In die kombuis

My ma en Sara, haar huishulp, was ‘n gedugte span in die kombuis. My ma het resepteboeke gekoop en gelees soos ek storieboeke lees. Sy het van die nuutste modes en tegnieke in die kosbedryf geweet. In háár huis was elke middagete ‘n feesmaal, met poeding en al. Haar middagetetafels het altyd gekreun met die heerlikste disse, smaakvol en sorgsaam berei. Nie soos my kos alles deurmekaar nie. Nee, twee vleise, met rys en gebraaide aartappels, soet wortels, blomkool met kaas en witsous, boontjies met gebraaide uie en spek, soetpatats, soos nét Sara dit kon kook.

As ek reg onthou, kon Sara nie lees nie, maar ‘n resep kon sy volg en onthou. Wanneer my ma ‘n nuwe resep wou probeer, het sy by die toonbank gaan sit met die boek en presies vir Sara verduidelik wat daarin moet kom, die metode bespreek, en kom etenstyd, was daar die heerlikste, smaakvolste gereg waaraan jy kan dink.

Geen mens het ooit sleg geëet by my ma nie. En wou jy die lekkerste van lekkerte beleef, moes jy ‘n kersete by haar meemaak. Áls wat nodig was en wat tradisioneel by ‘n kersete hoort, was op die tafel. Dis kalkoen, gerookte varkboud, beestong… ag noem op, dit was daar! Heerlik.

Hierdie bloginskrywing is deel van Writing 101: Building a blogging habit. Tell us about your favorite childhood meal — the one that was always a treat, that meant “celebration,” or that comforted you and has deep roots in your memory.” (Dag 10)

As ek verder in die opdrag lees, kom ek agter dat hulle die student wil leer dat jy oor jouself moet skryf op jou blog, omdat jy uniek is. Dit wat jy oor jouself skryf, jou eie stories, is altyd anders as enige ander persoon s’n.

Ek dink nogals dat ek en Kameel dit op hierdie blog regkry. Ons skryf graag oor ons eie ervarings, ons stories. Soveel keer vertel iemand vir my iets en sê ek moet skryf daaroor. Ek kan nie, want ek kan nie ‘n ander ou se storie skryf nie.

Ek daag ook vir jou uit: Kom skryf jou eie stories op jou blog. Moenie dink dis te min werd nie. As jong dogter het ek so graag na my oumas se stories geluister en gewonder waar ek tog eendag stories gaan kry om vir my kleinkinders te vertel. Die wonder? Daar ís stories! Elkeen van ons se hele lewe is ‘n storie, uniek aan onsself. Ons vertel dieselfde storie verskillend, soos hierdie bloginskrywing getuig. Ons moet dit net vertel.

Go for it!

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 'In opdrag...., Blogging. Bookmark the permalink.

7 Responses to In die kombuis

  1. Kameel sê:

    Aag sug, lus maak jy my nou vir die plaas en kos wat net die “oumense” kon maak.
    Jy stel my nou gerus. Gewonder of die mense nie al siek is vir my en my stories nie. 🙄

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Ek het n hele storie geskryf en toe wou internet nie dit stuur nie. Nou het ek nie lus om weer als te se nie. Die ete voorbereiding klink soos my skoonma se manier – eg Suid Afrikaans- heerlik! mens se eie stores is nie vervelig nie want almal sn is uniek

    Like

  3. Elke dag? Klink lekker, maar julle moes vreeslik bedrywig gewees het.

    Ek druip daardie blogtoets met lof. 😉 Ultimate blogfailure. Ek dink ek moet dit my blog omskrywing maak.

    Like

  4. Neeeee my kop werk nie in woorde nie maar met prentjies

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s