Die Oukas

Scrapydo se toeka-tokkel: Erfstukke

Daar is IMG-20150408-WA0005_resizedniks aan my familie se kant wat ek as erfstuk kan beskou nie.  Die plaas in destydse Betsjoeanaland is verkoop met meubels en al.  My ousus het wel my oupa se riempiestoel, maar hoe sy daaraan gekom het weet ek nie.

Die oukas soos ons hom noem, het aan Ken se oupa behoort.  Dit het vir hom mooi herinneringe.  Wanneer die seuns met hule fietse by oupa langs gegaan het, het hulle gemmerbier en Tennisbeskuitjies – wat in die oukas gebêre was – gekry.

Ek het al vertel van die tyd toe Ken besig was om die oukas te restoureer, en hoe die oukas sy pragtige kroon verloor het.  In kort: die tuinman wou die kinders se swaai regmaak.  Hy vra hout, en verstaan my verkeerd toe ek vir hom sê hy kan hout in die motorhuis vat, maar moet net NIE die hout – bedoelende die uitgekerfte kroon van die oukas – gebruik nie.  Toe hy my kom roep om sy werk te inspekteer, daar pryk die kinders se swaai met die pragtige uitgekerfte hout, in stukke opgesaag.  Ja!!! Ken was baie ongelukkig.

Kroon of te nie, die oukas blyk almal se gunsteling te wees.  Die dag toe ons die kinders bel om te sê ons gaan van ons meubels ontslae raak, en of daar iets is wat hulle wil hê, was almal se antwoord “die oukas.”  Groot was hulle teleurstelling toe hulle hoor die oukas trek saam met ons stad toe.  En natuurlik wil elkeen hom erf.

Laat my dink aan die twee vrouens wat voor Salomo gestaan het met die een baba wat elkeen sê behoort aan haar.  Die een wat nie wou hê die baba moet middeldeur gesaag word nie blyk toe die regte ma te wees.  Miskien word die oukas se lot eendag so bepaal.

Wat van die oukas na ons dood gaan word weet ek nie, maar ek is bly Ken het as seuntjie gesê hy wil eendag die oukas erf.  Dit is so asof die kas ‘n lewe van sy eie het, en ons lewens verryk het deur tussen ons te kom bly.

.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

22 Responses to Die Oukas

  1. HesterLeyNel sê:

    Dis baie mooi. Almal sê altyd mens moenie so vasklou aan ou bagasie nie, maar dit maak darem die lewe ryker.

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Dis darem tog lekker om so n ietsie uit die verlede te hê. Mens kan lekker terugdink aan daardie dae toe……….. wat was. Dankie vir deelname aan Toeka-Tokkel. Lyk my net jy het n erfstuk om oor te gesels.(vermoed almal was ook maar besig met Paasfees , lang naweek, vakansie en wat ook al nog!)

    Like

  3. seegogga sê:

    darie mooi uitgekerfde deurtjjies!

    Like

    • Kameel sê:

      So mooi was die kroon ook uitgekerf. Het met so ‘n punt geloop. Die kas het baie van sy karakter daardeur verloor…. maar wat, kroon of nie kroon nie ons is lief vir die oukas.

      Liked by 1 person

  4. Toortsie sê:

    Regtig ‘n pragtige kas.

    Like

  5. Sparkle sê:

    Nou dat ek agter die ore begin droog raak, waardeer ek houtmeubles baie meer. Ek hou baie van die houtskortings (as dit is wat mens dit noem) aan weerskante van die speel en die “dakkie” heel bo. Dit laat my dink aan ‘n hemelbed.

    Die kleur van die hout is ook baie mooi.

    Like

    • Kameel sê:

      Sparkle jy het nou sopas ‘n glimlag op my gesig gesit. As ek nou na die oukas sonder sy kroon kyk sal ek dink dit lyk soos ‘n hemelbed. Bo-op daardie dakkie was daar ‘n uitgekerfte kroon wat met so ‘n punt geloop het…. te pragtig. Toe die kas sy kroon verloor het…. het hy baie van sy karakter verloor.

      Like

  6. Terug pieng: Toeka- Tokkel 16: INRY-TEATER | scrapydotwo

  7. Jinne – watter skade op sulke mooi hout op te sny vir ‘n swaai.
    Die oukas is besonders. Gin wonder almal soek na hom. Klink of hier erf-moeilikheid kom.

    Like

    • Kameel sê:

      Sjoe ek sal maar eerder nie sê hoe omgekrap Ken was nie. Die kinders het darem ‘n pragtige swaai gehad. Ek dink die veiligste gaan wees om te sê ons oudste seun erf die kas.

      Liked by 1 person

  8. Ek is seker die kas het ‘n spesiale reuk.My ma se laaikassie wat ek gekry het,ruik soos sy.Dit laat my altyd verlang na haar.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s