing…

 … en het op UITERS INTERESSANTE dinge afgekom…

Dit wil vir my lyk of iewers ‘n groot skroef los is, of daar só gekonsentreer was op wat die uitkoms van toetse móés wees, dat lewensbelangrike inligting wat ook te voorskyn gekom het uit die toetse, GEÏGNOREER is…

Die boek is soms maar baie langdradig, omdat sy werklik elke navoring wat gedoen is, behoorlik uitmekaar trek, en wys op feite wat verontagsaam is, so ek het so hier en daar ‘n paragraaf of drie oorgeslaan…

… maar wat ek raakgelees het… was… soms… skokkend.

Dit wil al vir my lyk of daar gevalle was van poste wat beskerm moes word, baantjies vir boeties, politiekery, en wat nog alles, dat prominente, ge-eerde navorsers uit hul poste gesit is as hulle bevindinge anders was as wat dit moes wees… dat mense met sekere idees en bevindinge sulke hoë posisies beklee het in die regte rade en strukture, dat mense met ander navorsing behoorlik doodgepraat is, dat die alternatiewe navoring letterlik van die tafels afgevee was, dat dit nie eens gepubliseer kon word nie… en dat ‘n verkeerde boodskap dalk vir meer as 60 jaar alreeds die wêreld ingestuur is, ‘n boodskap wat ons ons gesondheid KOS…

… so amper soos ‘n mens vandag ook sien… Mense wie dit net wáág om iets anders te sê as wat die aktiviste glo, se koppe word summier afgekap… word in die lelikste van lelikste tale sleggesê, net omdat jy verskil…

En om te herhaal wat ‘n mede-blogger nou een dag geskryf het… Wie weet, ja wie weet… of ons nie een dag gaan besef ons was al die tyd verkeerd nie!

Dalk is dít wat nou al vir soveel jaar as “gesond” deur die wêreld beskou word, glad nie so gesond nie, en dalk is dít wat juis deesdae as ongesond voorgehou word, die antwoord…

As jy meer wil weet oor die vette wat ons vandag inneem – versadigde, mono-onversadigde, poli-onversadigde, dierevette, plantvette… as jy een is wat VRA vir navorsing… lees hierdie boek! Want juis oor die goed waarvoor daar al so lank gevra word: “Bring die bewyse”, ís daar bewyse. Ons moet dit dalk net raaksien, of erken…

Lekker lees!

Toorts

Wil jy sien oor watter boeke ek nóg geskryf het? Loer bietjie by Pinterest.

Advertisements

17 thoughts on “Vet

  1. Ag hoeveel keer hoor ‘n mens nie moenie dit eet nie want dit gee kanker, om net weer later te hoor dit is goed vir ‘n mens. Ek glo daar BO waar die ouens sit wat draadjies trek, en ons die marrionette “perform” is dit vol korrupsie.

    Like

    1. Ekself koop ook maar dié in die boksies. Ons melkstal is nie hier by die huis nie. Maar ja, ek dink hulle alles wat hul moontlik kan, uit die melk en daarvan maak hulle ander produkte. Dit wat ons koop, is volgens die minimum standaarde en voorskrifte.

      Liked by 1 person

  2. Interessante storie, nè? Dis ongelooflik hoe kos so ‘n ongelooflike warm onderwerp is – seker omdat ons moet eet om te oorleef? Ek wil met my hele hart glo dat dit die kos wat mens eet net 5% uitmaak van die “probleme” wat mens ervaar en dat die 95% res opgedeel kan word in genetiese faktore (so gebore en so laat staan) en beweging/sport. Mens kan self besluit of dit 50/50 moet wees, of iets anders.
    Ek verpes in elk geval diëte, sal nooit een kan volg nie. En om vegan te wees is eerder geloof, maar dit weet jy al. Of ek nou vrek daaraan of nie, hehehe.

    Liked by 1 person

    1. Karen, ek vra in skaamte asseblief weer vir jou blogadres. Hierdie keer sal ek hom dadelik safe. Dink so kort-kort aan jou, dan wil ek gaan kyk wat vang jy aan, maar o weë, ek kom nie reg nie. Vertrou i.e.g dit gaan goed met julle, en al die diere daar in die mooie Switzerland.
      Sit hom asseblief sommer êrens by ‘n skrywe van my sodat ek seker kan wees ek kry hom. Dankie!!1

      Like

      1. Hehe, toemaar. Ek het so simpel blogadres (het op die eerste oomblik na ‘n goeie idee gelyk…). By jou kan ek net toortsie intik, dan kom dit. Maar ek dink nie ek kan my adres meer verander nie. Tja, in elk geval, hier is dit:
        https://vet8zuerich.wordpress.com/

        ns. met almal gaan dit baie goed – dis nou weer lente so mense en diere is bly 🙂

        Like

      1. Wel, dis hoe ek dit in elk geval sien. Dit is my oortuiging, en ek sal nie meer daarvan afwyk nie. Gelukkig is dit nog gesond ook. Ek het ‘n vriendin wat ook bant, en sy kom in die somer kuier. Ek begin al uitkyk watse vegane banting ons kan doen. Dan is almal gelukkig.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s