Gemaak en gelaat staan?

Ek dink dit was Stephan Joubert wat die Aandgedagte op RSG gedoen het. Ek was in die motor, en het nie soveel gelet op die naam van die persoon of die program nie.

Hy noem dat dit 18 sekondes neem om iemand op te som. Hoeveel sekondes, maak seker nie saak nie, maar dis só waar dat eerste indrukke blywend is, wat, volgens hom, baie gevaarlik is.

Ja, ek maak my ook daaraan skuldig. Ek som ‘n persoon baie vinnig op. Die probleem is dat jy daardie opinie baie keer lewenslank hou.

Nou dink ek aan myself. Ek het al ervaar dat van my vriende wat ek as jongmens gehad het, met wie ek kontak behou, maar nie so
baie nie, nog van my dink soos hulle 30 jaar gelede gedink het. Natuurlik het ek in baie opsigte net dieselfde gebly, maar ek het regtig aan myself geskawe en sommige van die ou swakhede ietwat onder beheer gebring. Soveel so dat ek nou soms wonder of dit wel die regte ding was, of daardie swakhede nie dalk nodig was nie? 😉

Jare gelede was ek by Amway betrokke. As deel daarvan was die Dream Builders Assosiation, waar ons weekliks na ‘n motiveringstoespraak op ‘n bandjie geluister het en maandeliks ‘n opbouende boek moes lees. My senior het gesê, dat, al hou jy nie aan met Amway nie, dit wat jy by hulle geleer het, ‘n leeftyd ‘n indruk op jou gaan maak.

Wat baie van daardie sprekers hulself gevra het, was of hul in die afgelope jaar gegroei het.

En ja, my senior was reg. Ek hét uiters waardevolle goed in daardie tyd geleer. Waaroor ek die blyste is, is dat hul die lees van opbouende boeke aanbeveel het, iets wat ek steeds graag doen.

Soms sê mense vir my met ‘n liefdevolle glimlag, dat ek nog net dieselfde is. Daaroor is ek baie bly, dit beteken ek is nog steeds ek, maar ek hoop regtig dat, as hul terug dink, hul volwassenheid en groei sal raaksien.

En jy, is daar groei by jou? Werk jy daaraan?

Soos die persoon op die radio gesê het, ons is mos nie net gemaak en gelaat staan nie.

Hoop nie so nie. 🙂

Toorts

17 thoughts on “Gemaak en gelaat staan?

  1. Dit is waar.ons is nie gemaak en laat staan nie. Met al die invloede om jou moet jy groei, maak nie saak of jy op groei, sywaarts groei of dan natuurlik afwaarts groei nie. Mens raak ook meer volwasse en dalk minder of meer uitgesproke. Eerste indrukke is werklikheid, dis menslik.

    Like

  2. Ek sal nog ‘n blog oor hierdie eerste indruk ding moet skryf. Ek dink inhirent bly jy dieselfde persoon, maar die lewe het ‘n manier om jou te skaaf en vorm….. partykeer ten goede…. partykeer nie. Hang af hoe mens die lewenslesse hanteer. Hietdie ding loop veel dieper as wat ‘n paar woorde kan sê.

    Like

  3. Om in 18 sekondes iemand op te som? Sjoe – weet darm nie. My betrokkenheid by stukkende vroue het my geleer dat mense baie maskers dra. ‘n Bree glimlag by iemand as jy net ontmoet, kan selfs ook ‘n masker wees wat seer of karakter wegsteek ..

    Like

      1. Is so. Verseker is daar ‘n eerste indruk. En ongelukkig is dit soos jy sê – blywend. Jou stukkie is goed geskryf, Toorts.

        Like

      1. Toemaar, ek is ook ‘n gewone mens soos jy. Ek dink ‘ondervinding’ speel hier dalk ‘n belangriker rol.
        (My kennis kom eerder van Bo – sonder Sy hulp Toorts, sal ek niemand kan help… Partykeer is dit net ‘n woord van kennis of wysheid ingeplant in my hart van Bo.)

        Like

  4. Toortsie,jy kan gerus vir jou die boek,Legkaart van jou gesig kry deur Marthie Mare.Die boek verduidelik waarna ‘n mens moet kyk wanneer jy met iemand gesels.Dit is vir my ‘n baie betroubare manier om iemand op te som en deur die kennis het ek al na die tyd vir iemand gevra of hy so en so is en ek moet jou se in 99.9% van die gevalle was ek in die kol gewees.Ek noem graag een kort voorbeeld nl persone met reguit voorkoppe is logiese denkers,skuins voorkoppe is visuele denkers en ronde voorkoppe is kreatiewe denkers.Jy sal die boek baie interessant vind.

    Groetnis.

    Like

  5. Mense wat meer weet as ek sê dis ‘n wanopvatting dat mense wat jok jou nie direk in die oë kyk nie. Mense wat maklik jok, kan jou reguit in die oë kyk en meer geloofwaardig lyk as iemand wat net skaam is en die waarheid vertel.

    Like

Gesels saam, asseblief!