Winterseisoen van die lewe

Scrapydo se toeka-tokkel: Seisoene

pink-cherry-blossom-19149714‘n Beter beskrywing van die winterseisoen in ‘n mens se lewe kan ek nie gee as dit wat reeds duisende jare gelede geskryf is nie. Maar voor die winter is daar ander seisoene; die mooiste sekerlik die lenteseisoen in die mens se lewe.  Ek wens elke jongmens wil besef hoe belangrik dit is om versigtig om te gaan, en saggies te trap in hierdie kwesbare tyd van hulle lewens. Om die hek van jou lewe roekeloos oop te gooi, sodat enigiemand, kan binnekom om jou bloeisels te kneus, en te vertrap, is om in die somerseisoen van jou lewe, vrugte van trane te pluk.

The Matthew Henry Commentary stel dit so: It is the greatest absurdity and ingratitude imaginable to give the cream and flower of your days to the devil, and reserve the bran, and refuse, and dregs of them for God.

En so skryf Salomo oor die wintertyd van die lewe:

Dink aan jou Skepper in jou jong dae

voor die swaar dae kom,

die jare aanbreek waarvan jy sal sê:

“Ek het daar niks aan nie.”

Dit is die tyd wanneer die son donker sal word,

en ook die daglig, die maan en die sterre,

die tyd wanneer dit weer bewolk word na die reën.

Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe,

die sterk manne waggel

en die malers ophou maal omdat hulle min geword het,

die tyd wanneer dit donker word vir vir diè wat deur die venster kyk,

wanneer die deure na die straat toe toegemaak word,

die geluid van die meul dof word,

die tyd wanneer ‘n mens opstaan as die voëls begin sing

al hoor hy geen lied meer nie.

Dit is die tyd wanneer hy bang is vir ‘n hoogte

en vir alles op die pad skrik,

die tyd wat die amandelboom in bloei staan,

die springkaan homself moeisaam voortsleep

en die klapperkruid nutteloos word,

die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan

en diè wat treur, op die straat rondgaan,

die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek word

en die goue kruik breek,

die kruik by die fontein stukkend breek

en die wiel by die put stukkend val,

die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was,

en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

(Prediker 12)

26 thoughts on “Winterseisoen van die lewe

  1. Die wintertyd verskil van persoon tot persoon. Lewensblyheid is die belangrikste om die somer en herfs bietjie uit te rek. Ek voel nog heel gemaklik in die oorgang van somer na herfs. Winter klink vir my maar bietjie koud. Dankie vir jou deelname. Dis pragtig geskryf en waar beter kry ons nie die inligting as uit ons Bybel nie

    Liked by 1 person

    1. Belangrik wat jy daar sê oor lewensblyheid. My sus het sommer oornag van herfs na winter beweeg, en voor ons oë oud geword. Sy sê daar is niks om voor te lewe nie.

      Like

      1. Dis geheel en al nie die doel waarom ons hier is nie. Party gee net moed op. Soms en rerig soms dink ek nogal daaraan of dit rerig moeite werd is. Mens kan so gou in negatiewe gedagtes verval

        Like

        1. Dit is so Scrapy; ‘n mens moet die hele tyd waak teen negatiwiteit. Dit is om dankbaar te bly vir elke dag en die krag wat ‘n mens nog het. Noodsaaklik om die brein wakker te hou. My vriendin sê jy moet elke dag vir 10 minute kliphard vir iemand voorlesing doen. Ek sê toe ek sal dit opneem en vir haar stuur om te luister. My man en kinders sal finaal glo ek het die kluts kwytgeraak sou hulle daarvan weet.

          Like

          1. Ha ha, Ja jong hul sal nie verstaan nie. Die ding is dit hou jou ook lekker aan die gang om te lees. Ek doen natuurlik blokraaisels ook!

            Like

  2. Aggenee ek ddink persoonlik ou Salamo was diep depressief toe hy daardie woorde gespreek het.
    Met al daai baie vrouens om hom kon dit dalk nie anders gewees het nie. Ouderdom is net wat memns daarvan maak. As jy goeie gesondheid het pas dit op as jou gesondheid nie goed is nie gaan sien iemand wat jou kaan help. Al daardie syfers van ouderdom en gewig en so aan moenie daaroor tob nie dis die dokters se worries en jy betaal hom daarvoor.

    Like

    1. Ek hou van jou uitkyk op die lewe 🙂 As name wegraak en daar kom net blanks in hulle plek, en ‘n mens begin vergeet hoe om woorde te spel…. besef jy winter is oppad. Maar ‘n mens gaan roep hom nie voor die tyd nie, en ook wag jy nie dat hy jou inhaal nie.
      Dankie vir die inloer 🙂

      Like

      1. Oeeee Kameel, my winter lê ook voor die deur as ek kyk wat jy hier sê. Dankie vir jou baie mooi bloginskrywing. Ja, gelukkig kan ons Jesus se hand vashou, veral as die winter aankom.

        Like

        1. Toorts jy laat my glimlag. Jy kan ontspan, jou winter lê nog vêr in toekoms. Ja, dit is groot genade om te weet ons kan saam met Jesus tot op die einde stap.

          Like

    1. Hello Sparkle 🙂 In jou kop gaan jy nooit oud word nie, jy gaan glo jy is jonk en is nog tot alles in staat. Dit is jou lyf wat jou in die steek begin laat, en nie wil saamwerk nie. Die kopding is goed… sodoende bly jy vorentoe beur, en aangaan met die lewe. Anders was ons almal oud voor ons tyd. Geniet jou lewe voluit, maak gebruik van elke dag…. en moenie jou noual oor die winterseisoen bekommer nie. Hier het ek nou my preek vir die dag in. Mooi dag vir jou 😉

      Like

  3. As daar niks is om voor te lewe nie, dan maak mens mos maar iets om voor te lewe. Al is dit net twee boontjie pitte in ‘n piering water met ‘n stuk koerantpapier bo-oor.

    Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord