Hospitaaldinge

Scrapydo se toeka-tokkel: Operasie

rco0049Vandag gesels ek nie operasie nie, maar hospitaaldinge. Ek was agt maande swanger met Kenneth toe ek en Ken van Hillbrow af, Pretoria toe getrek het. Daar was een maand oor om gereed te maak vir die baba se koms. Op daardie stadium was ek deur die familie afgeskryf, dus was daar nie hoop op ‘n ooievaarspartytjie of bystand van familielede nie; en laat ek sommer hier se die geldjies was maar min. Die belangrikste was natuurlik om myself by ‘n hospitaal aan te meld. So bevind ek myself by die Moedersbond, en moet tot my ontsteltenis hoor dat ek dadelik in die hospitaal opgeneem gaan word, en eers na die baba se geboorte huistoe mag gaan. My bloeddruk was gevaarlik hoog, en daar was fout met my niere.

Ken sal my nagklere later bring, maar ek besef my nagklere sal nie voldoende wees vir ‘n paar weke se verblyf in die hospitaal nie, dus vra ek hom om vir my ‘n nuwe nagrok te gaan koop. Daar het ‘n maand voor my gelê waarin ek my oor ‘n baba wat naak in die wêreld gaan inkom – en indien daar nie ‘n wonderwerk plaasvind nie – ook naak by die huis gaan aankom – waar daar nie ‘n babakamer in gereedheid gebring is nie.  Maar op daardie oomblik was nagklere my grootste bekommernis.

Daar was sowat vyftien vroue in die saal waar ek gelê het; almal met probleme en wagtend op hulle babas se geboorte. Die ongehude moeders wie se babas vir aanneming gaan, het op die stoep wat met glas toegemaak is gelê. Ek sou in die daaropvolgende weke baie stories hoor, diep hartseer sien, maar ook baie lag.

Met besoeksure daardie aand bring Ken my badsakkie met toiletware, en ‘n plastieksak waarin my nuwe nagklere is. Gretig om te sien wat hy gekoop het haal ek die nagklere uit, en tot my ontsteltenis is dit ‘n swart, deurskynende, kort, en baie sexy toppie. Die bypassende broek is so ‘n einaaffêre, en om alles te kroon met ‘n gat op ‘n baie suggestiewe plek. My mond hang oop van verbasing, maar Ken se gesig straal van trots. “Ek kannie hierdie nagklere in ‘n hospitaal dra nie!!” sê ek vir hom, en heel verbaas wil hy weet hoekom nie, dit is dan sulke mooi sexy nagklere.

Ondersoektyd die volgende oggend wonder ek benoud wat die dokter gaan dink van my skamele nagklere. Toe hy die komberse van my aftrek wil ek eers my gesig wegdraai, en anderpad kyk, maar ek hou myself braaf, en lê asof onbewus van my naaktheid. Gelukkig wys sy gesig niks nie, maar ek kannie dieselfde van die suster sê nie – sy gluur my behoorlik aan. Kort daarna kry ek ‘n sedepreek oor geskikte drag vir ‘n hospitaal. Ken moes mooi netjies die nagklere weer huistoe neem…. vir latere gebruik.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

43 Responses to Hospitaaldinge

  1. Heita jy raak toe wild!

    Like

  2. perdebytjie sê:

    Dit wys net dat ‘n man anders na die wêreld kyk.Oulike stuk!

    Like

  3. scrapydotwo sê:

    O dis darem n gedoente as mens moet staatmaak op die manne se smaak. Ek kan ook n storie vertel oor die skamele nakleertjies en die suster wat sommer baie naar met my was.(was geleende nagklere omdat ek te siek was om voorsiening te maak!) Daardie tyd se kinders kry was ook maar nie vir enige vrou nie. As mens dit vandag vergelyk was die hospitale en hul maar “wreed” gewees. Alhoewel ek dink dit reeds weer baie versleg die afgelope jare. Dankie vir jou heerlike vertelling al was dit nie so baie lekker nie. (Ek weet gladnie hoe om kolletjies op oe te maak of n kappie nie- nooit dit geleer nie!)

    Like

  4. seegogga sê:

    Mmmm Ken, Ken, waaraan het jy gedink? Ek hoop hy het later darem vir d babatjie iets geskiks gekoop.

    Like

    • Kameel sê:

      Soos ‘n man gedink dis verseker. Wat klere vir die baba aan betref is ‘n storie op sy eie. ‘n Veertienjarige ongehude meisie het vir my ‘n truitjie in die hospitaal gebrei (Kosbaar!!!) Teen my wil het Ken my ouers van die baba se geboorte laat weet. Kry oproep van my ma in hospitaal. Gesprek gaan iets soos dit; “Hoor jy het ‘n baba,” “Ja.” “Het jy ooit klere vir die kind?” “Ja.” (groot lieg.) Gehoorbuis word neergesit. Later die middag kom daar van my ma ‘n yslike pak by hospitaal aan. Binne in alles wat ‘n pasgebore baba nodig het. Nie nodig gehad om enigiets vir eerste paar weke te koop nie. Dit was die wonderwerk.

