In opdrag van Scrapydo oor geluk/ongeluk. Eintlik het Scrapydo gesê dat my bloginskrywing oor die gebou in Stellenbosch kwalifiseer.
Ontbossing is ‘n sensitiewe onderwerp. Een waaroor ekself ook sensitief is. Dis vir my so hartseer dat die boere soveel keer teenoor natuurbewaring geskets word, asof ons vyande is, twee teenpole. En tog, wat maak boere anders as om die natuur te bewaar terwyl hulle kos produseer? Vir hulle eie behoud is dit nodig dat hulle die lande beskerm en bewerk op die beste moontlike manier.
Kyk wat skryf Wikipedia oor Black Wattle: “Acacia mearnsii is a fast-growing, extremely invasive leguminous tree native to Australia. Common names for it include black wattle, Acácia-negra (Portuguese), Australian acacia, Australische Akazie (German), Swartwattel (Afrikaans), Uwatela (Zulu). This plant is now known as one of the worst invasive species in the world.”
Ongelukkig is Black Wattle daar waar ons in die berg ‘n melkery het, ‘n gegewe. Brandgevaar! As ons Kaapse berge aan die brand raak, stuit dit vir niks. Daarom word daar werk gemaak om hulle soveel as moontlik uit te roei.
Bome word afgesaag en spanhoute word daarvan gemaak. Dan word die spanhoute geweek in ou olie, sodat hulle langer kan hou. Gelukkig kan ons dit vir draadheinings op ons eie plaas gebruik. Ongelukkig is dit ‘n baie stadige proses en baie arbeidsintensief. Die bome loop ook so vinnig weer uit! Ongelukkig is die beste manier om maar die bome uit te haal. Daarvoor gebruik ons ‘n implement waarvan ek nie sal WAAG om sy naam te tik nie. 😉
Hierdie masjien haal ‘n boom met een hou uit die grond uit. Ongelukkig is dit ‘n baie duur proses. Gelukkig belowe die Staat mos dat hulle betaal vir ontbossing. Ongelukkig het die Staat nie geld om dit te betaal nie, so, ongelukkig is dit vir die boer se eie rekening…
‘n Groot masjien is ingehuur om die bome fyn te kerf. Die kleiner masjiene bring die bome nader, en voer dit vir die “boomvreter”, wat dit in klein stukkies opkerf en in die blou wa gooi. Gelukkig is daar deesdae kontrakteurs beskikbaar wat sulke werk doen!
Die stukkies word in hope gegooi en met miswater, afkomstig van die melkstal, natgegooi. Daar word kompos van gemaak, ‘n proses wat ek nog nie behoorlik weet hoe dit werk nie, iets van erdwurms, en kompostee en allerhande groot woorde.
Gelukkig kan elke stukkie indringerboom wat uitgehaal word, teruggeploeg word op ons eie grond, daar waar verbrakking ‘n probleem is, en só kan ons dan ons grond verbeter.
Terwyl ek nou foto’s aan die aflaai is, die melkstal: As ek mooi onthou, vertel ek julle nog eendag meer van die melkstal en die melkery.
Boeregroete
Toorts
Onthou… Landbou voed u. 🙂 Met graagte… xx 😉
Op Pinterest het ek ‘n bord met skakels na my boerderyblogs. Dit sal met tyd nog aangevul word.
Ek hou baie van julle melkstal,Toortsie.Toe ek student was het ons geleer van die verskillende melkstalle bv die tandem uitleg.Die bakteriologie en pasteurisasie van melk is ook ‘n moeilike maar interessante bedryf.Watter pasteurisasie proses gebruik julle?Die chemise samestelling van melk is ook interessant.
LikeLike
Nee ons pasteuriseer nie. Ons melk en Nestle kom haal die rou melk. Ons melk word vir kondensmelk gebruik.
LikeLike
So julle koeie is baie soet? 😉
LikeLike
Soet? Nie stout nie. 🙂
LikeLike
Noem hulle hierdie ‘n “visgraatstal”?
LikeLike
As ek so na die foto kyk,lyk dit soos die visgraat uitleg.
LikeLike
My dogter het ‘n paar jaar gelede die kamferbome wat so vervuil in KZN laat uithaal. Dit was dieselfde proses behalwe dat dit op ‘n stadserf is en daarom het ons vir weke nie ‘n tuin gehad nie. Maar die opsnysels is wonderlik vir die grond.
LikeLike
Dit was interressant. wonder nou of dit dieselfde bome is wat die wêreld hier toegestaan het toe skoonseun hulle die erf gekoop het?
LikeLike
Oeee ek ken nie bome nie… ek vra maar die slim mense.
LikeLike
Dit was heerlike lees, Toortsie.
LikeLike
Mooi Blog èn mooi Jerseys in die stal.
LikeLike
Dankie
LikeLike
Jong, hierdie is die stal in die berg. Jy moet sien as ek jou die “regte” Jerseystal wys. 🙂
LikeLike
Enige dierasie maak my kloek, wys nog van die koeie, toe Toors!
(Btw, ek het altyd gewonder hoe lyk Black Wattle bome, nou weet ek)
LikeLike
Ek weet nie of ek hul sal herken nie.
LikeLike
Baie interessant Dankie vir die deel
LikeLike
Die black wattle is beslis n verpesting. In 1980-1993 Het ons gereeld v Secunda Rand toe gery. In daardie 12 jaar het daardie einste Wattles die sykante van die hoofweg toegegroei! Ek is so bly dat julle die bome totaal en al kan uitroei en tog ook kan gebruik vir voeding in grond. Dis nou n baie mooi geluk/ongeluk beskrywing. Dankie vir deelname weereens.
LikeLike
Dankie. Ons sal maar nie alles kan uitroei nie. Hul staan nog dik in die klowe waar ons nie sal kan inkom met die masjiene nie.
LikeLike
Ja so gaan dit maar. Mens is eintlik in n mate magteloos. Hier is ook n indringer bos wat oorspronklik as tuin plant gebruik is. Nou is die heuwels oortrek daarmee en dis net onmoontlik om uit te roei
LikeLiked by 1 person
Sjoe jul melkery lyk beslis goed ingerig. Het nie besef jul is sulke groot melkboere nie. Jul het nie dalk n melkstal helper nodig nie? Sal dit baie graag wou doen net vir kos en onderdak!
LikeLike
🙂 in mwlkboer terme is ons maar ‘n dwergie.
LikeLike
Ek sal dit glo! Die intensiewe boerdery is net oorweldigend met al die massas diere wat gebruik word om weer al die massas mense te voed
LikeLike
Dis wonderlik dat julle die black wattle bekamp, en dit nog kan gebruik ook. Elke bietjie help! Sou gaaf gewees het as die staat kom help het, maar hulle is besig jong 😉
LikeLike
Ons het baie Black Wattle gechip maar dit raak nou net te duur… of moet ek sê die prys raak te lank. Ek hoop regtig dat ons darem ‘n hele klompie kompos sal hê. Die grootste uitdaging nou is om die grond skoon te hou, daar is mos nou baie saad en stukkies wortel wat weer gaan groei.
LikeLike
Ja, onderhoud is die sleutelwoord. Mag die Engelse wat dit oorgebring het, maagpyn in hulle dooie gebeendery kry!
LikeLike
Jong, ons moet oppas om maagpyn uit te deel… ons maak weer nuwe foute! 🙂
LikeLike
As mens maagpyn verdien ….
LikeLike