Dieselfde vraag…

Elke jaar met Paasnaweek vra ek vir ons werkers: “Hoekom hou ons Paasfees?”
Tradisioneel was Paasfees en Nuwejaar groot dae vir ons plaaswerkers. Nie groot dae, Groot Dae. Kersfees ingesluit.
Ek vra toe weer Donderdagoggend my ou vraag. “Hoekom hou ons Paasfees?” Ons lees darem nou al vir meer as twee jaar elke dag ‘n stukkie Bybel, meestal uit die Evangelies, omdat ek so graag wil hê hul moet die storie van Jesus ken. As jy hul gebede hoor, of met hul praat, hoor jy dat hul gelowig is.
Die een waag eerste: “Dis wanneer Jesus gebore is.” Toe probeer die volgende een: “Dis toe Hy opgevaar het na die Hemel.”
Nommer drie weet nie.
Dís my bekommernis. Hoeveel van ons wat erkende Christene is, wat steeds nie die waarde van Paasfees besef nie? Wat steeds nie die sleg en pyn wat Jesus moes verduur, besef nie en nie die wonder van Sy opstanding besef en aanvaar nie. Het ons te gemaklik hieroor geraak?
Iemand beweer in ‘n Christelike tydskrif wat ek by iemand sien rondlê dat Paasfees eintlik van ‘n heidense fees afkom, dat van die tradisionele gebruike wat ons tydens Paasfees het, heidense gebruike is. Ek hoor daardie gromminge ook rondom Kersfees. Oor Kersfees besef ek dat ons dalk die datum verkeerd mag hê, maar ongeag die datum, ongeag of daar op daardie dag ‘n
heidense fees is, ek vier dit omdat ek bly is my Jesus, my Redder, is gebore, en ek vier dit om aan Hom eer te bring. God ken my hart.
Maar Paasfees. Dit kom al uit die Ou Testament dat dit oor ‘n sekere naweek, ek dink dis die naweek ná die vierde volmaan, dat Paasfees gevier is en wat daar sekere geloofsdinge gebeur het.
Maar wat op Paasnaweek in Jerusalem gebeur het die jaar wat Jesus gekruisig is, kan niemand wegredeneer nie. Dit het werklik gebeur. Daar was net té veel mense wat dit gesien het, wat die kruisiging gesien het, maar ook die Opgestane Jesus. Net omdat iemand dit nie glo nie, beteken nie dat dit NIE gebeur het nie. Dit hét gebeur, ongeag
wat ons glo.
Daarom, al is daar 600 heidense feeste ook in hierdie tyd, ek gee nie om nie, maar ek vier fees omdat Jesus opgestaan het. Hy leef! En omdat Hy leef, kan ek leef, mag ek leef, selfs al is my liggaam later dood.
En omdat dit vir my wonderlik is dat Hy leef, is dit vir my belangrik om dit saam met my kinders te geniet. Ons doen goed wat niks met Ware Paasfees te doen het, soos die eet van paaseiers en paashasies, sommer net omdat dit iets is wat ons met Paasfees, die fees van alle tye, assosieer.
Mag jy wat hier lees, ook ware Paasvreugde ervaar. Mag jy die vreugde van Jesus se opstanding ervaar. Mag jy die Ewige Lewe nou reeds beleef.
Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Dieselfde vraag…

  1. scrapydotwo sê:

    Dankie vir die pragtige skrywe. Ek stem volkome saam met jou. Dit gaan oor Jesus en nie oor paaseiers nie. Dit is Heilig vir ons wat glo.

    Like

  2. Kameel sê:

    Dankie Toorts. Ja, Hy het opgestaan en Hy lewe!!! Prys Sy Heilige Naam.

    Like

  3. Die graf is leeg… Hy het opgestaan

    Like

  4. Amen! Pragtig geskryf Toorts. En mag ons nooit hierdie gebeurtenis vergeet …

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s