Foto’s op my foon – tweede poging

Terug by die huis ná baie omswerwinge! 🙂 Dis nou ek, my laptoppie, my printer, my foon, my koffer, my koelboks met kos, my krat met kantoorgoed. 🙂 En wat moet ek ontdek? My bloginskrywing is getoor! Weg! Totaal weg!

Ek is nie ‘n fotograaf nie, ek neem sommer net herinneringe af met my selfoon. My man is ‘n kranige fietsryer en ry elke jaar die Argus. Die opwinding wat elke jaar opbou rondom die Argus het gewoonlik my keel laat toetrek… en as ‘n vriend my duidelik laat verstaan dat ek ‘n swak vrou is wat nie my man ondersteun omdat ek nie langs die baan staan en ‘n vlaggie swaai nie… daar trek my keel nog méér toe.

Vanjaar het ons nie ver van die wegspringplek af gebly nie, en ek en die meisiekinders het besluit om die wegspring te gaan beleef. Voorwaar ‘n ondervinding. Eers moet ons vreeslike ompaaie stap om uiteindelik by die fietse te kom. Hokke vol fietse. Sluk. Derduisende fietse. Sluk.

Of ek my man sien wegspring het? Hoe sal ek weet? Al wat ek weet, is, as ek tussen hierdie fietse was, het ek skittery gehad…

Been there, done that, got the T-Shirt.

So in ons omswerwinge was ons by die bergplaas. Ek gaan stap ‘n entjie, toe my man my kom optel en met ‘n nuwe bergpaadjie wat hy daardie dag gemaak het (lees ROF), gery het tot hoog in die berg. Ongelukkig was dit effens dynserig en bewolk en kon ons nie so ver sien nie. Die foto’s het ook ietwat donker uitgekom. Met die terugkomslag stop hy by die werkers, ek klim uit en stap, verdwaal amper, hy tel my weer op teen ‘n styl bult, laai my bo af, en toe kon ek huis toe stap. Hier is ook foto’s by wat ek van die huis af geneem het. Dis meer my tipe ding, het nog nie die T-shirt gekry nie. 😉

Sommer nog foto’s op my foon…

Net terloops… die foto’s van die ou post was sowaar nog op die internet…

Jammer vir die ongerief toe hierdie bloginskrywing heeltemal leeg was.

Toortsie

Onthou om by ons faceboekblad in te loer vir interessante bloginskrywings wat ek waakloop. By Pinterest het ek skakels na boerderyfoto’s wat ek geneem het.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

19 Responses to Foto’s op my foon – tweede poging

  1. Toortsie sê:

    Waar is die inhoud van my bloginskrywing? Wat het gebeur met hom? Is hier ‘n spook in die internet, want Scrapydo se post is ook weg? Of het ek iets verkeerd gedoen?

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Genade daar is beslis n gespook aan die gang. Waar is jou fotos? Ingesluk deur ……..? Sal more weer bietjie grawe om te kyk waar die goed wegkruip

    Like

  3. perdebytjie sê:

    Die spoke loop dik!Sien ook niks.

    Like

  4. Kameel sê:

    Ek kyk maar ek sien niks!!!!

    Like

  5. Ek kyk ook, maar ek sien niks…..!! En moet asb nie nou weer die arme “Nigeriër” die skuld gee nie….. 😉

    Like

  6. Kameel sê:

    Nou sien ek!!! Ek stem saam…. die landskappe gee sommer so ‘n rustige gevoel, terwyl die klomp fietsryers mens benoud laat voel.

    Liked by 1 person

  7. Dis nou sommer lekkerkyk-kiekies! Dit was die wag werd!

    Like

  8. Spokie sny spoor sê:

    Sjoe – die natuurskoon is ongelooflik. Pragtige fotos. Die fiets storie klink baie interessant. Wat ‘n ondervinding! Die kolletjie op die foto wat ons moet raai, is dit nog ‘n laaste stukkie van die sonsondergang?

    Like

  9. perdebytjie sê:

    Dit was die moeite werd om weer te kom loer.Pragtige foto’s!Die kolletjie is die volmaan???

    Like

  10. Mooi… en lekker gelees Miskien moet jy maar voor volgende Argus in ‘n kamera’tjie belê

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s