Ouwêreldse Romantiek

Deesdae is jou meisie net ‘n sms vêr…

Toe ek nog ‘n student op Stellenbosch was, was dit algemene praktyk dat meisies klokkies in hul kamers gehad het. Onthou, dit was dekades voor selfone en mans kon nie verder as die voorportaal van die koshuis gaan nie. Mans het na die koshuis se voordeur gegaan, waar hy die dame op voordeurdiens versoek het om die betrokke meisie te ontbied. Romanties, né? En meisies was nie vrypostig om die man by die voordeur in te wag nie. Nee, sy moes eers geroep word… behalwe as sy ‘n klokkie in haar venster gehad het en hy geweet het
waar haar venster was! 🙂

Ek het net ‘n gewone klokkie gehad, party het windklokkies gehad. Eintlik het almal se klokkies verskil. Die klokkie het in die kamervenster gehang. Daaraan is ‘n lang tou vasgemaak wat tot onder op die grond, aan die buitekant, gehang het, met ‘n akker onderaan vasgemaak.

Nou hoor ek dat in sekere strate, waar die mans saans laat verby geloop het, dit soms beter was om maar eerder saans jou akker ‘op te trek’ omdat dit vir party mans ‘n lekker tydverdryf was om orals die klokkies te lui. 🙂 …
Elke era het seker sy eie romantiek. Soos briewe skryf, met ‘n bus of trein gaan kuier by die geliefde… Voor my tyd was dit per perd of fiets. ‘n Pakkie in die pos… Selfs al voel ons romantiek het verby gegaan, wil ek glo dat vandag se jongmense steeds romanties kan wees en romantiese dinge doen, soos die outjie wat boomsade geplant het, en net mooi toe hulle begin uitgaan het, het die nuwe boompie sy koppie bo die grond uitgesteek. Mooi né?

Wat is vir jou romanties? Wat doen jy en jou geliefde om jul tyd saam iets spesiaals te maak? As jy van die ouergarde hier rond is, watter romantiese dinge het júlle gedoen?

Toortsie
Ns. Onthou, ek sit skakels na oulike bloginskrywings wat ek lees, op ons faceboekblad. Gaan soek gerus Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Ouwêreldse Romantiek

  1. scrapydotwo sê:

    Dit klink na n lekker onderwerp om oor te skryf! Ai hoop net ek onthou daarvan die naweek. Dis amper slaaptyd hier dus, die brein is besig om stadiger te werk. Dis ook skielik koud in die aand wil net onder komberse inkruip.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s