Daardie dag moes ek…

Daardie dag moes ek opgestaan het en vir my man gesê het, “Kom ons ry”.

Toe ons Labrador dood is, vra my dogter watter hond ons nou gaan kry. Ek sou graag weer ‘n Labrador wou hê, maar ek sê toe vir haar ons moet kyk watter hond oor ons pad kom.

Die Sondagaand kom kuier oom Phlip vir ons en ek vra hom of hy nie weet van iemand wat iewers klein hondjies het nie. Hy vertel dat hy van iemand met Rifruggies weet. Hy het juis vir hom ‘n tefie bestel. Daar is drie tefies en ‘n klompie reuntjies, hy was die eerste een wat ‘n tefie bestel het. Hy sou dit die Donderdag gaan haal.

Op ons versoek, bestel hy toe vir ons ‘n reuntjie.

Toe ons Donderdag by die rifrugeienaar sit en koffie drink, sê die man vir oom Phlip dat hy nie meer ‘n tefie kan kry nie. Daar is nou te veel mense wat tefies wil hê en hulle het besluit om een vir hulself te hou. 😯

Die toé wat ek moes opstaan en sê dat ons ook nie meer ‘n hondjie wil hê nie. 😦  Só maak mens nie met ‘n ou man nie! Met Niemand nie. 😦

Ons stap toe om my hondjie te gaan haal, die oom het nie saamgestap nie. Tipies ek, druk ek toe weer my neus waar hy nie hoort nie en sê vir die eienaar dat hy nie so kan maak nie, oom Phlip was dan die eerste een wat ‘n hond bestel het en ons het ver gery om die hondjies te kom haal.

Hy het toe wel vir die oom ‘n tefie gegee… maar eintlik… moes ek al by die koffietafel opgestaan en geloop het.

Toortsie

My hondjie is ‘n week later dood, vermoedelik slangbyt.

Hierdie is ‘n opdragstuk uit Write 101.

16 thoughts on “Daardie dag moes ek…

  1. Dis hartseer dat jou hondjie dood is!Ander mense het seker meer geld aangebied vir die tefie.Mense wat so op hul woord terugdraai,verdien geen respek nie.

    Liked by 1 person

  2. Dis rerig ongeskik om so sake te doen. Jammer die hondjie is toe ook nie lank met julle gewees nie. Ons het ook een slag n hondjie gekoop by n sogenaamde teler. Die pa was glo ingevoerde kampioen. Ons het n reuntjie gekoop en toe die eienaar van pa hoor dat ons sy papiere wil he mag hul dit nie gee nie omdat ek glo nie met die hond mag teel as sulks nie. Dit is nou tipies hoe daardie saamgekoekte telers doen om te keer dat jy nie kompetisie word nie. (Ek het n redelike kennis gehad van skoue en teel dat ek presies geweet het wat hul besig is om te doen.) Regte klomp skelms

    Like

      1. Netso! Dis hoekom ek sê ek het geweet dit mag nie! Ek het toe net by SA kennelklub aansoek gedoen en dit gekry. Eers wou sy ook nie die stamboom inligting gee nie.! Het dit toe na die tyd goed uitgesorteer. Die reun se eienaar was maar een van die bekende moeilikheidmakers

        Like

          1. Die ding is die nes met klein hondjies moet as n geheel geregistreer word deur die teler. Dis hoekom dit nie te moeilik is om die hond se agtergrond uit te sorteer van daar af nie.

            Like

  3. Ai – dit was seker nie ‘n lekker ondervinding. Laat my dink aan mense wat eerder ‘n seuntjie graag wil hê dan word ‘n dogtertjie gebore. Maar, op die ou end bly dit jou kind. Die hondjie kon miskien mooi uitgedraai het … eintlik hartseer storie.

    Like

  4. Wys jou net weer jy kry mense, en jy kry mense. G’n wonder ons word aangesê dat ons ja, ja, en ons nee, nee moet wees nie. ‘n Mens doen nie weer met so ‘n persoon besigheid nie want jy het jou respek vir hulle verloor.

    Like

    1. Eks nie by my rekenaar nie so ek kn dit nie tag nie. Jy moet basies begin met ‘n sin wat sê dat iets negatiefs gaan volg. Die beginsin moet eintlik die einde wees. Of so iets. Het jy ook so iets om te skryf? Loer by ons blogroll. Kies blogkursusse. Write 101. Dag 10 of 11.

      Like

    2. So mooi vir jou reply getik. Dit het nie deurgegaan nie.
      Loer bietjie by ons blogroll vir blogkursuse. Kies write 101 ek dink dag 11.
      Dit kom daarop neer dat jy eintlik met eindsin moes begin, dat jy die idee moes skep dat iets slegs gaan gebeur. Of so iets.

      Like

  5. Ai net toe die hondtjie in julle harte begin inkruip het. 😦

    Sulke dinge (ek verwys nou na die teler) leer mens maar net om te dink voordat mens vir enige iets ja se. Mens besef nie altyd hoe mense uitsien na iets en dan teleurgesteld word nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!