Vanaf die poskantoor tot by ‘n Engelsman

Scrapydo se toeka-tokkel: werk/beroepe

stock-vector-typist-retro-clip-art-56908465In daardie jare was daar nie die beroepskeuses wat daar vandag is nie.  Meeste van die slim kinders het vir onderwyseresse gaan studeer.  As jy jou matriek gemaak het – wat ‘n redelike prestasie was – het jy in die bank gaan werk. Knders wat nie wou leer nie is in standerd agt uit die skool uit, en die poskantoor was hulle voorland.

Met aanmoediging van Mnr Bekker het ek my matriek gemaak, en in die poskantoor gaan werk.  Nie agter die toonbank nie, maar doer in die lug in Joubertpark.  “Oor my dooie liggaam gaan ‘n dogter van my in die poskantoor werk,” het my pa gedreig.  Ek het my nie aan hom gesteur nie, en het daar begin werk.  Vier wonderlike jare het gevolg.  Die werk was eentonig maar ek het saam met lieflike mense gewerk, en elke dag geniet.

Tussen my huwelik, egskeiding en tweede huwelik deur het nog ‘n paar werke gevolg.  Trust Bank was een daarvan maar het definitief nie die gees gehad wat daar in die poskantoor was nie.  Toe op ‘n dag beland ek voor ‘n Skot vir ‘n onderhoud by Mutual and Federal.  Hoe ek daardie werk gekry het weet ek nie; ek kon die man se eienaardige aksent glad nie verstaan nie.  Dit was egter my inlywing op dit wat later sou volg.  Met die onverstaanbare stem in my ore (my werk was op ‘n dikteermasjien) en ‘n woordeboek op my skoot, het ek dag na dag oor daardie tikmasjien gesweet.  “You read the dictionary like a best seller,” het ‘n vrouebaas eendag gelag.  Dit was ‘n rowwe tyd, maar die dag toe ek daar uitstap kon ek Engels praat – ek was met ‘n Engelsman getroud maar my Engels was maar power – Engels spel, en die Engels wat ‘n Skot praat, verstaan.

Na Kenneth se geboorte gaan werk ek by Eskom as seketaresse vir die Hoof Ingenieur, Kernkrag.  Hy was ‘n kort beneukte Engelsman met ‘n onverstaanbare handskrif, in rooi pen. Ingenieurs vanuit Switzerland, Frankryk, Skotland, Engeland, Amerika, Duitsland ens, word aangestel vir die nuwe kernkragstasie wat gebou gaan word.  Framateg, ‘n Franse maatskappy het die kontrak gekry, dus wemel die wêreld van kort Fransmanne.  Die kantore word ‘n miernes van bedrywigheid, en die verskillende aksente een babelse verwarring. Eers sukkel ek om sin uit alles te maak, maar later verstaan ek almal baie goed.  Een ding het almal egter in gemeen; ‘n heilige vrees vir my beneukte baas, en almal krap kop oor die onverstaanbare rooi handskrif.  Ek moet gedurig vir hulle sy skrif ontsyfer, en voordat hulle sy kantoor binnegaan wil hulle al trippelend weet in watse bui hy is.

Ek sou seker swaar onder diè klein Engelsman geleef het was dit nie vir ‘n sekere oggend sowat ‘n maand nadat ek vir hom begin werk het nie.  Hy het ‘n manier gehad om sonder om te groet die kantoor in te storm; in die verbygaan ‘n snedige aanmerking te maak, en dan sy kantoordeur agter hom toe te slaan.  Diè spesifieke oggend doen hy dit weer.  Met my handsak in my hand stap ek sy kantoor binne en gaan staan voor sy imposante lessenaar.  “Are you satisfied with my work?” vra ek hom.  Hy kyk my verbaas aan en sê ja.  Net daar vertel ek hom dat hy nooit nodig sal hê om oor my werk te kla nie, want my werk is my trots.  Maar een ding moet hy goed verstaan ek is nie ‘n stuk gemors wat hy kan behandel soos hy wil nie.  As hy nie kans sien om my te respekteer deur my te groet, en ordentlik met my te praat nie, moet hy nou so sê want dan loop ek.  Hy het nou nie so sag soos ‘n lammetjie in my hande geraak nie, maar in die jare wat gevolg het ons ‘n goeie verstandhouding gehad.  Hy het net eenkeer weer uitgehaak, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander tyd.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

23 Responses to Vanaf die poskantoor tot by ‘n Engelsman

  1. Aha hier kry ons nou die skuldige … as jy aangehou het by die poskantoor was jy nou al direkteur generaal of iets en was die diens nie so in ‘n gemors nie!

