Toorts se Toeka Tokkel oor erfstukke

My oupa-grootjie was ‘n uitstekende perdekenner. Sy dierekennis is steeds sigbaar in sekere van sy nasate… nie by my nie! Hy was ‘n perdebeoordelaar.

Die hoogte van ‘n perd word “per hand” gedoen. Soos ek verstaan, word sê hulle ‘n perd is soveel hande hoog, en, iewers het ek gelees, is ‘n “hand” gelykstaande aan 4 duim:  A “Hand” is a unit of measure equal to 4 inches, used to measure the height of a horse at the highest point of the withers. The number of whole hands is properly followed by a period, then the remaining height in inches.

‘n Perd word gemeet tot by sy skof. (Ek moet my taal nou mooi kies, want hierdie gedeelte is nie só bekend aan my nie.) Kyk, hier is ‘n webblad wat dit mooi verduidelik.

Ek wil julle van die JUTS vertel. En ja, een dag, lank lank gelede, hét ek foto’s van hom geneem, wat nou natuurlik weg is! Hierdie oupa-grootjie van my het ‘n juts gebruik om perde te meet as hy beoordeel. Hulle sê dat hy dit nie nodig gehad het nie, hy kon glo ‘n perd met sy blote oog reg skat!

Die juts lyk soos ‘n gewone kierie, maar in sy stok is daar ‘n maatstok, in “hand” en in duime afgemerk, waarmee die perd gemeet kon word. Die maatstokkie was in die kierie weggesteek, en wanneer nodig, is dit uitgehaal.

Hier is ‘n foto wat ek op die internet gekry het van ‘n juts.  Sien, die meetstok word so uit die kierie getrek, en dan is daar die armpie wat gelyk met die perd se skof kom op die korrekte hoogte te meet. Daar is ook ‘n waterpassie in om seker te maak dat die kierie reg staan. Die juts van my oupagrootjie se waterpas is nog in 100% werkende toestand.

Ek het dit destyds vir my pa gevra en by my gehou. Die oupagrootjie het geen naamgenote gehad nie. Die kleinseun wie destyds na hom vernoem was, het verdrink. Nou, ongeveer 100 jaar later, het my broer sy seun na hom vernoem, en toe het ek die juts vir hom gegee. (Oeps, ek het dit eintlik al vir een van my kinders belowe!)

Maar waar my foto’s is… nou ja…

Groete

Toorts

In opdrag van Scrapydo

By Pinterest sit ek al die landbou, boerdery, plaasfoto’s waaroor ek al geskryf het.

http://www.amazon.com/Fashioned-Horse-Measuring-Walking-Stick/dp/B0078SC7J4

14 thoughts on “Toorts se Toeka Tokkel oor erfstukke

  1. Oooo ek hou hiervan! Dis nou n besonderse erfstuk. Baie dankie vir die besonderse beskrywing en dan nog n voorbeeld ook.

    Like

  2. Interessante oupa-grootjie? Ja, ek het gehoor van die soveel hande hoog meet. Die JUTS was seker meer akkuraat. Toe ek die foto sien het ek gedink dis ‘n ‘lem’ vanuit die kierie teen beskerming.
    Interessant! Dankie.

    Like

  3. En daar leer ek ook nog iets by. Die woord Juts klink vir my soos ‘n stoere boer wat “Judge” probeer sê. 🙂 Het ek net vinnig na die foto gekyk sou ek ook gedink het dit is ‘n wapen.

    Like

  4. Nog nooit daarvan gehoor nie.Toe ek lees van juts,dog ek eers jou oupagrootjie was ‘n “judge” 😆
    Toe ek nou verder met aandag lees,besef ek eers wat dit is.Leer elke dag hier,dankie!

    Like

Gesels saam, asseblief!