Banting Aspersietert

Met die basiese souttertresep wat ‘n rukkie terug op Faceboek gedwaal het, tesame met hierdie ham-en-aspersietert wat ek op Pinterest raakgeloop het, maar wat nie regtig Banting vriendelik is nie, het ek hierdie tert saamgeflans:

20150327_131019[1]‘n Klein potjie ingelegde aspersies (330g) of as jy vars aspersies het, sal dit heerlik wees. Sny die aspersies in stukkies en gooi dit onder in ‘n tertbord. Vars aspersies moet seker so vir ‘n oomblik in kookwater kook dat dit gaar, maar nie pap, is nie.

Sowat ¾ blokkie bloukaas, in stukkies gesny. Strooi dit oor die aspersies.

Braai 1 pakkie spek (bacon) en 2 gekapte uie tot bruin. ‘n Knoffelhuisie kan ook werk. Wanneer gaar, word dit ook in die tertbord geskep, bo-op die aspersies en bloukaas.

As jy vars pietersielie het, snipper so twee takkies en strooi oor.

Rasper cheddar kaas of die kaas van jou keuse bo-oor.

Klits 7 eiers en ongeveer ‘n halwe koppie melk en gooi oor.

Werk versigtig met die vurk sodat die eier/melk mengsel tot onder in die tertbord gaan.

Bak by 180º tot gaar.

Groetnis

Toorts

Wees versigtig met sout, die bloukaas, bacon en kaas bevat reeds baie sout. Moenie nog bygooi nie.

Loer gerus by my Pinterest vir skakels na ander Banting resepte. Op ons faceboekblad sit ek skakels na enige oulike bloginskrywings wat ek raakloop.

BESTEL TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOSBOEK HIER!

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Ons hou troue!

Toortsie op Pinterest

Engelse voorblad voorblad 001

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Banting Aspersietert

  1. Sparkle sê:

    Dit saam met ‘n groenslaai sal mos heerlik smaak. As ek die dag vars aspersies by ons markie sien gaan ek hierdie resep op die proef stel. Dankie Toors!

    Like

  2. Ek wil ook hê. 😉

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Behalwe vir die bloukaas, klink dit baie lekker 😉

    Like

    • Toortsie sê:

      Enige kaas van jou keuse. Bloukaas gee nogals ‘n besondere geur. Is ‘n “ryk” geur die regte woord? Ek het selfs al by my gebakte eier gegooi. Dis net ‘n spesiale smaak.

      Like

  4. Oi, nou is ek honger verby!

    Like

  5. Spokie sny spoor sê:

    Aijai – hier sit ek by die werk en is nou skielik vrekhonger! Die foto lyk heerlik.

    Like

  6. Terug pieng: Dieselfde tema met baie variasies… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s