Banting Aspersietert

Met die basiese souttertresep wat ‘n rukkie terug op Faceboek gedwaal het, tesame met hierdie ham-en-aspersietert wat ek op Pinterest raakgeloop het, maar wat nie regtig Banting vriendelik is nie, het ek hierdie tert saamgeflans:

20150327_131019[1]‘n Klein potjie ingelegde aspersies (330g) of as jy vars aspersies het, sal dit heerlik wees. Sny die aspersies in stukkies en gooi dit onder in ‘n tertbord. Vars aspersies moet seker so vir ‘n oomblik in kookwater kook dat dit gaar, maar nie pap, is nie.

Sowat ¾ blokkie bloukaas, in stukkies gesny. Strooi dit oor die aspersies.

Braai 1 pakkie spek (bacon) en 2 gekapte uie tot bruin. ‘n Knoffelhuisie kan ook werk. Wanneer gaar, word dit ook in die tertbord geskep, bo-op die aspersies en bloukaas.

As jy vars pietersielie het, snipper so twee takkies en strooi oor.

Rasper cheddar kaas of die kaas van jou keuse bo-oor.

Klits 7 eiers en ongeveer ‘n halwe koppie melk en gooi oor.

Werk versigtig met die vurk sodat die eier/melk mengsel tot onder in die tertbord gaan.

Bak by 180º tot gaar.

Groetnis

Toorts

Wees versigtig met sout, die bloukaas, bacon en kaas bevat reeds baie sout. Moenie nog bygooi nie.

Loer gerus by my Pinterest vir skakels na ander Banting resepte. Op ons faceboekblad sit ek skakels na enige oulike bloginskrywings wat ek raakloop.

BESTEL TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOSBOEK HIER!

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Ons hou troue!

Toortsie op Pinterest

Engelse voorblad voorblad 001

12 thoughts on “Banting Aspersietert

    1. Enige kaas van jou keuse. Bloukaas gee nogals ‘n besondere geur. Is ‘n “ryk” geur die regte woord? Ek het selfs al by my gebakte eier gegooi. Dis net ‘n spesiale smaak.

      Like

Gesels saam, asseblief!