Stel jou voor!

Het julle al gehoor van die #Imagine Beweging? Ek is seker julle het. 🙂

Dis hierdie naweek die tweede jaar wat dit aangebied word.  Dis ‘n beweging van jong gelowiges (lees tieners) van regoor die land wat antwoord op God se roepstem. Dis ‘n beweging van predikante, jeugwerkers, organisasies, besighede, wat saam met die NG Kerk hande vat om die leiers van môre toe te rus om die kerk vorentoe te dra.

Hierdie naweek is daar op drie plekke in ons land groot kamp gehou: Bredasdorp, Jeffrey’s Baai en Malonjeni waar letterlik duisende opgewonde, begeesterde, tieners saam die Here loof, saam laf is, saam opgelei word.

#Imagine! Stel jou voor watter verskil hierdie kinders in ons land kan maak! Imagine watter verskil hulle in hulle dorpe, skole, klaskamers, gesinne, vriendekringe kan maak. Kan jy jou voorstel?

Net op Bredasdorp was ongeveer 3000 tieners, wat nog te sê van by die ander kampe? Loer bietjie hier vir video’s van verlede jaar se kampe.

Op Vrydag het die kinders in hulle massas opgedaag, moes geregistreer word, vervoer word tot waar hulle hulle tentjies sou opslaan…

       Daar is geëet, kos gemaak…

        Daar is gesing, gedans, gejuig, gelag, gespeel, gebid, getuig…

       

 Al wat ek kan sê, is: “Well Done” aan die organiseerders.

Groete

Toorts

 

Advertisements

10 thoughts on “Stel jou voor!

  1. In die laaste tyd begin ek huil wanneer ek jongmense die Here sien loof en prys. Die wêreld is in so ‘n haglike toestand, en tieners met ‘n hart vir God tussen al die gemors is die mooiste gesig.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s