Die ligte maaltyd

Die ligte ete van die dag bly maar vir my ‘n kopseer. Kyk, my ma het ‘n groot ete gekook vir middagete en saans was daar altyd ‘n heerlike dis, 6 nm bedien.

Ek is nie so oulik nie.

Ek sal ‘n tunaslaai maak as ek regtig oulik is, deesdae selfs ‘n pakkie wors gaarmaak, maar nie veel meer nie.

Voordat ek Banting gedoen het, sou ek graag iets met eiers maak, maar nou eet ek reeds 2 eiers in die oggend en wil dan nie in die aand ook nog eiers maak nie.

‘n Broodjie is ‘n maklike keuse, maar dis uit as jy Banting doen. Tensy jy dalk Banting brood bak.

Ek sal graag wil hoor wat julle vir ‘n ligte maaltyd maak.

Ek het hierdie plaatkoekies probeer.

Maal  100g rou amandels

Voeg by:
1/4 koppie water
1 eetlepel  xyletol
2 eiers
1/4 teelepel bakpoeier
1/4 teelepel sout

Verhit ‘n pan en smelt botter daarin.
Neem 1/3 maatkoppie en skep slap beslag in pan.
Moenie te veel foeter daarmee nie. Draai om as gaar.

Smeer botter op en vulsels van jou keuse. Kaas, tamatie, komkommer, net wat jy wil.

Dis baie vullend.

image

Groete
Toorts

Ek het die resep op Pinterest gekry. Ek kon nie die oorspronklike resep kry nie, maar loer net bietjie hier! 

Advertisements

10 thoughts on “Die ligte maaltyd

  1. Ek maak gereeld indiese kos en maak dan net die dhal en mugh dunner (soos sop) want dan kan mens dit sonder rys/roti eet. Ek DINK dis banting vriendelik – lensies en moong boontjies? Ook lief vir baked beans! Sardientjies as ‘n afwisseling vir tuna, warm, gemaak met uie, tamatie en fenugreek sade & komyn. Maar ek hou van kook! 🙂

    Like

  2. Mm, verbeel jou nou as jy die botter met margarien vervang, dan is dit vegan ;);)

    Ons het gisteraand slaai geëet – klomp blare, verskillendes, spinasie, jong beet, neutblaarslaai en gewone slaai, met stukkies wortel, tamaties, olywe, kekerertjie en ander spruite, avokado en dan tofu nuggets wat ek gebraai het en in stukkies gesny het. Met olyfolie op. Heerlik, vullend en lig gewees.

    Like

    1. Ja, ek het nog nooit Banting Brood of beskuit gebak nie. Ek het wel een keer Low Carb snytjies brood en ook rolletjies by iemand gekoop. Maar teen 16 rand vir 6 dunne snytjies… raak die broodlus gou op!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s