    Like

  2. Kameel sê:

    Hoe lekker het jy my nou uitgevang 😉 Ek is seker alles sou seepglad verloop het….. politiek uitgesluit.

    Like

  3. Toortsie sê:

    Ja, die Skotte kan sowaar nie Engels praat nie!

    Like

  4. scrapydotwo sê:

    Dit is nou n lekker terugflits! Ek het vriendinne gehad wat in poskantoor werk of gewerk het. Hul is alger liewe en oulike dames. Kan goed glo dat dit n babelse duermekaar spul was met al die nasies so onder een dak. Goed dat jy die Skot laat verstaan het hoe dit moet wees. Dankie vir jou deel ek gaan gou dit inpos by deelnemers.

    Like

  5. Terug pieng: Toeka Tokkel 10 : Geluk/Ongeluk | scrapydotwo

  6. seegogga sê:

    Jy het die Skot darem netjies getem! Tien uit 10 daarvoor.

    Like

    • Kameel sê:

      Hierdie baas van my was ‘n Engelsman en nie ‘n Skot nie. Dink dit is erger want die English Lords het so ‘n hovaardige houding. Ek is net so dankbaar ek het my man teen hom gestaan. Hy sou my lewe baie moeilik gemaak het.

      Liked by 1 person

  7. Die dae toe ‘n vrou wat verder gaan leer het basies die keuse tussen maatskaplike werk en onderwys gehad het.

    Ek het ‘n paar jaar terug ‘n tannie ontmoet wat jare lank posmeester was. Haar man in die tyd was ‘n pastoor. Daar was beslis heelwat goeie mense in die poskantoor op ‘n tyd. Tot hulle afgetree het. Of uitgewerk is.

    Like

    • Kameel sê:

      Ek het nogal maatskaplike werk oorweeg maar was nie lus vir verder leer nie.
      Tot vandag toe dink ek met groot deernis terug aan daardie wonderluke mense saam met wie ek in die poskantoor gewerk het. Daar was nie die snobisme wat ek in Trust Bank ondervind het nie.

      Like

      • Ag askies tog Kameeltjie man, ons was darem nie almal snobs nie 😀

        Ek het by Barclays begin wat FNB geword het, weggeloop na Trust Bank toe wat Absa geword het en toe tog maar weer opgeëindig by Barclays.

        Like

        • Kameel sê:

          Nee Hester almal was nie snobs nie!!! Dink ek het net nie by ‘n lekker tak gewerk nie. Die meisie wie se werk ek moes doen was klaar weg toe ek begin het. Dit was asof niemand geweet het, of wou help om my touwys te maak nie. Ek het op ‘n baie harde manier uitgevind wat my werk nou eintlik behels. Na my bedanking wou hulle eers hê ek moes aanbly om iemand op te lei. Ek kon dit net sowel gedoen het, want hulle het my gedurig by die huis gebel om te hoor waar is dit, en hoe doen jy dat.

          Liked by 1 person

          • HesterLeyNel sê:

            Ek het gelukkig by die hoofkantoor gewerk, eers in die Kaap, toe in Bloemfontein en die laaste dekade in JHB. Ek glo nie ek sou lekker in ‘n takomgewing ingepas het nie. Ek is tot vandag toe nog nie lief om in ‘n banktak in te stap nie – internet banking werk vir my!

            Like

  8. Sparkle sê:

    Goed vir jou Toors! Klink of jy ‘n goeie regterhand vir die Skot was

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s