      Like

  5. Toortsie sê:

    Vir almal wat wonder…. die Kameel is weer gevind … en hierdie stuk is deur die Kameel geskryf… nie die Preutse Toortsie nie… 😯 ….. ha ha ha ha haaaaaaaaa …. arme Kameel… maar hoor hier, dis skreeusnaaks!

    Like

  6. ddupl3ss1s sê:

    Nou wonder ek of jy toe babakleertjies gekry het. Lank terug (ek was dagma) was hier ‘n dagbaba wat se ouers bitter bitter arm was.. ek was in trane toe een van die ander kindertjies se oupa hier stilhou en vra “is dit hier waar die arm babatjie bly?’ toe maak hy die kattebak oop propvol nuwe babaklere en alles wat denkbaar nodig was – splinternuut gekoop. Ek het net so verskriklik gehuil toe daardie mamma skaars dankie gesê het en alles vir drankgeld verkoop het..

    Like

    • Kameel sê:

      Ai Dirkie, dit is hartseer van die babatjie..
      Ken het teen my wil my ouers laat weet van die baba se geboorte. Daardie middag het daar ‘n groot pak by die hospitaal van my ma af gekom. Daarin was alles wat ‘n pasgebore baba vir die eerste paar weke nodig gehad het.

      Liked by 1 person

  7. Spokie sny spoor sê:

    Hehehe – oulik man! Jinne, dis interessant om te dink dat hul in die ou dae die ongehude moeder gesien het as … sondig? Hul was of weggestuur of agter glas weggesteek.
    Vandag is dit nie eens meer snaaks as daar ‘n kind gebore word buite ‘n huwelik.

    Like

    • Kameel sê:

      Die skarlaken meisies; was so deur samelewing gebrandmerk.
      As kind van God keur ek nie vandag se seksueele losbandigheid goed nie, maar daardie jare was dit anders… daar was nie die rondslapery met verskillende maats nie. Het ek nou preuts geword?

      Liked by 1 person

      • Spokie sny spoor sê:

        Nee – dink ek is maar nog altyd preuts gewees… vir my is dit ook seksuele losbandigheid en nie aanvaarbaar in Gods oë.

        Like

    • Toortsie sê:

      In Denemarke is die ongehude moeders na ‘n eiland gestuur. Die ongehude vaders is gelos om nog ongehude moeders te maak… ai. Bly dis verby!

      Like

      • Kameel sê:

        Die lewe het darem baie verander. Party dinge ten goede, maar baie dinge het maar aftraandepad gevat. Ek is nou baie bly ek het nie in Denemarke daardie jare gebly nie!!! 😯

        Like

  8. Vlindersag sê:

    Dit was ‘n baie lekker-lees stuk.
    Ja, ‘n man is ‘n man.
    … En, ‘n ma is maar ook net ‘n ma 🙂 …

    Like

  9. HesterLeyNel sê:

    Askies dat ek lag oor jou swaarkry, maar dit was nou blêrrie snaaks! Ek was ook by die Moedersbond met my tweede seun (35 jaar gelede). Wonder of hulle nog bestaan?

    Like

    • Kameel sê:

      Ek het ook gewonder of hulle nog bestaan. Het jy hulle ook so streng gevind… alhoewel jy seker nie weke daar gele het nie. Daar is dinge wat in ‘n mens se lewe gebeur wat jy net nie weer vergeet nie…. soos die simpele swart nagklere 🙂

      Like

      • HesterLeyNel sê:

        Wel, dis die dinge waaroor jy in jou latere lewe lekker kan lag, maak nie saak hoe sleg jy op daardie stadium voel oor die gebeure nie. Sulke “skandes” raak net minder belangrik en eenvoudiger as jy ouer word – ek wil tog nie weer jonk wees nie.

        Like

  10. Ek weet van baie mense wat al moes gaan nagklere koop het omdat hulle hospitaal toe moes gaan. Ek sal ook moet. Wie besit ‘n japon?

    Like

  11. Terug pieng: Toeka-Tokkel 12 : Seisoene | scrapydotwo

  12. Sparkle sê:

    Kameel, dis was nou classic soos die engelsman sou se.
    Ek sien so verskillende oogpunte.
    Die een is van ‘n toekomstige mamma wat haar kop onder die komberste wil steek uit skaamte.
    Die ander is van ‘n man wat met sy beste bedoelings glad nie prakties gedink het nie.
    Die ander is van ‘n ma wat nie lekker dalk geweet het hoe om die sutasie te hanteer nie.
    Die ander is van ‘n suurpruim verpleegster wat dink “sies!”
    En die ander is van ‘n dokter wat die kombers oplig en dink…wtf!? (Skuus, daai woord is net so gepas in daardie situasie!)

    Vreeslik dankie vir deel hiervan. Elke dag leer ek soveel meer van mensewees by julle almal. Xx

    Like

    • Kameel sê:

      Dankie vir die kommentaar uit verskillende oogpunte gesien Sparkle….. dit was nou interressant (kannie meer onthou of dit een of twee erre het nie) Ek het nou lekker gelag.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s