Scrapydo se toeka-tokkel: Seisoene
‘n Beter beskrywing van die winterseisoen in ‘n mens se lewe kan ek nie gee as dit wat reeds duisende jare gelede geskryf is nie. Maar voor die winter is daar ander seisoene; die mooiste sekerlik die lenteseisoen in die mens se lewe. Ek wens elke jongmens wil besef hoe belangrik dit is om versigtig om te gaan, en saggies te trap in hierdie kwesbare tyd van hulle lewens. Om die hek van jou lewe roekeloos oop te gooi, sodat enigiemand, kan binnekom om jou bloeisels te kneus, en te vertrap, is om in die somerseisoen van jou lewe, vrugte van trane te pluk.
The Matthew Henry Commentary stel dit so: It is the greatest absurdity and ingratitude imaginable to give the cream and flower of your days to the devil, and reserve the bran, and refuse, and dregs of them for God.
En so skryf Salomo oor die wintertyd van die lewe:
Dink aan jou Skepper in jou jong dae
voor die swaar dae kom,
die jare aanbreek waarvan jy sal sê:
“Ek het daar niks aan nie.”
Dit is die tyd wanneer die son donker sal word,
en ook die daglig, die maan en die sterre,
die tyd wanneer dit weer bewolk word na die reën.
Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe,
die sterk manne waggel
en die malers ophou maal omdat hulle min geword het,
die tyd wanneer dit donker word vir vir diè wat deur die venster kyk,
wanneer die deure na die straat toe toegemaak word,
die geluid van die meul dof word,
die tyd wanneer ‘n mens opstaan as die voëls begin sing
al hoor hy geen lied meer nie.
Dit is die tyd wanneer hy bang is vir ‘n hoogte
en vir alles op die pad skrik,
die tyd wat die amandelboom in bloei staan,
die springkaan homself moeisaam voortsleep
en die klapperkruid nutteloos word,
die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan
en diè wat treur, op die straat rondgaan,
die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek word
en die goue kruik breek,
die kruik by die fontein stukkend breek
en die wiel by die put stukkend val,
die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was,
en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
(Prediker 12)
Op die oomblik doen ek die sprinkaan ding
LikeLike
Ai vrou…. dit is maar soos hulle sê; oudword is nie vir sissies nie.
LikeLiked by 1 person
Sug…
LikeLike
Ek verbeel my maar dat ek nog in die somer is…vir solank as wat dit aanhou en ek nog gesond is.
LikeLike
Ons rek die seisoene vir so lank as moontlik uit Perdebytjie.
LikeLiked by 1 person
Die wintertyd verskil van persoon tot persoon. Lewensblyheid is die belangrikste om die somer en herfs bietjie uit te rek. Ek voel nog heel gemaklik in die oorgang van somer na herfs. Winter klink vir my maar bietjie koud. Dankie vir jou deelname. Dis pragtig geskryf en waar beter kry ons nie die inligting as uit ons Bybel nie
LikeLiked by 1 person
Belangrik wat jy daar sê oor lewensblyheid. My sus het sommer oornag van herfs na winter beweeg, en voor ons oë oud geword. Sy sê daar is niks om voor te lewe nie.
LikeLike
Dis geheel en al nie die doel waarom ons hier is nie. Party gee net moed op. Soms en rerig soms dink ek nogal daaraan of dit rerig moeite werd is. Mens kan so gou in negatiewe gedagtes verval
LikeLike
Dit is so Scrapy; ‘n mens moet die hele tyd waak teen negatiwiteit. Dit is om dankbaar te bly vir elke dag en die krag wat ‘n mens nog het. Noodsaaklik om die brein wakker te hou. My vriendin sê jy moet elke dag vir 10 minute kliphard vir iemand voorlesing doen. Ek sê toe ek sal dit opneem en vir haar stuur om te luister. My man en kinders sal finaal glo ek het die kluts kwytgeraak sou hulle daarvan weet.
LikeLike
Ha ha, Ja jong hul sal nie verstaan nie. Die ding is dit hou jou ook lekker aan die gang om te lees. Ek doen natuurlik blokraaisels ook!
LikeLike
Aggenee ek ddink persoonlik ou Salamo was diep depressief toe hy daardie woorde gespreek het.
Met al daai baie vrouens om hom kon dit dalk nie anders gewees het nie. Ouderdom is net wat memns daarvan maak. As jy goeie gesondheid het pas dit op as jou gesondheid nie goed is nie gaan sien iemand wat jou kaan help. Al daardie syfers van ouderdom en gewig en so aan moenie daaroor tob nie dis die dokters se worries en jy betaal hom daarvoor.
LikeLike
Ek hou van jou uitkyk op die lewe 🙂 As name wegraak en daar kom net blanks in hulle plek, en ‘n mens begin vergeet hoe om woorde te spel…. besef jy winter is oppad. Maar ‘n mens gaan roep hom nie voor die tyd nie, en ook wag jy nie dat hy jou inhaal nie.
Dankie vir die inloer 🙂
LikeLike
Oeeee Kameel, my winter lê ook voor die deur as ek kyk wat jy hier sê. Dankie vir jou baie mooi bloginskrywing. Ja, gelukkig kan ons Jesus se hand vashou, veral as die winter aankom.
LikeLike
Toorts jy laat my glimlag. Jy kan ontspan, jou winter lê nog vêr in toekoms. Ja, dit is groot genade om te weet ons kan saam met Jesus tot op die einde stap.
LikeLike
Ag dankie tog! Maar dan is dit URSULA! wat my name wegsteek, en sommer my bloginskrywing ook!
LikeLike
As ‘n mens net die Ursula’s van die lewe nek kan omdraai, sou dit die lewe baie vergemaklik het.
LikeLike
Ek is nou 37 maar in my kop en lyf dink ek is ek so 28. Winterpraaitjies maak my baie bang. Gelukkig is die wat dit met grasie kan doen
LikeLike
Hello Sparkle 🙂 In jou kop gaan jy nooit oud word nie, jy gaan glo jy is jonk en is nog tot alles in staat. Dit is jou lyf wat jou in die steek begin laat, en nie wil saamwerk nie. Die kopding is goed… sodoende bly jy vorentoe beur, en aangaan met die lewe. Anders was ons almal oud voor ons tyd. Geniet jou lewe voluit, maak gebruik van elke dag…. en moenie jou noual oor die winterseisoen bekommer nie. Hier het ek nou my preek vir die dag in. Mooi dag vir jou 😉
LikeLike
O ja, ek wou nog vir jou sê op daardie motorfietsfoto van jou lyk jy nog so jonk. Sou nie dink jy is in jou dertigs nie.
LikeLike
Mooi woorde. Die bybel bevat soveel wyshede. DAnkie hiervoor.
LikeLike
Daar is nêrens mooier woorde as in die bybel nie. Lekker naweek vir jou Spokie 🙂
LikeLiked by 1 person
As daar niks is om voor te lewe nie, dan maak mens mos maar iets om voor te lewe. Al is dit net twee boontjie pitte in ‘n piering water met ‘n stuk koerantpapier bo-oor.
LikeLike
That’s the spirit!
LikeLike
Ag hoe smile ek nou vir jou Olga. Twee boontjiepitte in ‘n piering water…. classic!!!
LikeLike