Toorts se Toeka Tokkel oor Geloof/Bygeloof

Oor my geloof hoef ek niks te sê nie. Ek glo dié wie gereeld hier lees, weet presies waar ek staan en wat ek glo.

Maar oor bygelofies… dis natuurlik ‘n ander saak!

Ja, al is ek hoé gelowig, het ek ook in ‘n era grootgeword waar bygeloof tog ‘n invloed gehad het, selfs al weet ons dis nonsens.  Ek dink ek het die meeste van hulle afgesweer, maar tog is dit daar…

Naby ons koshuis was daar ‘n ou begraafplaas. Ons moes daar verbyloop as ons dorp toe is of skool toe. Die pad het daarlangs geloop.  Daar was ‘n draad om en ons het nooit deur die begraafplaas geloop nie, wel om hom. Bedags was daar geen probleem nie, maar saans was ons maar grillerig. Ek dink so ‘n klomp koshuiskinders kan mekaar maar lelik bang praat! 🙂 Intussen is die grafte geskuif en het dit ‘n pragtige parkie geword, grasperk en klimrame en swaaie… Daar is nie ‘n manier wat ek met my kleinkinders daar sal gaan speel nie. Nou kyk mooi, ek het dit nou gesê, binnekort kerm hulle dat hulle juis dáár sal wil gaan speel… kom ouma! 😯 My eie kinders was ook in daardie koshuis, maar ná die begraafplaas verwyder is. Hulle loop tog te maklik oor die parkie.

So in die koshuis het ons altyd die aand voor die skool sluit, ‘n middernagfees gehou, en dit was dán wat die spookstories en spoke ook hoog geloop het. 🙂

Hierdie is sommer bygelofies wat niks beteken nie. Ons kan in die geloof ook bygelowe hê, deur dinge te glo wat nie waar is nie, of om verkeerde rede dinge te doen.

In tye waarin alles bevraagteken word, is dit baie nodig dat ‘n mens ‘n bietjie oordink oor hóékom jy ‘n ding doen. Daar is byvoorbeeld sekere goed wat ek steeds nie graag op ‘n Sondag doen nie. Hoekom nie? Is dit dan Sonde om naaldwerk op ‘n Sondag te doen? Dis hoe ons geleer is, maar dis nie waar nie. Dis bygeloof dat jy met die naald in die Here se oë steek, al sien ek regtig daardie oë as ek net dink daaraan om dit te doen.

Hoekom doen ek dan nie sekere goed op ‘n Sondag nie? Dit gaan my tog nie in die Hemel bring deur dit nie te doen nie? Die rede is dat dit is soos ‘n VAS. Dis my KEUSE. Ek doen dinge op ‘n Sondag anders omdat ek die dag respekteer. Daarmee sê ek nie dis verkeerd om sekere goed op ‘n Sondag te doen nie, en ek veroordeel ook nie iemand wat so iets sou doen nie, maar dis MY keuse. En dan, glo ek, is dit nie uit afgodery nie, maar omdat ek God respekteer.

Wanneer is iets Geloof? Wanneer is dit ‘n Afgod?

In opdrag van Scrapydo.

Groete

Toorts

Ns Ek plaas interessante bloginskrywings wat ek raakloop, op ons faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

13 Responses to Toorts se Toeka Tokkel oor Geloof/Bygeloof

  1. scrapydotwo sê:

    Baie dankie vir die wyse waarop jy die saak stel en ook die deelname. Baie gaan steeds oor hoe jy groot geword het. Sekere dinge soos die Sondag wat n rusdag is is belangrik. Lewensomstandighede het verander met die gejaag na voorspoed en tog is dit belangrik om innerlike gees ook in ag te neem(dit voel of ek nie woorde het om my uit te druk nie-verskoon asb)

    Like

  2. Kameel sê:

    Die nuwe geslag het nie dieselfde respek vir ‘n Sondag as ons nie. Dit is net nog ‘n dag vir inkopies, fliek ens. Dit voel soos ‘n naald in my oog as ek al hierdie dinge gade slaan.
    Ek sien jy gaan nog in die begraafplaasparkie kindertjies swaai 🙂

    Like

  3. Spokie sny spoor sê:

    Hiehiehie – so wat sê jy nou eintlik oor die begrafplaas, Toorts? Is dit geskuif maar die gebeentes onder die grond het gebly? Vandag is begrafplase interessante plekke om te besoek.

    Die Sondag-storie bly ‘n interessante onderwerp. Rusdag? Nee, nie vir my. Soms moet ek jaag na ‘n ander dorp om daar betyds te wees vir kerk. Dan is dit amper erger vir my as ‘n gewone werksdag. So ja, wat is reg en wat is verkeerd? Waar trek ons streep?

    Ekself glo dat ‘n mens moet rus iewers, glo dat God dit so ingestel het. Die liggaam, siel en gees het dit nodig.Dink net aan die outydse boere wat selfs die sewende jaar lande vir ‘n volle jaar laat rus het. Daar is verseker ‘n ander Hoër doel .

    Oulik en interessant geskryf.

    Like

  4. Lekker gelees soos gewoonlik

    Like

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel 14: BOEKE | scrapydotwo

  6. Sparkle sê:

    Somtyds verlang ek na my kinder Sondae waar ons altyd na kerk ‘n behoorlike middagete geniet en dan gaan slaap het.

    Nou is dit heentemal anders. Daar is altyd goeters wat alreeds weke le en wag om gedoen te word en so eet mens maar die olifant stukkie vir stukkie op. Rus en stiltetyd is baie belangrik. Ek dink dis iets waarvan baie mense minder en minder kry.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s