‘n Stryery oor kleur

Toortsie se blog oor kleur wat verradelik kan wees, het my aan gister se stryery oor die kleur van hierdie rok laat dink.

IMG-20150305-WA0005My sus se dogter het die foto aan my gestuur en gevra watse kleur is die rok.  “Blou en swart” antwoord ek, maar nee, volgens haar het sy op dieselfde foon, onder dieselfde lig die foto aan die personeel in die stafkamer gewys; party sien dit as blou en swart, ander as wit en bruin.

Natuurlik moes ek dit toe op my kinders uittoets, met die gevolg dat dit op ‘n hewige stryery uitloop.  My skoondogter in Shelly Beach wil weet as die rok wit en bruin is watse kleur is die agtergrond dan.  So hou elkeen voet by stuk, en niemand wil kopgee nie.

Uiteindelik keer ek terug voëlnes toe.  Met dié dat ek my foon wil toemaak val my oog weer op die foto, en sowaar ‘n rok wat tot ‘n paar minute gelede nog blou en swart was is meteens wit en bruin.

26 thoughts on “‘n Stryery oor kleur

  1. Hehehe. Ja, soms kom kleure nie duidelik deur op kameras. Wat vir my interessant is, is dat die dame se halskleur en die strepe op die rok dieselfde pienk? meot wees dan?

    Like

    1. Spokie waar sien jy pienk??? Die ding met die foto is is dat ons op hierdie erf almal op dieselfde foon, onder dieselfde lig na die foto gekyk het. My twee dogters sien wit en bruin; ek donkerblou en swart, skoonseuns ook blou, en die kleinkinders wissel van silwer tot ligblou. As dit op verskillende fone was sou ek dit kon verstaan…. dit smokkel met my kop.

      Like

      1. Hehehe. Nee, daars nie pienk nie, ek het maar aanvaar die die kleur van die rok dieselfde lyk as die model se hals-velkleur. Toe dog ek dit moet mos dan pienk wees. Dit is eerder wit en bruin.

        Like

    1. As ek dit nie gisteraand in bruin en wit gesien het nie, het ek sommer weer aan die stry gegaan 🙂 Vanoggend is die foto toe weer blou en swart.

      Like

  2. Is julle bewus daarvan dat hierdie foto die internet verlede week tot stilstand gebring het?

    Dis nie oëverblindery nie, maar suiwer wetenskap (of biologie?) Ek het na ‘n praatjie op RSG geluister oor hierdie yslike stryery wat die rok veroorsaak het en verstaan nogal die verduideliking dat ons almal ‘n verskillende hoeveelheid resptore vir kleure in ons oë het. Die mense wat baie reseptore (hulle noem dit kegels) vir blou het, sien die rok as swart en blou. Die res van ons sien wit en goud, want ons het te min kegels om die blou te “registreer”.

    Uit my gesin het 3 dit gesien as wit en goud en 1 as swart en blou. Dis baie interessant en bevestig hoe uniek ons almal en ons uitkyk (letterlik dus ook) op die lewe is.

    Like

    1. Baie dankie dat jy vir my lig op die saak gewerp het!!!! Bly ons klomp was nie alleen in die gestryery betrokke nie. Ek meen…. ‘n mens sien mos wat jy sien, en dan sê ‘n ander ou vir jou dit is DEFENITIEF nie wat jy sien nie. 😯
      Sommer so terloops… ek is bly ek het die rok vir daardie kort oomblik in wit en bruin ook gesien; dit is mooier as die blou en swart 🙂

      Like

  3. Verlede Vrydag het een van die skoolseuns gevra dat ons na die prentjie kyk. Net een in die klas het wit en goud gesien, maar later so drie of vier in elke klas. Die oorspronklike rok is wel blou en swart. Dit was vir my moeilik om te verstaan hoe enigiemand dit as wit en goud kon sien, maar toe ek later die aand op my skootrekenaar kyk en net die boonste punt daarvan sien, kon ek verstaan. Dit het eintlik meer te doen met ons persepsies en hoe ons die agtergrond sien as fisiese verskille in ons oë. Dit is regtig fassinerend!

    Like

    1. Dit is fassinerend maar ai ook frustrerend. Is dit nie maar soos die lewe ook is nie; ‘n mens sien ‘n saak op ‘n sekere manier, en probeer soos jy wil kan jy nie ‘n ander persoon kry om jou kant van saak in te sien nie.

      Like

  4. Wit en goud, dis wat ek sien. Nou dink jou net in as iemand daardie rok wil koop, na die winkel toe skakel en die verkoopsdame het geen idee van watter rok die beller praat nie! 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!