‘n Piekelaar se getjommel

Kyk, mens moet mooi dink waaroor jy kla! Want Iemand hoor en doen iets daaraan…

So het ek vir jare myself jammer gekry oor die wal waarteen ek vaskyk. Arme ek 😦 My enigste geselskap is Amore Bekker van RSG en Faceboek en die blogmaats. 😦 Shame…

Toe word ek ‘n piekelaar. Eers was ek Nomade, toe Pendelaar, nou Piekelaar. En nou mag ek mos nie meer kla nie. 😯 Want ek PIEKEL agter my man aan, waar hy ook al gaan. Ek, my laptoppie, my koelboks met kos, my printer, my krat met my werk in. Die een dag kyk ek vas teen die wal, die volgende dag is die panorama uit my “kantoor” ‘n lieflike berg. Moontlik die dag daarna kyk ek uit oor lusernlande… wat meer wil jy hê? 😉 … Die Here werk HARD aan my…

Dis nie altyd sleg nie. Ons drink ‘n sundowner in die berg, sien en beleef nuwe dinge…

Iewers tussenin moet ‘n huis darem op sy manier huislik gehou word en moet daar dorp toe gegaan word en nog met die kleinkinders gespeel word en kerk toe en en en…

Maandae lei ek huishulpe op. Want sien, net sodra die een nou net lekker weet hoe om te stryk en die huis skoon te maak, trek die man op, of raak sy swanger, of, of of… Dit lyk darem of hier nou ‘n bietjie vordering kom. Jippieee! (Sjuut… oppas vir te gou bly raak!)

En dink jy jy gaan gou vinnig dorp toe, net met ‘n paar goetertjies te doen, wag daar ‘n verrassing om die hoek… by die oumas… wat nie meer aldag so lekker onthou nie… Ons wil dit nou by beide kry dat die ouetehuis sommer hulle sakgeldjies veilig hou… dis ‘n PROSES, hoor! Ja, hulle stem saam dis dalk baie beter.

Die een ouma het skoene nodig. Ons kry haar bankkaart en probeer geld trek. Ma? Hoe trek ma altyd geld? Die een week moet ek hoor dis by die poskantoor, maar later ontdek ons ‘n bankkaart, by ‘n bank. Hoe trek ma geld? Seker by die toonbank. Wys ma ma se ID? Weet nie. Kom by die bank met die bankkaart. Wat vra hulle? Pinnommer? Neeee… het nie so iets nie. Dan die ID. Dis weg. Dit was net ‘n papier. Ons gaan terug kamer toe, begin die kamer deursoek, kom op al wat ou ID en paspoort is, af, maar GEEN nuwe nie. Iewers lê ‘n papier… die PIN! 🙂

Die ander ouma soek haar geld. Waar is haar geld? NIEMAND het gesê dit word by die tessourier gehou nie. O ja, daar IS tye wat sy kan gaan geld haal, maar haar geld is nog nie daar nie, dit sal dalk goed wees as ons dit doen… ja ja jaaaaaaa

Die lewe is ‘n lied. Dans hom!

Baai!

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

13 Responses to ‘n Piekelaar se getjommel

  1. Kameel sê:

    Ja, pasop waaroor jy kla!!! Ek het mos oor my huis met baie kamers gekla, toe kry ek die voelnes 😦 Lekker piekel terwyl jy nog kan Toorts…. kort voor lank vra jou dogter jou hoe trek ma geld; waar is ma se bankkaart… en wat is die pin.

    Liked by 2 people

  2. Spokie sny spoor sê:

    Hiehiehie. Dis hoekom ek net EEn pin het, en dit sommer vir alles gebruik.
    Ja (sug), soms gaan dit rof met ons wesenkies. En ouderdom maak mens stadiger ook nog …

    Liked by 1 person

  3. Sparkle sê:

    Vra, en daar sal vir jou gegee word … 🙂

    Like

  4. Hehehehe dit klink ontstellend bekend

    Like

  5. scrapydotwo sê:

    Never a dull moment! Veral as jy gister se oomblik vergeet het en dit die volgende dag weer ontdek. Dit maak my party dae bang. My seun se dan altyd nee wat ek vergeet ook party dinge, dis niks ongewoons nie. As hulle maar net weet, hul tyd sal ook kom Ha ha

    Like

    • Kameel sê:

      Gee Toortsie nog ‘n paar jaar 🙂
      Wat my de vieste in maak is dat ek so goed kon spel en nou sukkel ek met die eenvoudigste woord. Die vergeetagtigheid tog; ‘n mens gesels nog en die volgende oomblik slaan jy ‘n totale blank… die woord is net weg 😦

      Like

      • Toortsie sê:

        Ag ekself vergeet al baie! Dan gaan my kinders weer oor my skryf! Ek bedoel darem nie om lelik te wees as ek hierdie skryf nie. Wou sommer net bietjie vertel wat in my lewe aangaan. Terloops die skoene is nog nie gekoop nie. Geld is darem al getrek.

        Like

      • scrapydotwo sê:

        Ek weet presies wat jy hier se. Dis met vriende se name ook so. Ek gebruik elke dag die naam en dan…….blank……..weg is die naam.

        Like

  6. Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel: Operasie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  7. HesterLeyNel sê:

    Gelukkig het ek ‘n dogter. ‘n Baie ouilike dogter. Betaal by die winkel se betaalpunt – paas net die kaart aan vir my dogter 😀

    Like

  8. Terug pieng: Operasie Skoene Koop | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s