Kommunikasie in die huwelik

Ons funksioneer nie almal op dieselfde manier nie. Vir die een is kommunikasie (praat) belangrik, vir die ander geskenke, of liggaamlike aanraking, of tyd wat ons saam spandeer.

Sommige mense wil ‘n ding uitpraat. By ander huwelike is ‘n goeie seks eers nodig en as jul mekaar gevind het, dán kan die ding uitgepraat word. Of ‘n lekker uiteet.

Na jare van getroud wees, kan ek met oortuiging sê dat huwelikspare soms stry, sonder dat hulle agterkom hulle stem eintlik saam nie. Die ding is dat ons almal bagasie uit die verlede saamdra. Bagasie waarvan die ander persoon dalk nie eers bewus is nie. Dan op ‘n dag vra liefie dalk ‘n heel onskuldige vraag, maar hartjie ruk homself/haarself totaal op, omdat dit oor iets sensitiefs is en hy/sy reageer so as gevolg van die bagasie wat hy/sy saamdra.

Kommunikasie is uiters belangrik. Hoe gaan ons mekaar dan anders verstaan? Dis belangrik om mekaar te leer ken, en veral te verstaan hoekom jou maat sensitief is vir sekere dinge.

Verder MOET probleme uitgesorteer word. Dis die onuitgesorteerde probleme wat keer op keer weer op die tafel verskyn… ou koeie… maar as die ou koeie nie uitgesorteer is nie, gáán hul bly kom. As ‘n ding wel uitgesorteer is… LOS DIT DAN UIT! Dis KLAAR. Uitgesorteer.

Ek moes baie in my lewe sê: Ek is aan JOU kant. Ek wil juis hê dit moet werk. Maar ek verstaan dit nou nie lekker nie. Verduidelik vir my hoekom jy so sê of doen… Ek vra nie die vrae om jou in ‘n hoek te dryf nie, ek vra dit omdat ek beter wil verstaan. Dalk kan ek help met die ding. Ek het jou lief. Ek wil jou help.

Soms is dit nodig om net stil te bly, te gaan dink daaroor en dalk ‘n ander manier van benadering te probeer. Soms moet ons dalk die byt, of sarkasme of frons uit ons stem haal.

Maar soms is dit ook nodig om deur te druk. In jouself te glo. Selfs dalk ‘n grens te stel. En vas te staan by die grens. Iets soos: “Ek gaan nie weer hieroor praat nie. Ek gaan hierdie manier van behandeling nie verder duld nie. As dit weer gebeur, gaan ek met iemand hieroor praat.” … en dan moet jy nie net belowe nie.

Onthou dis ‘n ding van gee en neem. Nie net ALTYD MY MANIER NIE. Soms gee ons toe, ander kere gee die maat toe… gewoonlik gee ons albei ‘n bietjie toe en kom sodoende nader aan mekaar.

Die huwelik is die moeite werd om voor te werk. Dis die moeite werd om voor te BID.

Sterkte

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

5 Responses to Kommunikasie in die huwelik

  1. scrapydotwo sê:

    Nie twee mense is dieselfde nie, so ook met die huwelik. Skuur en blinkvryf weer skuur en poleer aan die mooi plekkie sodat dit groter en mooier word. Ek het n mooi verduideliking hoe n mens of mense soos n Paua skulp is.

    Liked by 1 person

  2. Is waar. Ons is soms produkte van ons verlede, en reageer daarvolgens vanhuit ons innerlike. Jou stukkie bevat kosbare wyshede en liefde vir jou lewensmaat.

    Ek dink ons dames moet ook meer ons lippe toezip. Spreuke praat juis van ‘ ‘n druppende kraan ‘ vrou.

    Like

  3. Jy raak baie waarhede kwyt.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s