Toorts se Toeka Tokkel oor modes

In opdrag van Scrapydo.

As jong tienerdogter wat totaal onder gewig was (176 cm, 68 kg), was ek my ma se droom. Sý het die modeboeke, tydskrifte, wat nog als, bestudeer. Sy het presies geweet wat elke mode-skryfster skryf, wat is nou in die mode, wat is uit. En ek? Ek het nie die minste daarin belang gestel nie. 😦

Sien, my ma kon nie al hierdie mooi goed dra nie, terwyl sy geglo het my lyf is die regte een vir al hierdie dinge. Lank, skraal. Wat meer wil ‘n mens hê?

So het ons dan in Maart/April en September/Oktober ‘n dag Kaap toe gegaan. Wat ‘n nagmerrie! Ons het geloop van winkel tot winkel. By die winkel ingekom, het sy ‘n dame van die winkel nader geroep, en gesê: “Bring vir ons als!” Ek het in die aantrekhokkie gewag en die tannie het die goed aangebring, goed waarvan ek gewoonlik nie gehou het nie. As ek by die derde ding kom waarvan ek nie hou nie, het ek sleg gevoel om aanmekaar nee te sê en dan maar die goed gevat as dit gepas het. My skouers het net laer en laer gehang, moeder het moedeloser en moedeloser geword, want sien, sy het regtig net die beste vir my bedoel.

Sy het later slimmer geword. As sy Kaap toe was, het sy sommer vir my my klere gekoop. Baie makliker! 🙂

En ek? Ek was gelukkig in ‘n eenvoudige rok, of langbroek en T-hemp.

Ai!

En ek is STEEDS lief vir sommer gemaklike klere. Tydlose klere. Seker oninteressante klere.

Modepoppe sal nie by my kom kyk wat die nuutste gier is nie. Ek koop my klere en ek vertrou dat dit wat in die winkels is, darem seker redelik volgens die mode is.

Die belangrikste is: Ek koop klere waarvan ek hou. Klere waarin ek gemaklik voel. Klere waarin ek glo, ek goed lyk.

Ja, ek is seker as ek na die Glam Guru gaan, hy my ongelooflik goed gaan uitrus. Ek weet as ek regtig baie moeite en geld spandeer, ek ongelooflik goed gaan lyk.

Maar dis regtig nie vir my belangrik nie. Solank ek gemaklik is, nie ‘n spektakel van myself maak nie, is ek gelukkig.

Sekerlik oninteressant? Jammer!

Ek kan net nie byhou by die Jones’es nie! Ek gaan eerder oorsee met daardie geld!

Groete

Toorts

Ns. As ‘n mens gemaklik is in jou klere, gemaklik voel in wat jy dra, LYK jy gemaklik en goed.

Ek plaas bloginskrywings wat vir my oulik is, op ons faceboekblad. Kom loer gerus!

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Toorts se Toeka Tokkel oor modes

  1. seegogga sê:

    Daar is niks so uitputtend soos om klere aan te pas wat nie vir jou mooi lyk nie. Ek weet hoe jy moes gevoel het!

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Dankie vir die deelneem, ek waardeer dit baie. Ek voel ook soos jy oor klere. Gemaklik is eerste en dan miskien die kleur wat soort van in is. Ek hou ook nie daarvan om aan te pas en uit te soek nie.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Ons liewe ma’s het meer oor ons gedroom as onsself. Seker oor ons lengte 😉
    As ek jou fotos so bekyk trek jy mooi aan, en as jy nog gemaklik daarin is, is dit ‘n bonus.

    Like

  4. Oulik geskryf! Nou is daar nie ‘ n fotokie of twee wat die storie kan inkleur nie? Het jou ma jou nooit afgeneem met hierdie rokkies nie?

    Like

  5. Ek het ‘n groot gedeelte van my lewe in ‘n kort broek en t-hemp deur gebring. As ek kon, het ek seker nog steeds net kortbroek en t-hemp gedra. Op skool was dit gewoonlik met tekkies by. Deesdae doen ek eerder sandale.

    Liked by 1 person

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel 8: Stoepstories… | scrapydotwo

  7. Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel: Operasie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s