Toortsie se Toeka Tokkel: Operasie

Scrapydo vra: Wat maak jy met die woord, “operasie”?

Operasie kan natuurlik op verskillende maniere gebruik word. Om ‘n Piekelaar te wees verg sy eie verantwoordelikheid en dis ‘n behoorlike operasie om die huishouding nog glad te laat verloop, beskuit betyds gebak en droog te kry, wasgoed betyds gewas. Om die koffer in en uit te pak. Ja, ek weet hier is baie van julle wat dit julle hele lewe lank doen, om te pendel van een plek na die ander, maar vir my is dit maar ‘n storie.

Om vir ‘n ouma skoene te probeer koop… ja.

‘n Operasie van heel ander aard, is om van ‘n bewoude plaas ‘n ontboste een te maak. Gelukkig hoef ek darem net die foto’s te neem en die storie vir julle te kom vertel.

Ek dink my ma se twee keer per jaar klere koop vir ons was ‘n operasie waarna sy nie eintlik uitgesien het nie.

My eerste mediese operasie wat ek beleef het, was mangels. Toe ek ontwaak ná die operasie, het ek aansienlik minder tande in die mond gehad. Vir my is vertel dat die dokter nie verby die tande wat so in ‘n slegte toestand was, kon werk nie. Dis eers nou wat ek die som maak en by ‘n ander antwoord uitkom. Sien, ek was bitter bang vir ‘n tandarts en nadat ‘n tandarts die verkeerde tand getrek het, het ek geweier om weer my mond oop te maak. Ek het baie swak melktande gehad en ons is Hermanus toe om die tand te trek. Ek sê vir die tandarts watter tand seer is, maar hy besluit die kiestand aan die ander kant van my mond lyk erger… Heelpad terug huis toe huil ek toe steeds van tandpyn. 😦

Intussen het ek darem vrede gemaak met tandartse en was ek ook al ‘n hele paar keer in die teater. Blykbaar het ek die verpleegsters vreeslik gevloek ná ‘n noodkeiser op ‘n vol maag gedoen is, maar dit was darem net een keer. Gewoonlik is ek ‘n lammetjie en baie rustig in die teater, ek kry nie eers pre-med voor die tyd nie. 🙂

As jul iewers ‘n verlore kameel sien loop, vra haar of sy nie dalk ons Kameel is nie, Operasie Soek Kameel gaan ‘n groot een wees. Indien nodig, sal ek haar tog loop soek. Enige tyd. Enige plek. Maar intussen… hou julle ogies mooi oop, hoor. 🙂 Terwyl jul dan so soek, dink bietjie wat julle met die woord, “operasie” kan doen en skryf sommer daaroor. Onthou om vir Scrapydo te tag.

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

23 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel: Operasie

  1. Kameel sê:

    Hierdie kameel het ‘n skoonseun wat bereid was om ‘n hele Saterdag te spandeer om haar laptop uitgesorteer te kry. Na baie kopkrap, is alles skoongevee, weggewas, en ‘n splinternuwe program opgelaai. In skoonseun se woorde “To save you from yourself…. I am now the administrator of your laptop.” Dit beteken dat daar ‘n geheime pin is wat net skoonseun van weet, en dat kameel glad nie meer enige ding kan laai of wat ookal as skoonseun dit nie goedgekeur het nie. 😦 Ek het my operasie blog geskryf, en moet nou kyk of ek hom gelaai kan kry. Niks lyk of werk meer soos voorheen nie. Ek weet nie hoe om kappies of deeltekens te tik nie; maar ek kla nie,,,, ek het darem weer ‘n laptop.

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Ek sou baie de vieste in gewees het, het ek gegaan vir mangels en my tande is getrek!! Of miskien was dit ook maar ten goede, want jou tande is getrek terwyl jy slaap 🙂

    Like

  3. Spokie sny spoor sê:

    Is Kameel op soek? Toemaar – ‘n kameel keer altyd terug.

    Ek is ook nie baie lief vir tandartse, en vermy operasies waar ek kan. Maar vandag trek hul glo nie sommer meer ‘n tand nie? Hulle fix.

    Wel – as die ouderdom begin oploop, sal die wear-en-tear van die liggaam maar moet gefix word. Daar is nie vir alles spare-parts blykbaar nie. (Aardeland, weet nie waar kom al die engels vandaan nie.) Lekker dagie.

    Like

  4. Siestog … dit klink na ‘n nare ondervinding

    Like

  5. perdebytjie sê:

    Ek neem jou nie kwalik oor die randarts nie.Ek was eenkeer by een,wat ‘n gat in my tong geboor het!Ek dink hy het groter geskrik as ek!😜

    Like

  6. scrapydotwo sê:

    Dankie vir deelname! Tandartse was ook nooit my geliefkoosde plek nie. Ek val sommer flou nog voor hul naby my kom. Ons het as kinders n regte perdedokter gehad, hy het sommer al jou tande met silver stopsels gevul. My voortande het soos Yskor se staalwerke gelyk nadat hy klaar was. Moes al my tande gelyk laat trek omdat daar nie veel oor was om te stop nie. Gelukkig was dit n ander tandarts. Die perdedokter sou almal sommer gelyk uitpluk. Die nuwe dr het als onder narkose getrek en sommer nuwes ingesit.

    Like

  7. seegogga sê:

    Trek en nuwes insit? Klink na n goeie idee. Toorts lyk my jy het n paar katastrofiese operasies gehad….Arme Toortsie en arme susters!

    Like

  8. Kameel het in die wagkamer gewag terwyl haar skootrekenaar ‘n operasie ondergaan het. 😉

    Liked by 1 person

  9. Terug pieng: Toeka-Tokkel 12 : Seisoene | scrapydotwo

  10. Sparkle sê:

    My suster is ‘n stoelassistent by ‘n tandarts so ek sorg altyd dat ek na hulle toe gaan sodat ek haar hand met mening kan vasgryp.

    Ek weet darm nie of ek daai werk wil doen nie!

    Ek is bly jy is nog hier om al jou stories vir ons te vertel Toors! 😉

    Like

  11. scrapydotwo sê:

    Lyk my die kortsluiting het tussen jou en my gebeur. Ek het hierdie kant nou herstellings gedoen en hul werk nou reg uit. Weet steeds nie wat van die poste geword het wat so verdwyn het nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s