Scrapydo se toeka-tokkel: Geloof/bygeloof.

Die spieël val uit my hand, en breek in stukkies op die vloer. Stemme uit my kindertyd fluister; “Jy het sopas jou geluk gebreek, sewe ongelukkige jare lê voor jou deur.” Ek skud my kop; “oumensstories,” mompel ek, maar ‘n onrustige gevoel kom lê op my hart. Sou ek hierdie bygeloof omhels, beteken dit ek maak dit myne, en stem saam dat daar vir my sewe ongelukkige jare voorlê. Dit is so goed ek gee die sleutels van my huis vir ‘n dief, en nooi hom om homself te help. Net daar draai ek die bygeloof nekom.
Ek vra myself; “Hoe kon my voorouers met hulle liefde vir God en Sy Woord, plek gemaak het vir al hierdie bygelowe?” Wie het besluit as jy ‘n spieël breek, of jy loop onderdeur ‘n leer, of ‘n swart kat loop oor jou pad, beteken dit ongelukkigheid. Sou ek my kombuisvloer in die aand uitvee – en ek vee die vuilgoed by die agterdeur uit – het ek sopas my huislike geluk uitgevee. Rêgtig? Wie het so besluit.
Die woord vuilgoed het my nou aan ‘n insident laat dink; dit het niks met bygeloof te doen nie maar die prentjie van Ken wat ek by die agterdeur uitvee, was nou so duidelik dat ek dit sommer met julle deel. Ken kom een oggend van die werk af, net toe hy oor my buk om my te soen, stop die vuilgoedtrok voor in die straat. Deur die slaap mompel ek; “Die vuilgoed is hier.” “O, baie dankie,” sê hy, “nou weet ek presies wat jy van my dink.”
Terug na bygelowe, en meer. Iemand kon jou laat toor as hulle van jou hare of naels in die hande kry. Blykbaar was daar mense wat hulle griewe op diè manier uitsorteer het. My ma het vertel van ‘n vriendin uit haar jongmeisiedae wie ‘n sweer in haar sy ontwikkel het. Die sweer het al groter geword, en so gestink dat niemand naby haar kon kom nie. Geen medisyne wou help nie, en na heelwat lyding is ‘n toordokter laat kom om te sien of sy nie miskien getoor is nie. En ja, daar begrawe in die sand onder die voordeurtrappie ontdek hulle ‘n sakkie met o.a van haar hare en naels in. Soos die storie loop het sy ‘n kêrel gehad waarop ‘n ander meisie dolverlief was. Sy het hom probeer afvry, maar toe sy dit nie kon regkry nie, toordokter toe gegaan vir hulp. Die stinkende sweer was die gevolg. Die sakkie is verwyder, die sweer het gesond geword, maar ek het nooit gehoor of die kêrel weer teruggekom het nie.
Voeg by hierdie heksebrouery van bygelowe, toordery, goëlery, waarsêery, nog ‘n goeie dosis spookstories, en jy het ‘n goeie begrip van ons kinderdae.
Die vuilgoed by die agterdeur uitvee, dis die eerste keer dat ek daarvan hoor.
Ek moet saam met jou stem, sodra mens ‘n bygeloof jou eie maak sit dit in jou kop vas en mens kyk sommer uit vir die res. Soos daai ongeluk wat in driee gebeur.
Dan praat ons nie eers van boererate nie! 😉
LikeLike
Yep, sou jy in die aand jou kombuisvloer uitvee, moes jy die vuilgoed in ‘n hoekie van die kombuis los tot die volgende oggend. Daglig het blykbaar nie ‘n invloed op die huwelik gehad nie 😉
En dan nog al daardie boererate!!! Ons is met knoffel aan ‘n tou om jou nek skooltoe in die winter. Vir die bors 😯
LikeLike
Vandag is die vampiergier mos weer terug en hip. Ek dink nie daai sou goed afgegaan het onder die maters nie!
LikeLike
Neeeeee, gelukkig is ons vampiere gespaar!!!
LikeLike
Deesdae is dit TV-rillers soos ‘The Living Dead’ – gruwelik verby!
LikeLike
Dan is dit maar goed ons het nie ‘n ‘werkende’ tv nie. Was nog nooit lief vir rillers nie, gee my nagmerries.
LikeLike
Nou het ek lekker gelees van al daardie ou bygelowe wat ek vergeet het. Die spieël, swart kat, was voor in die ry. Ek sien toe die twee weke wat die Japanese student hier was het sy die groot staan spieël muur toe gedraai en die klain spieëltjie plat op kas neergelê. Daardie naels en hare is ook baie bekend. Baie dankie vir jou bydrae dit was lekker om te lees en te onthou
LikeLike
Bygelowe lewe sekerlik nog voort in ander kulture. Wonder watse rol die spieël vir jou student speel? Was dit rondomtaliedraai het sy sekerlik gevra…. sy sê mos sy is te nuuskierig 😆
LikeLike
Jong ek en my suster verskil nogal hemelsbreed. Ek is maar n eenkennige mens. Ek is altyd spyt na die tyd as ek nie meer uitgevra het nie. Dis maar egter hoe ek is. Kan myself soms sommer skop! Noudat die jare al ver trek sien ek presies hoe ek my lewe lank was, skugter en in my dop gekruip.
LikeLike
Ek het ‘n vriendin wat presies dieselfde sê. Die ouderdom maak voorwaar ‘n mens se oë oop vir dinge. Hoekom wysheid eers met grysheid kom gaan my verstand te bowe.
LikeLike
Dis seker maar dan waar van wysheid met grysheid
LikeLike
Met die koms van elektriese lig,het baie spoke en bygelowe verdwyn.
LikeLiked by 1 person
In die koshuis het ons mekaar saans so bang gepraat as ons begin spookstoriese vertel het.
LikeLiked by 2 people
Hoekom doen ‘n mens dit aan jouself….. dit is mos marteling? 🙂
LikeLike
Maar jy doen dit mos nie aan jouself nie! Die vertellers doen dit aan die ANDER!
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa!!! ‘n Spookstorie by elektriese lig kan onmoontlik dieselfde effek hê as by kerslig.
LikeLiked by 1 person
Dan doen ESKOM ons ‘n guns deur die ligte af te skakel, nie waar nie? Nou kan ons weer mekaar vermaak en die kinders bang maak.
LikeLiked by 1 person
Ag Hester, hoe kyk jy die ding sommer uit ‘n ander rigting uit 😆 Nou toe, daar het ons uiteindelik ‘n rede om dankbaar te wees vir kragonderbrekings!!! Kan die kinders ‘n smakie van ons kinderlewe gee 😉
LikeLiked by 2 people
Hiehie – lekker gelag oor jou en Ken se vuilgoed-storie.
Ek het al baie gewonder oor al hierdie toordokter dinge. Vir my is dit snaaks dat sekere reënboogmense met een voet in kerk kan leef en ander in die okkulte.
LikeLike
Ek het ook nadat ek tot berkering gekom het my kop begin krap oor al hierdie dinge. Nee, nog voor my bekering toe ons in die huis met die lopende “iets” gebly het, het ek al vir my ma gesê om ‘n perdeskoen voor die deur te hang is bog. Weet nie waar die oumense aan al die goed gekom het nie.
LikeLiked by 1 person