Xena skryf oor skoene en Scapydo oor operasie. .
Skoonma het sandale nodig. Sy dra haar klere baie lank en dis lank, lank gelede wat sy laas skoene gekoop het. Eers was dit ‘n behoorlike storie om geld getrek te kry. Gister kon ons toe die dorp invaar vir ‘n paar skoene. Maar wáár koop mens skoene op onse dorp?
Iemand verwys my na ‘n skoenwinkel naby Spar. Heel oulik, verskeidenheid maar klein, en voorraad nog minder. Dit lyk my, what
you see is what you get…, dalk in verkeerde konteks aangehaal, maar as jy nie jou nommer daar sien nie…
Ons loop elke winkel deur wat moontlik skoene aanhou… Pep Boutique, Mr Price, Ackermans, Jet, Foshini… Die ding is dat dit ou voete is, voete wat hard gewerk het, voete wat nie sommer net in enige skoen gedruk kan word nie. Die skoene is ook heeltemal plat of erg hoog.
Op ‘n stadium besef ek ons soek in verkeerde winkels. Ons het ‘n goeie kwaliteit skoen nodig, een wat goed gemaak is, wat goeie ondersteuning gee, wat ‘n paar jaar gaan hou. Daardie skoene waarvan ek nou
praat, is duur… Hoe gaan ons ouma oortuig om sulke duur skoene te koop? Ek sê toe vir haar dat ek dink ons maar Hermanus toe moet ry, na ‘n skoenwinkel wat haar beslis sal kan help, maar dat dit dalk duurder skoene gaan wees. Hul het ‘n goeie verskeidenheid en groot voorraad.
Vir oulaas stap ons gou by die Checkers sentrum in, daar is ‘n tekkie winkel. Die oulike dame snap dadelik wat ek soek en sê sy sal ons nie kan help nie, maar daar ís nog verskeidenheidswinkel wat goeie klere en skoene aanhou. Kyk net hoe sorg die Here!
Dáár kry ons toe wat ons soek, en koop vir ouma, totaal teen haar aard, TWEE paar
skoene: ‘n paar sandale én ‘n paar hofskoene. Het julle enigsins ‘n idee hoe verlig ek is?
Matriekafskeidrok soek vir my dogter was selfs makliker! 🙂
Dis nie maklik om jou ouers te sien agteruit gaan nie. Ek skryf hierdie met deernis, nie om enige iemand te ná te kom nie. Tog voel ek dis nodig om soms ook oor die ‘verbode’ goed te skryf en te praat.
Groete
Toorts
Ek het so idee waarvan jy praat. Laasjaar by die huis het ek my ma gevat om klere en skoene te koop. My rooikop vriendin was saam, en sy het die uitstappie sommer lewe gegee. Ons het vir my ma sulke oulike “ballerina” skoene gekry, wat sy nooit gedink het sy sal kan dra nie. Weke na dit het sy nog dankie gesê vir haar mooi (en gemaklike) skoene.
Bly julle het so goed reggekom 🙂
LikeLike
My eie ma hou weer van iets moois en iets nuuts koop. Met haar het ek sommer reguit Hermanus toe gery en die dames in die skoenwinkel het behoorlik om haar gedraai… tot haar plesier natuurlik! 🙂
LikeLiked by 1 person
Karen gee asb vir my jou blogadres. Alles op my laptop is uitgevee en ek maak weer lys van nuutsaf. Gister by jou probeer uitkom maar kry jou nie. Mooi dag vir jou!!!
LikeLike
o gits, kameel! hoop nie jy het belangrike goete verloor nie. hier is dit: https://vet8zuerich.wordpress.com/
Mooi dag vir jou ook 🙂 Ek is oppad na ‘n tuinskou in die stad. Dink jy sou daarvan gehou het!
LikeLike
Dankie, gelukkig het ek my fotos op hardeskyf gelaai net voordat my laptop opgepak het. Verder het ek alles verloor… sal seker met tyd uitvind watse belangeike goed was daar.
In gees gaan ek saam met jou tuinskou toe; geniet dit 🙂
LikeLike
Ai tog. Behalwe vir foto’s is die meeste goed eintlik vervangbaar. Ek kom soms af op ‘n geheuestokkie, en vind dan dinge daarop wat ek nooit weer nodig gehad het nie.
