Ek het julle eintlik mos die storie van die Askieskombersie vertel. Dis die deurmekaar kombersie waarmee ‘n klomp persone leer hekel het, ‘n kombersie met geen struktuur of orde nie, waar als verskillend is. Seker die lekkerste ding wat ek in my lewe nog gemaak het. 🙂 Dit was só bevrydend, juis omdat ek al die reëls wat ek ken, wat ek my hele lewe navolg rondom naaldwerk, verbreek het. Die reaksie van die mense wat dit sien, was beloning genoeg. Party kon hul skok en afgryse nie wegsteek nie, tog was daar ook mense wat opreg sê: Hulle hou daarvan.
Hierdie askieskombersie het met tyd gegroei, want dan is hy te kort en word hy sommer weer “aangehekel”, of as ‘n naat lostrek, word dit sommer vasgehekel. 🙂
Die grootte is so van my ken tot by my voete, ideaal om by die TV te gebruik, en ja, hy is heerlik warm.
Toe Askies toe klaar is, het ek die moed van ‘n leeu. Daar was nog oorskietwol, en ek gaan koop toe doelbewus wolle wat beslis nie volgens die kleurwiel by die ander pas nie. Uit my wollekas het ek ook al die oorskietbolletjies wolle gehaal. Bontverskrik! Dís die woord. Aspris.
So, saans as ek TV kyk, of as ek saam met my man rondry, hou ek my besig met die Aspriskombersie. Vir die eerste keer in my lewe kan ek my besig hou met so iets, hoef ek nie voor die naaimasjien te sit en broodnodige klere vir my of my kinders te maak nie. Ek dink dís hoekom ek so heeltemal laf raak! 😯
Nou is Aspris ook klaar, en hopelik is ek nou genees van my behoefte aan bont…
Of ek oor my bontverskrikking is? Dit sal ons maar moet sien. Maar dink net hoeveel mooi, ordelike goed kon ek in hierdie tyd gemaak het! 😯
Groetnis
Ou Bonte Toorts 🙂
Bont, kleurvol, gelukkig!
En ja, ek het al BAIE mooi goed in my lewe gemaak. Lelikes ook. 🙂
Sal die volgende een dalk … ASTRANT … wees?
Dis die lekkerste lekker om so n aspris-kombers te maak. Ek het ook sulkes wat al opgebruik is en as hondekombers diens gedoen het voordat dit nie meer gebruik kan word nie. Die heerlikste is natuurlik die kleure! Jy maak jou oë toe en vat volgende kleur. Gn ge mik van sal dit pas of nie. Dit herinner my aan Josef se kleurvolle jas. Pragtig hoor!
LikeLiked by 1 person
Ek hou meer van “Aspris”. Ek bewonder enigeen wat motiewe hekel, ek vorder net tot 4 dan werk dit nie eens vir ‘n skiknbord nie.
LikeLike
Hou net aan…
LikeLike
Ek bewonder enigeen wat kan hekel! Punt. Ek hou van die bonte kombersies – dit lyk soos my breingolf-patrone, deurmekaar miskien, maar darem nog stewig vasgehekel … dink ek 😛
LikeLiked by 1 person
Dankie. Beslis stewig. 🙂
LikeLike
Dis lekker om te maak nes jy lus het.Ons lewe so in boksies,dat mens maar regtig soms kan uitbreek.Ek is dol oor die kleure!
LikeLiked by 1 person
Ag en as die uitbreek niemand skade doen nie… hoekom nie? 🙂
LikeLiked by 1 person
As ek kon terugkom aarde toe en vir my een talent kon kies, dan sou dit handvaardigheid wees (= briljante naald-, hekel- en breiwerk). Soos dit is, sou enige kombersie wat ek probeer, “Aitoggietogsjym” moes heet. Jou kombersies lyk soooo mooi!
LikeLiked by 1 person
Aitoggietogsjym! Dalk moet ek so een probeer.
LikeLiked by 1 person
Ek glo nie jy sal daai een oor jou hekelhart kan kry nie.
LikeLike
Jy steek my mos nou aan om dieselfde te doen!
LikeLike
Aspris en askies is asemrowend! Jy is n kunstenaar. En jy bewys sommer wat ek lankal se: alle kleure pas bymekaar .
LikeLike
Oulik! Mal oor die ligte pienk rosie wat soos ‘n puisie uitstaan! Hou daarvan. So ‘n kombersie bly maar special.
LikeLike
Pragtig! Ek het voorlaasjaar een begin, en die is nou al (net) 40 blokkies groot. Die winter moes ek ander dinge doen, maar die volgende kom weer 😉
Sien uit na jou volgende kombers – dis erfstukke!
LikeLike
Nou is ek spyt ek het nooit dat my ouma my leer hekel nie 😦 Welgedaan Toorts!!
LikeLike
Nooit te laat om te leer. Dis die maklikste ding op aarde
LikeLiked by 1 person
Daar’s absoluut niks fout met daai bersies nie! Dit lyk baie mooi.
LikeLike
Dankie
LikeLike