As jy nie tyd het vir lees nie…

… moet jy nie ‘n Chanette Paul boek in die hande kry nie!  Nie terwyl daar meer as genoeg goed vir jou wag om gedoen te word nie. Nie as daar afsnydatums is nie!

So, teen my beterwete in, begin ek toe Saterdagoggend lees aan BoheemEn ja, alle goeie bedoelings, alle planne om iets anders te doen het by die deur uitgevlug.

Boheem is seker die boek van Chanette Paul wat ek nog die meeste van almal geniet het. Dis die derde boek in die Gys Noemand reeks.

‘n Meisie, wie voorheen verdink is van ‘n moord en wie vrygespreek is op grond van te min getuienis, terwyl die hele land gewéét het sy is skuldig, kom weer op ‘n vermoorde persoon af… Is sy skuldig of onskuldig? Hoe gaan sy dit bewys?

‘n Ongelooflike storie, en nee, selfs nie tot op die heel einde, kon ek besluit wié die werklike skuldige is nie.

Hierdie is ‘n boek wat mans én dames sal geniet, nie grillerig nie, maar tog baie spannend.

Nou toe, kry vir julle die boek, en laat ek loop werk! Maar wees gewaarsku…

Groete

Toorts

Loer gerus by Pinterest waar ek die boeke lys waaroor ek al iets geskryf het.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

10 Responses to As jy nie tyd het vir lees nie…

  1. perdebytjie sê:

    Ek gaan beslis die boek lees!

    Like

  2. Sparkle sê:

    Al haar boeke is uitstekend. Ek is bly ek het dit gelees voordat ek blogging ontdek het, nou lees ek net julle goed wanneer ek kansie kry 🙂

    Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor sê:

    Klink ongelooflik interessant.

    Like

  4. karen sê:

    Oe, klink baie spannend! Ek lees op die oomblik die boeke in die “Little House on the Prairie” reeks, en ‘n boek oor die geskiedenis van wiskunde – is interessanter as wat dit klink! Maar ook net laataand voor ek gaan slaap. Die gevaar is andersins te groot 😉
    Hoop jy kon nog werk gedoen kry 😉

    Like

  5. scrapydotwo sê:

    Moet mens eers die eerste twee boeke lees en dan hierdie een of is dit losstaande stories net met dieselfde karakters?

    Like

    • Toortsie sê:

      Verskillende stories. As jy almal wil lees sal ek aanbeveel dat jy van voor af lees. Goed word terloops genoem wat in vorige boeke gebeur heylt. Maar dis nie noodsaaklik nie. Die ander 2 is ook goed.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s