LikeLike
Kameel, kliek links in jou beheerpaneel op kommentaar. Dan sal haar adres wys.
LikeLike
Dis te heerlik om te weet dat jou moeite nie verniet was nie. Die ding van sekere dinge word oor jou pad gestuur is beslis met n doel; N Mens moet daaroor praat want dis juis die kleinigheidjies wat so uiters belangrik vir ouer mense is. Dit beteken dat hul nog belangrik is in die lewe
LikeLiked by 1 person
Ja, die ding dat ‘n mens oumense het vir wie jy tog nog iets moet doen, leer ook vir MY iets… dit leer MY dat dit ‘n pad is wat ek ook nog sal moet stap, dit leer my geduld, dit leer my hoe hulle dit aanvaar dat hulle oud word… dit leer my VERSTAAN…
Ek is nie ‘n goeie versorger nie. Ek is SO dankbaar vir ons ouetehuis op ons dorp, hulle kyk SO mooi na ons mense.
LikeLiked by 1 person
Ag dis pragtig. Daar is so baie wat vreeslik verwaarloos word.
LikeLiked by 1 person
Ja. Dit is regtig so.
LikeLike
Toorts ek hou niks van klere en skoene koop nie. Dink my lengte en groot voete het baie daarmee te doen. Sou wat gee as iemand my klerekas wil volmaak sonder dat ek betrokke hoef te wees. Die lekkerste skoene wat ek op oomblik het is ‘n paar Froggies (spelling)
LikeLike
Oeee maar Froggies IS lekker. Duur, maar baie lekker.
LikeLike
Sommer so van skoene na bloese. Jou bloginskrywing het my laat dink aan my vriendin wat ook seker maak haar ma se klerekas bly netjies. Vat haar eendag in rystoel om wit bloesie te gaan koop. Eerste winkel kyk ma al die wit bloese en sê sy wil eers by volgende winkel ook gaan kyk. So loop hulle dwarsdeur die sentrum van winkel na winkel. Op einde wil ma die bloes hê wat hulle by eerste winkel gesien het. ‘n Inkopietog wat ‘n uur kon neem was ‘n hele oggend lank.
Dit is mooi wat jy vir jou ma’s doen Toorts.
LikeLiked by 1 person
Ek doen maar min… ek kom rapporteer net die slag as ek iets doen. Die ander doen VELE MEER in stilte. 🙂
LikeLike
My eie ma is makliker. 2 keer per jaar ry ek met haar Syruisbaai toe. Die dame daar ken haar goed en bring vir haar alles wat sy nodig het.
LikeLike
Ek voel skuldig as ek sien wat ander vir hulle ouers doen. My ousus was nader en het gekyk dat dinge regloop daar. Dit was groot druk op haar toe my pa alleen agterbly en sy al die geldsake ook moes hanteer. Eienaardig genoeg het sy kort na my pa se dood ingegee, asof haar lewenstaak afgehandel was.
LikeLike
Ek het op ‘n stadium erg swaargekry oor die idee dat beide my verantwoordelikheid is. Veral wat my skoonma aanbetref. Een van die kinders maak nooit kontak nie. Toe het ek ern dag besluit ek doen wat ek kanven gaan my nie meer laat ontstel deur die ander se apatie nie. Die kinders wat regtig ver is bring hul kant op hul manier.
LikeLiked by 1 person
Eks bly jul het uiteindelik skoene gekry! Ek haal natuurlik my hoed af dat jy agter skoonma kyk, of het jy haar net dorp toe gevat? En ja – soms moet mens daaroor praat (die verbode goed) dan kry jy net weer perspektief op ‘n saak.
LikeLike
Sies tog, waar sal sy op haar eie skoene kry? Sy het my baie met my kinders gehelp toe hul klein was. Sy was altyd vir my goed. Beter kan jy nie kry nie. So… payback time. 🙂
LikeLiked by 1 person
Hier in die boeregemeenskap is dit nie snaaks dat mense na hul skoonma’s moet kyk nie. My skoondogter sal dit ook eendag moet doen. Die seuns kom woon mos op die plaas terwyl die dogter “weg” trou. Verstaan jy wat ek bedoel?
LikeLiked by 1 person