‘n Stukkie perspektief

Dis vir Sandra lekker, hier waar sy en Theuns hand aan hand langs die see loop. Hulle was so lank laas vir ‘n naweek iewers heen, hulle is albei baie besig met hulle eie dinge. Selfs nou gesels hulle nie so baie nie, maar die saamwees is vir haar tog te lekker.

Daar sit ‘n ou tannie en brei aan ‘n klein, rooi truitjie, seker vir haar kleinkind. Sandra wonder wanneer sy die voorreg gaan smaak om haar eie kinders te kan hê, hulle sien al so lank uit na ‘n ou kleintjie. Tog bly die voorreg haar ontwyk…  sy aanvaar dit dat dit sal gebeur wanneer dit tyd reg is.

Sy kom agter dat Theuns die laaste tyd baie gespanne is. Gewoonlik vertel hy haar sy probleme, maar dis of hy net stil geraak het, of hy iets vir haar wegsteek. Wat kan dit tog wees? Sy is so lief vir hom en gun hom net geluk. Hoekom huil hy dan nou?

Tannie Ems sit, soos oudergewoonte op die bankie en brei. Dis vir haar lekker ontspannend om so na die see te kyk en haar gedagtes sommer net te laat gaan. Haar kinders woon so ver van haar af, daar in Australië. Sy sien hulle maar min. Nou is die tweede kleintjie, haar naamgenoot, al gebore en sy het haar nog nie eens gesien nie. Nee, nee, sy gaan nie nou sit en swaarmoedig raak nie!.

Die vooruitsig is darem dat hulle oor ‘n maand SA toe kom, en dit vir ‘n hele drie weke! Ai tog, sy moet hulle egter deel met die skoonfamilie en hulle vriende ook, almal wil hulle tog so graag sien, so hulle sal net ‘n week by haar wees. Maar sy neem haar nou al voor om nie te kla daaroor nie, sy gaan hulle net voluit geniet. O, sy kan nie meer wag nie! Klein John is nou al drie jaar oud en hulle gaan so lekker speel! Sy is juis nou besig om vir hom ‘n truitjie te brei. En dan is daar nog haar liewe nuwe naamgenoot, klein Emma. Wat ‘n voorreg, dis net so jammer dat sy hulle so min sien.

Tannie Ems sien die paartjie hand-aan-hand aangestap kom. Nee, sy ken hulle nie, dis seker naweekgangers. Ag, waar’s haar dae wat sy ook saam met haar man so geloop het langs die see? Die tweetjies lyk so gelukkig… maar hoekom huil die man dan nou?

Theuns het ‘n swaar klip in sy hart. Hy is so lief vir sy vrou, maar hóé gaan hy vir Sandra van sy probleem vertel? Sy is só ‘n blymoedige mens! Dis vir hom so lekker om net die naweek alleen met haar te wees, maar iewers hierdie naweek sal hy vir haar moet vertel. Hy weet net nie hóé nie.

En nou sit hier nog ‘n tannie en brei aan ‘n kindertruitjie, net om dinge te vererger!  Hoe gaan hy die slegte nuus aan haar oordra?

………………………………………………………………………………….

Writing 101, dag 9: 

A man and a woman walk through the park together, holding hands. They pass an old woman sitting on a bench. The old woman is knitting a small, red sweater. The man begins to cry. Write this scene.

Today’s twist: write the scene from three different points of view: from the perspective of the man, then the woman, and finally the old woman.

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 'In opdrag...., Toorts se verbeeldingsvlugte. Bookmark the permalink.

15 Responses to ‘n Stukkie perspektief

  1. seegogga sê:

    Ek se mos: een vd dae n boek….. baie mooi!

    Like

  2. Kameel sê:

    Dit is mooi, maar ek krap kop. Waar is scrapydo se taak van hierdie week? Dit is Donderdag en nog nie ek of jy het dit geskryf nie.

    Liked by 1 person

  3. scrapydotwo sê:

    Pragtig geskryf Toorts! Ek onthou ook die storie van die breiery en die huilende man!
    Ja, Kameel ek sit ook nou en skryf nog aan die nuwe opdrag. Amper daar! Net een het nog geskryf!

    Like

  4. Sjuuu – nou het my my lekker nuuskierig …

    Like

  5. Terug pieng: In die kombuis | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s