Die impak van verandering op ons huwelik

Nadat ek die skokkende syfer van 50 uit 52 huwelike wat in die skeihof beland, gehoor het, hardloop my ou verstandjie nou weer volstoom net hierom. Dalk is die syfer nie reg nie, maar wat waar is is dat huwelike in SA, en ook wêreldwyd in gevaar is.  Dis ‘n uiterste poging van die duiwel om gesinne uit mekaar te skeur, sodat mense ontwrig word, en kinders in onstabiele huise moet grootword.

Wanneer ons trou is alles net maanskyn en rose, ons gee vir mekaar om, ons gee aandag aan mekaar. Ons spandeer tyd aan mekaar. Of is dit nou vóór ons trou, in die “jag” fase, en wanneer ons trou, het ons mos die trofee gekry. Ons het nou mekaar, nou moet ons weer begin aandag gee aan ons werk en ander belangstellings.

In die proses begin ons mekaar afskeep.

Intussen kom daar nog veranderinge. Ons trek dalk in ‘n groter huis in, wat weer nuwe spanning bring: Daar moet meubels gekoop word en daar is nie geld nie. Die skoonmaak en onderhoud van die huis is meer werk…

Dan kom die kinders. Wonderlike geskenke van God, maar hulle verg aandag en geld. Die druk raak meer, die tyd raak minder. Mamma is moeg. Pappa voel afgeskeep.

So kan ek aangaan. Later gaan die kinders een vir een uit die huis uit. Wonderlik! En mamma sit met leënessindroom…

Ons wil dit mos hê, maar met elke verandering is daar nuwe aanpassings wat gemaak moet word.

En dis by die aanpassings waar die probleme dalk kom. Hoekom is dit altyd ék wat moet aanpas? Maar ek besef nie dat my maat ook aanpassings het om te maak nie.

In ons eie omstandighede het daar veranderinge gekom die afgelope paar jaar. Veranderinge wat aanpassings geverg het. Genadiglik is dit in ons vermoë dat ek agter my man aan kan piekel, dat ek my werk kan inpak en saam met hom gaan. Dit was ‘n GROOT aanpassing vir my. Maar nie net vir my nie, vir hom ook! Skielik het hy ‘n (nog meer) befoeterde vrou. Skielik, met die vrou wat saam pendel, is die huishouding ook nie meer wat dit altyd was nie. Soms pendel hy maar bedags en kom saans huis toe wat ‘n nog groter druk op hom plaas. Maar ons moes dink: Watter veranderinge kan ekself aan die omstandighede doen, wat kan ons doen om tog nog by mekaar uit te kom, sodat ons huwelik kan bly staan.

Soms is dit ook nodig dat ons grense stel.

Want sien, op die ou end is ons huwelik belangriker as ons. Ons, en ons huwelik wil graag heel anderkant uitkom.

Soos die aanbieder by die heel eerste huweliksverrykingskamp wat ons 25 jaar gelede bygewoon het, gesê het: Dink wat kan EK doen om te verander, nie so veel wat die ander persoon kan doen nie.

Sterkte!

Toorts

10 thoughts on “Die impak van verandering op ons huwelik

  1. Ons huwelik is die plek waar satan sy aanvalle loots. Ongenadiglik, sonder ophou…. as ek oor die pad terugkyk weet ek dit was net geloof, vasbyt en baie harde werk wat ons tot hier gebring het.

    Liked by 1 person

  2. Die belangrikste is kommunikasie. As mens bie rerig meer gesels of praat nie is die moeilikheid sommer hier by jou. Daar moet gedurig geskuur, gepas en ingepas word.

    Liked by 1 person

  3. Ja Toorts, huwelike is in toestande. As meer soos jy voel en besef dat jou lewensmaat ook maar aanpassings moet maak, kan hul dinge saam uitwerk. Jy gee baie goeie raad.

    By die huweliksverrykingskampe is ek gewoonlik verras om te sien hoe die hele gehoor soms opstaan, en probleme ondervind.

    Ons glo aan wedersydse onderdanigheid. Party vrouens maak egter nekkie styf as hul die woord ‘onderdanigheid’ hoor, maar kom soek tog naarstigtelik oplossing vir hul huweliksprobleme.!

    Onderdanigheid word soms so verkeerd verstaan! Die vrou is onderdanig en die man offer sy liefde en lewe aan sy vrou. Net soos Jesus sy lewe geoffer het vir Sy kerk. Mooi stukkie..

    Like

    1. Ek en my man is regtig gelyk. Maar ook, soos jy sê, wedersyds onderdanig. Soms maak ek ‘n besluit, soms hy, en die ander een val daarby in. Baie keer voel ek dat ek hom, omdat hy die hoof van die huis is, moet respekteer en vertrou.

      Liked by 1 person

      1. Hiehie – my vriendin dink ook enkelskap is veiliger. Ek praat weer met jou as daardie Hunk sy voete onder jou uitslaan. Dan vergeet jy van alle vooropgestelde idees.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na Xena Phoenix Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s