Teruggekry

Writing 101, dag 13, gaan oor iets wat jy teruggekry het. Die doel is eintlik dat dit moet aanpas by dag 4, waar jy iets verloor het. Die idee is dat jy ‘n reeks sal skryf, wat ek toe eintlik reeds gedoen het, met Verlies 2 en Verlies 3.

Ek het lank gewonder of ek dit moet skryf wat ek wil skryf, so… Die rede hoekom ek hierdie skryf, is nie dat julle my moet jammer kry nie, dis dinge wat al lank gelede gebeur het en wat al verwerk is. Ek skryf dit met die gedagte dat dit dalk iemand anders wat in ‘n soortgelyke situasie is, kan help. Al is dit net om te sê: Sterkte. Ons weet hoe jy voel. Dis normaal dat jy so voel.

My broer was, nadat hy gif ingekry het, baie lank in ‘n koma. Eintlik was die verwagting dat hy sal leef, baie min. Sou hy leef, sou hy totaal verlam wees, want die gif wat hy ingekry het, het ‘n verlammende effek gehad. Daardie gesig wat ek gesien het in die hospitaal, die effek wat dit op my gehad het, is nie maklik om te beskryf nie. Hy was onherkenbaar opgeswel. Sy ooglede bokant sy oë was so groot soos golfballe. Sy lyf het so elke paar sekondes geruk. Ons kon nie aan hom raak nie, omdat die gevaar daar was dat onsself vergiftig sou word. Volgens wat aan my vertel het, het hy eintlik gesterf. Al sy organe het gaan staan en die dokters het ‘n nag deurgeworstel om hom aan die lewe te hou…

Toe, een dag, maak hy sy oë oop. Hy was só bly om ons te sien, en ja, hy was totaal verlam. Hy kon ook nie praat nie, en wou so graag praat! Hy het aanmekaar gepraat, en ons kon hom net nie verstaan nie. Daar is nie woorde wat daardie vreugde kan beskryf nie.

Ná ‘n baie lang tyd is hy uit intensiewe sorg geskuif na ‘n gewone saal, en een dag kry ek die nuus dat hy kan praat.

Dié dag bel ek hom toe, en toe hy antwoord, vra ek: “Is dit my oudste, oulikste, sterkste, dierbaarste,… broer?” “Ja, Wragtag”, antwoord hy.  Mense, wat toe in my hart aangegaan het, kan ek nie vir julle beskryf nie. Hy vertel my daardie dag oor die telefoon hoe hy en Rooi Hennie die vorige dag die winkels platgeloop het… en ek het saamgespeel en gesê as hulle vandag weer gaan moet hulle sommer kersgeskenke ook koop. 🙂

Hy het huis toe gekom, weer leer loop, fiets ry. Hy is ‘n paar jaar later oorlede, maar vir tóé het ek hom teruggekry! ‘n Terugkry wat ons hele lewe verander het.

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

9 Responses to Teruggekry

  1. scrapydotwo sê:

    Wow, dis nou n gevoelvolle beskrywing. Sonder om te oordryf het jy beslis n pragtige beskrywing gegee van afwagting, hoop en oorwinning. Dit is sulke belewenisse wat n mens se lewens so ryk maak.

    Like

  2. Kameel sê:

    Moes ‘n baie traumatiese tyd vir julle gewees het. Laat my dink aan Martha en Maria wat vir Lazarus teruggekry het uit die dood.

    Like

  3. Sparkle sê:

    Dit het my weer dadelik laat dink aan Hezekiah wie vir 15 jaar nog geleef het nadat die son 10 se skaduwee 10 trappe teruggegaan het.

    Ek kan my net indink hoe sy “comeback” ‘n indruk op julle lewens moes gemaak het.

    Like

  4. Olga sê:

    Soveel deursettingsvermoee. Hoe wonderlik,

    Like

  5. Sjoe – ongelooflike verhaal. En ja, ek glo dit gaan gepaard saam baie dinge …

    Like

  6. Terug pieng: Toorts se Toeka Tokkel oor paaie, “lost & found” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s