die skei ding…

Toe ons getroud is amper 30 jaar gelede, was die amptelike skeisyfer 33%. Soos my broer se gewese skoonpa gesê het: Hy het 3 kinders, so een van hulle gaan skei. Wat waar was. My oë het verbouereerd gerek. Ons is ook 3. Watter een van ons gaan dit wees? Wat natuurlik nie die geval hoef te wees nie.  Dit hoef nie een van ons drie te gewees het nie.

Later het ek gehoor 66% van huwelike misluk, toe weer 75%… 😯 Nou die aand hoor ek dat uit 52 pare wat vandag trou, 50 in die skei hof gaan beland. VYFTIG! 😯  Is dit waar? Dit beteken ons 6 pare in ons bybelstudiegroep 156 huwelike verteenwoordig. Ontstellend!

Of hierdie ware syfers is, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat dit nie is hoe God dit wou hê nie. God het die huwelik ingestel, met die doel dat dit ‘n veilige hawe vir ons en ons kinders sal wees, waar ons gebalanseerde, emosioneel gesonde kinders sal opvoed, en onsself ook gelukkig sal wees. ‘n Plek waar ons die Here sal dien. Natuurlik is dit nie iets wat ‘n mens op ‘n skinkbord kry nie. Dis HARDE WERK!

Ek en ‘n vriendin praat nou die dag hieroor. Mense in ons samelewing, opgevoede mense, doen skelm dinge.  Mense nes ons. Nie die húlle na wie ons aanmekaar die vinger wil wys nie. EN HULLE KOM DAARMEE WEG!

Wat het geword? Is ons besig om ons kinders te leer dat dit eintlik nie meer saakmaak wat jy doen nie. Dis Me, Myself and I, en solank die Ek tevrede is, is alles reg, basta die res! ??

Ek weet daar is BAIE huwelike waar ‘n mens regtig nie van die persoon kan verwag om daar te bly nie. Mense word mishandel, aangerand, wat nog alles. Maar ek wonder ook hoeveel van die huwelike wat in die skeihof beland, sommer net beland omdat die sin opgeraak het. Dalk het die huweliksmaats sekere verwagtinge gehad waaraan nie voldoen is nie. Dalk het altwee gedink hulle gaan bedien word deur die ander een, net om ontnugter te word en te besef dat elkeen sy volle 100% moet bring?

GEEN huwelik is net maanskyn en rose nie. Ek belowe julle, ook ek en my man is baie keer al deur rowwe paaie, moeilike tye. Tye waarin ek dalk wou loop en ek wonder of hy nie ook al soms in sy agterkop noodplanne begin beraam het nie.

Deur die genade van die Here, en ook deur HARDE WERK, deur BAIE VASBYT, deur baie praat, baie skuur, weer begin, oor begin, maar ook genadig deur baie GOEIE TYE, WONDERLIKE TYE VAN SAAMWEES, kan ek vandag sê: Dit was regtig die moeite werd. Mag dit enduit so wees. 

En jy wat hier lees, mag jy ook nuwe maniere vind om jou huwelik interessant en die moeite werd te maak. Onthou, as jy moet moeite doen vir iets, is dit gewoonlik die moeite werd.

Groete

Toortsie

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

13 Responses to die skei ding…

  1. scrapydotwo sê:

    Dit is beslis die moeite wêrd om moeite te doen. Sewe sakke sout is soms nie genoeg nie, maar steeds die moeite werd. Daar is tog darem rerig baie goeie dinge wat uit saamwees in n huwelik hom voordoen. Vandag is dit geheel te maklik om maar te trou en dan maar weer te loop ook. Lyk of die “Heiligheid” van n huwelik nie meer so swaar weeg nie.

    Like

  2. Olga sê:

    Is dit omdat mense word soos die lewe om hulle? Skei was desjare ‘n groot ding. Nou is dit asof mense net eenvoudig nie meer vastigheid ken nie. Vandag is dit eerder die mishandeldes wie vasbyt.

    Like

  3. perdebytjie sê:

    Die huwelik en veral die troudag word verskriklik verromantiseer.Dis totaal onrealisties en ek dink baie mense word ontnugter wanneer realiteit intree.Ons is al 39 jaar getroud en as ek terugkyk,kan ek nie glo dat ons ook maar ‘n wanpersepsie van getroudwees gehad het nie.

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Trou is die moeilikste ding wat jy ooit in jou lewe gaan aanpak. In ons wêreld van kits alles, wonder ek hoeveel wat vandag trou die deursettingsvermoë gaan hê om vas te byt wanneer die huweliksbootjie stormsee binnegaan.

    Like

  5. Op pad na 42 jaar, ons is gelukkig dat ons paadjies gekruis het. Persoonlik dink ek dis beter om ongetroud saam te bly en gelukkig te wees as om in ‘n ongelukkige huwelik vasgevang te wees ter wille van godsdienstige of ander oortuigings.

    Liked by 1 person

  6. Ons is 31 jaar getroud. Dit was dikwels gepaard met tandekners, maar ek sal hom vir niemand anders verruil nie!

    Like

  7. Spokie sny spoor sê:

    Ja (sug) , soos my skoonpa altyd gesë het: Die een het uitgehou en die ander een het aangehou… weet soms nie watter een die ergste is nie.
    Maar, geen verhouding is vandag maklik.

    Liked by 1 person

  8. ButterNut sê:

    Die huwellik en wat jy daarin sit, is nie 50/50 nie. Dis 100/100. Van albei kante af. Dis hoe ons dit aanpak, en sover werk dit.

    NIKS in die lewe is gewaarborg nie, nie eers tot die dood ons skei nie. Mens kan maar net probeer.

    Like

  9. colourmecrazee sê:

    al wat ek weet, is dat dit gewoonlik een groot vet gemors is, as daar kinders is. vra my – ek is met ‘n man getroud met twee kinders. die die moeilikste ding wat wat ek nog ooit moes doen – al die drama en nie-samewerking van ander party ens ens.

    ek verstaan ook heeltemal hoekom baie tweede huwelikke waar daar baggage is ook op skei uitloop. en butternut som dit goed op, want dis presies wat ek en my man van die begin af vir mekaar gese het – 100% van elkeen se kant af, niemand en niks kom tussen ons nie, ons gaan nooit kwaad uitmekaar uit nie, en ons doen nooit dit blame-ding nie. dit hou ons huwelik sterk.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s