Het ek nou Ballade vir ‘n Enkeling, deur Leon van Nierop, geniet!
Aanvanklik kon ek nie vat kry aan die boek nie. Ek het dit gekoop omdat ek gedink het dit hou verband met die TV reeks, en toe ek begin lees het, het die verbintenis my afgesit. Weet sowaar nie hoekom nie! Ek het nie destyds die reeks gevolg nie, net hier en daar geloer, en al wie ek onthou is Tant Stienie!
Soos ek verder gelees het, het dit my net meer en meer gegryp. En gehou. Sjoe! Wat ‘n verhaal! Later kon ek die boek net nie neersit nie.
Ek het Carina, die joernalis baie geniet, veral haar eerlikheid, veral dat sy juis nié sensasie gesoek het nie, maar die waarheid. Ongelooflik hoeveel moeite sy gedoen het om Jacques in die hande te kry.
Die verhaal lees lekker, en ek hou daarvan dat die storie jou ‘n bietjie “rondgooi” in tyd, dat dit nie chronologies loop nie, dat daar tot op die end verrassings is, want nes jy dink, nóú weet jy wat aangaan, is daar ‘n nuwe kinkel in die kabel.
Ek sien dis nou op ‘n spesiale aanbieding by Kalahari.
‘n Boek wat regtig toevallig in my mandjie by Kalahari beland het, is Karretjiemense, deur Carol Campbell. Om een of ander duister rede kon ek nie daarvan ontslae raak nie en dit was ‘n skrale R39. As daar nou iets is waaroor ek bly is, is dit hierdie toevalligheid! 🙂
Ek het die storie van die gesinnetjie met hulle donkies en kar so geniet. Ek dink ek het ‘n hart vir sulke mense, ander kere wonder ek of ek regtig het, maar Campbell het my gehelp om regtig amper in hulle skoene te klim en die Karoo deur hulle oë te beleef.
Dis ‘n pragtige, deernisvolle storie wat my wys hoe die karretjiemense dink en leef, soveel anders as ons! Ek kon nie anders as om dankbaar te wees vir wat ek het , veral ook die keuses wat ek het nie.
Ek maak ‘n lys van boeke wat ek al genoem het, by Pinterest.
Groete
Toorts
Het jou boeke gevind op Pinterest
LikeLiked by 1 person
Klink rerig na lekker leesstof. Dankie jou opsomming daarvan.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan vir kerel vra om Karretjie mense vir my te koop. (Ek het net nie die geduld met internet betalings nie) Teen daai prys kan mens nie nee dankie daarvoor se nie!
LikeLike
Dis dan so gou? Dis juis die rede dat ek so baie boeke koop omdat dit so maklik is. 🙂
LikeLike
Tannie Stienie was in Agter elke Man.
Lees nou aan Ballade. 😉 Sal my sê sê wanneer ek klaar gelees het.
LikeLike
Dis dan so gou? Dis juis die rede dat ek so baie boeke koop omdat dit so maklik is. 🙂
LikeLike
Ek dink verkeerde kommentaar het nou deurgegaan. Ag tog, so ek was nog heeltyd in verkeerde tv reeks? Gn wonder die storie wil nie klop nie! Nou waaroor het Ballade dan gegaan?
LikeLike
Min of meer soos die boek. 😉 Kom ek gee jou die akteurs:
Jaques – Gavin van den Berg
Carina – Karin Retief
Chivas – Marie Pentz
Liebet – Babs Laker
Gavin – Tjaart Hugo
Alicia – Annalien Kriel
Een van my gunsteling reeks ooit. As ek ooit die DVD raak loop, koop ek dit dadelik.
LikeLiked by 1 person
Ek sou dit beslis gekyk het. Ek het dan die cd waarop die musiek, of van dit, is. Nou ja die ouderdom…
LikeLike
En die musiek . . .
Voshaarnooi, Tussen Treine, Enkeling . . .
LikeLike
Ken die musiek… sien dis hoe my koppie werk. Ek onthou al die musiek maar nie die storie nie. Tsk
LikeLike
Ek sien nogal uit na die film van Ballade vir ‘n Enkeling wat later hierdie maand vrygestel word. He he….was darem destyds smóóóóóó’rverlief op Gavin van den Bergh in die rol van Jacques.
LikeLike
Ek gaan nodig hê om dit weer te kyk. 🙂 Gavin van den Bergh het darem vele dames se bene lam gemaak.
LikeLike
Het juis karretjiemense gekoop om te lees. Snaaks genoeg Balade het ook my oog gevang.
LikeLike