Slegte teler

Ek het nie regtig besef dat alle telers sleg is voor ek nie Xena se stuk gelees het nie. Hoe verder ek gelees het, hoe meer het ek besef: Die see sal my nie skoon was nie!  En nee, Xena het NIKS slegs van my gesê nie, ek het maar net tussen die lyne gelees van wat ander sê en dink.  Nee ek terg sommer net.

Nou ja, ons is beestelers, wie geld maak uit ons beeste. Ons verwag van hulle om goed melk te gee én nog dragtig te raak ook! 😯  Ons teel ook skape en verkoop hulle, al is dit nou nie stoetskape nie, ons teel goeie kwaliteit skape wat goeie kwaliteit vleis aan die mark sal voorsien. Jammer as ek julle ontstel. Ons is boere.  En nee, as ek ‘n lieflike, sappige skaaptjoppie met vetjies en al eet, sien ek nie ‘n pragtige, wollerige mofskapie wat rondhardloop nie. Ek sien ‘n tjop.  Wreed, né? Maar soos ek in ‘n restaurant in Frankfort se lughawe gelees het, het die mens nie baklei om aan die toppunt van die voedselketting te wees, net om ‘n vegetariër te wees nie. Maak ek mense nou kwaad? Jammer, hoor. Dis ons werk om voedsel aan die massas te help voorsien.

Daar is iets waaroor ek baie wonder. As kind het ons sulke pakkies klei vir 2 sent gekoop, met 5 of 6 kleure so langs mekaar in ‘n pakkie. Goeie kleispelers kon lank speel en elke kleur mooi apart hou. Nie ek nie. Ek kon in elk geval net ‘n voëlnessie met eiertjies in maak of ‘n stokmannetjie, niks meer nie, maar, teen alle goeie voornemens in, voor ek my kon kry, was die klei alles so ‘n nare grys kleur.

Ek bewonder mense wat ‘n ongelooflike liefde vir diere het, veral vir straatdiere. Nou gaan julle nog minder van my hou. Ek is nie só lief vir diere nie. Ek wil nie hê diere moet mishandel word nie. Ek wil ook nie hê diere moet honger ly of swaarkry nie. Ek voel sleg as ek my hond by tye afskeep. Maar ek is nogals kieskeurig oor die een hond wat ek aanhou. Dit hoef nie ‘n “pedigree” hond wees nie, maar verkieslik so opreg geteel as moontlik. Ek glo ‘n hond se persoonlikheid moet by joune pas, hy word immers deel van jou huishouding. Maar bygesê, as jy hou van SPCA honde, gun ek dit vir jou. Ek dink nie my smaak is beter as joune nie.

Terug by die klei… waarheen is ons op pad? As ons nie soms seker maak dat ‘n paar honde wel “opreg” geteel word nie, gaan ons later, soos met die klei, net ‘n klomp “honde” hê? Almal omtrent op dieselfde patroon gemaak?

Ekskuus. Ek wonder net.

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

12 Responses to Slegte teler

  1. vega sê:

    Stem 100% saam. Die diereliefhebbers wat sulke straatbrakke aanhou, wat saam met hulle op die bed slaap en hulle kou alles stukkend en hy’s dan SO CUTE en dan kry so baie kleintjies en eintlik pas ek my hond beter op as hulle, maak my hare rys.

    Like

  2. Blanche Emslie sê:

    Ek hou van diere maar my honde en katte kom nie in die huis nie. Hulle bly buitekant waar daar vir hulle goeie en warm skuilings gemaak is. Ek is baie life vir vleis en ‘n lekker stuk steak of ‘n tjop is nie te versmaai nie. My man was vir jarelank ‘n beesboer en het self geslag en ons het die vleis bewerk maar weet jy ek kon nooit daardie vleis geeëet het nie. Ek kan nie vir ‘n skaap of bees in sy oë kyk en more die vleis eet nie. Het maar altyd stilletjies my pakkie vleis by Pick & Pay gekoop en met braaivleis nie juis daarvan geëet nie. Maak dit nou my ‘n swak of skynheiige mens? Dalk maar wat maak dit saak? Die son skyn op almal en troos jou daarmee Toortsie ons het maar almal ons hangups. Groete.

    Like

  3. Ek stem saam met Blanche mens eet nie dit wat jy lewendig in die oë gekyk nie. Ek verstaan egter boerdery en dat die vleis verbou word vir gebruik.

    Like

  4. scrapydotwo sê:

    Dis nou n lekker onderwerp die! Jy is n vrou so na my hart. Nugter en reguit. Natuurlik het ons produseerders nodig. Logiese uitgesoekte telery is baie goed. Die agterplaasboerdery stuit my teen die bors. Ons kon ook nooit die hanslammers self slag nie. Altyd maar hul moes laat oplaai en wegry. Ons het melkbokke gehad en lammers is maar hans grootgemaak omdat die melk vir menslike gebruik was. Gelukkig het ons “goed geteelde” diere gehad wat darem verkoop kon word. Wat maak jy egter met die rammetjies? Mens het net 1 vir n klomp ooie nodig so oorskot moes op ou end van ontslae geraak word. Elkeen is geregistreer en benoem so dit was maar traumaties vir my as jong mens om ontslae te raak van hulle

    Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Die mens kan, maar behoort mens?s wat | Swartbelt vir diere

  6. Niemand gaan ‘n trop beeste of skape aanhou as dit nie vir hulle geld inbring nie.

    Soos ek die storie sien, die mens het al klaar met die natuur gefoeter. Dit is die mens se plig om die balans min of meer te handaf. En dit sluit streng beheer oor diere getalle in.

    Boer is ‘n wetenskaplike storie. As jy nie jou opbrengste kan verhoog en jou uitgawes beperk nie, gaan jy nie aanhou boer nie. Dit beteken natuurlik dat daar nog ‘n plaas is waarop daar ‘n mall of iets gebou kan word. Dan is daar geen skape, beeste, varke, hoenders, wilde voëls, wilde diere ens nie.

    Liked by 1 person

  7. Olga sê:

    Vee verteenwoordig ook ongelukkig vir my KOS!!! Ek hou van kos.

    Like

  8. Spokie sny spoor sê:

    Moet erken, so lief soos ek vir wildediere is, glo ek elkeen het sy plek. Hou ook nie van baie honde in my huis of katte nie.

    Moet sê, ‘n opregte dier dra tog sy eie prag. Niks so mooi soos ‘n opregte bul met imposante styl nie.

    Liked by 1 person

  9. Sparkle sê:

    As diere met sorg geteel raak dan is die saak reg, maar dan kry mens ook nog die agterplaastelers wat dalk die inbreeding paadtjie kies.

    Ek vertel myself dat vleis van ‘n winkelrak afkom en nie van ‘n dier nie. 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s