Opdaag

Die woord, “opdaag”, en saam met dit, betyds opdaag, het vir verskillende mense verskillende betekenisse.

Eerstens moet ek sê, ek het ‘n geneigdheid om op die sekond aangestorm te kom, terwyl ander mense “betyds” sien as ‘n halfuur voor die tyd al opdaag. Toe ek en my man nog uitgegaan het, het ek geweet dat hy altyd 10 minute voor die bestemde tyd opdaag.

Maar oor betyds wees…

Jy gaan vir ‘n werksonderhoud. As jy laat is, is die kans alreeds 95% dat jy nie die werk gaan kry nie, selfs al gaan maak jy die heel beste indruk wat daar te make is.

Of, jy het ‘n fantastiese besigheidsplan in gedagte, maar jy benodig vennote. Jy daag eenvoudig nie op op die bestemde tyd nie. Of, nadat jy alreeds op ‘n vorige vergadering nie opgedaag het nie, jy by die opvolg vergadering amper 2 uur laat is… wat is die KANS dat jou fantastiese besigheidsplan gekoop gaan word?

‘n Klomp werksmense gee hul klokke in, daag ‘n hele week nie op vir werk nie, storm advieskantoor toe toe hul besef hul sit werklik sonder werk. Wat dink mens daarvan as ‘n vergadering gereël word, die verteenwoordiger ‘n uur laat is sonder ‘n verskonende sms of oproep en die werkers wie sy moet verteenwoordig, nie eens opdaag nie?

Jare gelede moes ons Unisa en ‘n klomp ouers behoorlik rondgooi omdat ‘n musiekeksamentyd op een dorp gebots het met ‘n vak-adviseur by ‘n ander dorp. Alles om die vak-adviseur te behaag… wie toe nooit opdaag nie…

Ja, ek besef ons werk en woon in Afrika, waar Afrikatyd geld, maar as jy iets so ernstig wil hê soos ‘n werk of besigheidsgeleentheid of wat ook al, is dit seker maar nodig om te sorg dat jy betyds is. Veral as dit jou toekoms bepaal.

In elk geval is betyds wees en betyds opdaag ‘n teken dat jy respek het vir jouself en ook vir ander mense. Tyd is kosbaar, ons kan nie ‘n ander mens se tyd mors nie. Ons weet ook nie altyd watter opofferinge die ander persoon moes maak om betyds vir jou te sien nie.

Ja, daar gebeur iets langs die pad, laat weet ten minste, ons het almal deesdae selfone, en sorg dat jy by die volgende vergadering heeltemal betyds opdaag.

Groete

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Opdaag

  1. scrapydotwo sê:

    Dit bly maar n euwe die laat opdaag of gladnie en nog sonder verskoning ook

    Like

  2. Kameel sê:

    Ken sal 100% met die saamstem. Hy het ‘n manie oor voor die tyd opdaag. Ek is soos jy… net betyds.
    Daar is min integriteit oor in ons ou wêreld 😦 So ‘n “slap dash” houding.

    Like

  3. perdebytjie sê:

    Goed gestel.Dis totaal disrespekvol om laat op te daag.As jy deftige klere dra en ‘n blink motor ry,geld Afrikatyd nie meer nie.

    Like

  4. karen sê:

    Ons sien soms hier ‘n redelike skeiding tussen Suid-Europa en Noord-Europa. Daar waar die son te veel skyn is die mense ook nie so geneig om betyds te kom nie, en dink dan dit kan hier ook so werk… Stel maar jou horlosie in op die trein, want hy is betyds!

    Like

  5. Ek sê altyd, ek kan omtrent enigiets van iemand steel en dit vervang, maar as ek laat kom,het ek sy tyd gesteel en dít kan ek nie vervang nie.

    Like

  6. DAAR BLY DAREM NOG IETS SOOS BASIESE BEDAGSAAMHEID!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s