Toe ek twaalf jaar oud was…

… het ek in ‘n lieflike ou plaashuis gebly.

Die ding van die plaashuise in die Kaap is dat dit so oud is. Anders as dorpshuise waar jy kan uitkies en in- en uittrek soos jy wil, kry jy mos ‘n plaashuis saam met die boer. Een wat al geslagte lank daar staan, dalk nog een wat sy ma en sy ouma in gebly het. Jy kan tog so maklik op verkeerde tone trap.

Want sien, oumagrootjie laat bou die huis met pragtige geelhout balke. Dan kom ouma en sy maak die geelhoutbalke met plafonne toe, want dis stof sif deurlopend deur die dak… dan huil oumagrootjie as sy bid oor die onheilige skoondogter wat die pragtige geelhoutbalke toekap. Die volgende geslag kom en ruk die volvloermatte en plafonne waarvoor ouma so duur betaal het, weer uit… Intussen bou elkeen ‘n stukkie aan en die huise word groter en mooier…

Soos ‘n vriendin se skoonpa vir haar gesê het: “Op hierdie plaas is die binnemure wit…”

My ma was lief vir tuinmaak. Ek dink sy was ‘n bietjie kompeterend ook. Sy het aan tuinboukompetisies deelgeneem. Ag, dan koop sy nuwe tuinboeke wat haar vriendin leen  en gou die idees daaruit gryp voor ma nog kon… 😉

Oupa het in ons tuin gewerk. Hy was ‘n Xhosa wat daar was lank voor ek gebore is. Hy het blykbaar help bou aan die silo’s (graansuiers) op Bredasdorp en toe dit klaar gebou was, het hy by ons kom werk. Hy het ‘n slag met kinders gehad en dit was ‘n fees om saam met hom in die tuin te wees. Hy het my toegelaat om my ma se duur plantjies te help uitplant, en ek vermoed hy het dit saggies weer reggeplant as ek weg is. 🙂

Melktyd saans het hy die makste koei vir my uitgesoek wat ek kon melk tot ek moeg was, en het ek nodig gehad dat iemand vir my ‘n ponie opsaal? Wie anders as Oupa?

Ek het een keer by my broer hulle gaan kuier, my dogtertjie was nog ‘n baba. Toe ek in die kombuis kom, is die baba weg!  Buite sien ek toe vir oupa loop met die baba in sy arms. Sy verweer? “Sy’t gehuil en niemand het gekyk nie!”

Ag, ek wou nog vertel van Paul en sy seun Tôtie wat elkeen 12 vingers en 12 tone gehad het, maar dit raak nou te lank.

Hierdie is ‘n opdrag uit Writing 101. Die doel van die les? Skryf sinne waarvan die aantal woorde verskil, nie almal dieselfde hoeveelheid woorde nie.

Groete

Toorts

20 thoughts on “Toe ek twaalf jaar oud was…

      1. Het Kindle waarop ek net weet hoe om te lees 🙂 en kannie so fyn tik dat ek ‘n blog op my foon kan tik nie. Het gister geluk/ongeluk op laptop getik en toe ek hom wou laai gesien ek kannie enige browser oopmaak nie. 😦 Tot skoonseun wat ‘n programmeerder is kon nie hond haar af maak nie.

        Like

  1. Sjoe – die plaashuis klink oud en groot en Kaaps. Het julle ook probleem met spoke gehad in hierdie ‘ou’ huise. Of is alles verbeeldingeit? My ouers het ons baie stories vertel oor ons Soekmekaar-huise. Dit was soos paleise.

    Like

  2. Heerlik gelees aan jou 12 jarige kort en langer sinne! Mens geniet dit om te skryf as daar n opdrag gegee word. Dit laat n mens dink en dan kom die skryf vanself! Ons het familie in die Vrystaat wat ook so n plaashuis gehad het. Die kinders het toe vir Pa en Ma n nuwe huis langsaan gebou en hul het self in die ou huis aangebly. Die huis word steed gebruik as basis vir boerdery(ek dink so want ek het lanklaas by hul gekuier! Groot merino boere van omgewing!)

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s