Katryn

Hoe het ek vergeet om vir julle te vertel van Katryn, vrou van die Richtersveld?

 ‘n Ongelooflike boek deur Jan Huyshamen. Die boek was verwerk as ‘n radiodrama op RSG en was só fantasties vertolk, ek kon nie anders as om die boek vir my te koop nie.

Katryn word aangekla van ‘n moord. Sy is nie op haar mond geval nie en sê dinge soos dit is en soos wat sy dit sien.Dit bring haar natuurlik in groter moeilikheid as wat sy reeds is.  Sy verpes die vermoorde en maak geen geheim daarvan nie.

Alles dui daarop dat dit sy moet wees wie die moord gepleeg het. Sy het die motief, die bewysstukke was daar… maar is dit sy?

Katryn, ‘n Nama-vrou, besluit om haarself te verdedig in die moordsaak omdat sy nie die man vertrou wie haar moet verteenwoordig nie. Sy staan haar man (vrou) uitstekend en maak die regter meermale moedeloos.

Sy beskik ook oor ‘n besonderse gawe…

‘n Moet-lees, selfs al het jy die radiodrama gehoor.

Groete

Toorts

Loer by Pinterest na die ander boeke wat ek alreeds bespreek het.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

7 Responses to Katryn

  1. scrapydotwo sê:

    Klink goed. Het Karretjiemense baie geniet. Lees nou Eugene Terre’Blache deur Amos vd Merwe. Nogal insiggewend. Amper klaar gelees.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Nou het jy my lusgemaak om dit te lees!

    Like

  3. Klink na ‘n diep storie …

    Like

  4. Ek het daarna geluister as ek betyds by die skool kon ry. Ek het dit aangrypend gevind en gedink dat die skrywer hom uiters goed van sy taak gekwyt. Sal dit ook graag wil lees.

    Like

  5. Ek het die boek baie geniet!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s